‘7de Laan’ weer vyf dae per week op kassie

Die gewilde sepie 7de Laan sal van Oktober weer vyf dae per week op SABC2 te sien wees.

Dié nuus kom nadat die SABC vroeër vanjaar aangekondig het dat die program sedert April slegs drie keer per week uitgesaai word.

7de Laan sal van 4 Oktober kykers egter weer soos voorheen vyf dae per week vermaak.

SABC2 het nog nie ʼn verklaring oor die besluit uitgereik nie. Kayleen Bessit, publisiteitsbeampte vir 7de Laan, sê hulle is verheug oor die SABC se besluit om die episodes weer te vermeerder.

“Ons weet dat ons aanhangers ook baie dankbaar en opgewonde hieroor is. Ons terugkeer is grotendeels te danke aan hulle. Kykers kan nou ʼn hele week van hul gunstelingprogram geniet sonder die lang gewag tussenin.

“Die volgende maande is propvol dramatiese, naelbyt oomblikke en komiese storielyne,” het Bessit gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

koos10 ·

Ek weet daar is baie wat nie kyk nie, en baie wat ook kyk. Dit is soos die inenting, ‘n persoonlike keuse.

Blikkies ·

Ek het dit so lanklaas gekyk, Hoe gaan dit nog met Bart se Duiwe?

Misky ·

Ha ha ha ha, lekker lag ek nou Blikkies!!!! Ek het jare terug gekyk en kan dit onthou. Dink ek was nog op skool in daai tyd en ek was nou die dag by my 20ste skool reunie

JohanR ·

Blikkies Bart en Duiwe was laas te sien op 7de Laan in 1823!

VaalDonkie ·

Jis, maar 2021 het ‘n klomp aaklige dinge wat gebeur!

Mariana ·

Ag nee wat kyk in elk geval nie na die snert nie. Lees liewer ‘n boek.

piet ·

Ek kyk dit maar dis ‘n klomp twak om die waarheid te se. Ek dink die enigste rede hoekom ek dit kyk, is omdat dit net voor die nuus is wat ek eintlik kyk. Het my glad nie gepla dat hulle dit eers verminder het na 3 dae nie, kan dit maar netsowel afhaal. Ek kyk niks anders op tv nie. Deesdae kyk ek ook net so die eerste 10 minute van die nuus en skakel dan af.

Piet parys ·

Dit is maar soos dit gaan die blankes begin so n reeks en dan word dit verwater deur Bee akteurs en dan dink julle die blankes ktk daarna . Alles in die land word deur Bee akteurs oorgeneem en self oorgeklankte reekse van turkye. Die stem pas nie eers by die persoon . Jy jou en wiet . Pateties

JohanR ·

Piet parys as jy dink 7de Laan sepie is gemors dan moet jy kyk. of gaan verby die sepies op E Tv. Dit is asof hulle in kompetisie is om te sien wie se sepie kan die grootste gemors wees!

koos10 ·

Piet. Jy moet gaan kyk, en sien hoeveel blanke jong akteurs die kans gegee word.

BOKKIEBEK ·

Daar is darm baie beter programme om na te kyk, dis gladnie eers meer ‘n oorspronklike afrikaanse sepie nie. Nee dankie ek kyk dan eerder ‘n heeltemal engelse sepie wat bietjie storielyn het… Dis ‘n gebrek aan sepie materiaal – omdat die SAUK mos ook “swaar trek”

Belinda ·

regtig? en dis nou nuus? dis die eenvoudigste program ooit. ek breek nie my taal af nie maar ek haat afrikaanse programme want dis asof hulle ons (afrikaanse mense) wil uitmaak as hierdie plat commin mense. ekt dit jare laas gekyk want Hilda en oubaas was net té gewees.

Jaco ·

Vreemde storie. Sulke mooi rasse-harmonie. Dis nie so in die regte SA nie. Jy hoor vinnig “sorry I don’t understand Afrikaans” of nog erger “i don’t speak the language of the former oppressor”
En SA het die ergste misdaad in die wêreld, maar die hillside heights woonstelblok het GEEN sekuriteitstoegang nie.

melaney ·

Jaco ek verwag nie dat hulle my taal praat nie. Dit is MY taal.

Frank John ·

Nie geweet mense kyk nog 7de laan nie. Nie eens geweet dit is nog op tv nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.