7de Laners sal eers dán weet

Foto: Facebook

Foto: Facebook

Aanhangers van 7de Laan sal nog ʼn rukkie moet wag voordat die toekoms van dié Afrikaanse sepie bevestig word.

Die SAUK, wat dié program beeldsaai, sloer glo sedert August met die nuwe kontrak met Danie Odendaal-produksies, wat 7de Laan vervaardig en die produksiehuis moes onder meer in dié tyd personeel uit sy eie sak betaal.

Die produksiehuis het vandeesweek gesê hy kon dit nie verder bekostig om die personeel, soos akteurs en skrywers, te betaal en verdere episodes aan die SAUK te verskaf voordat die kontrak gefinaliseer is nie.

Kaizer Kganyago, SAUK-woordvoerder, het Donderdagaand gesê onderhandelinge oor die nuwe kontrak tussen die SAUK en Danie Odendaal-produksies is in die finale stadium.

Rosa-Marie Erasmus, 7de Laan-woordvoerder, het Saterdag aan Maroela Media gesê sy kan bevestig die kontrak is sedertdien ontvang.

“Ons kan bevestig dat die kontrak nou gefinaliseer is, maar Danie het dit nog nie onderteken nie. Ons sal eers teen Maandag weet of alles in orde is en of Maandag se episode uitgesaai gaan word, maar die kanse is goed. Ons sal kykers Maandag laat weet,” het sy gesê.

Sou die ooreenkoms nie onderteken word nie, sal die 7de Laan-span dalk tydelik opnames moet staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Koos1 ·

Begin onderhandel met Multichoice en stuur die SABC in hulle …… in.

Elaine ·

Stuur SAUK na ‘n warm plek toe, laat 7de Laan oorgaan Multichoice toe, 7de Laan is in elk geval reeds afgesaag.

Michaela Emdin ·

Danie Odendaal moet seker gemaak het voor sy aftrede dat 7de laan se mense se kontrakte gefinaliseer en hernu word.
Ek en my vriende en vriendinne in Huis Horison, kan nie dit bekostig om 7de laan te laat misloop en om die sepie te verloor nie dis die rede hoekom.
7de laan is my gunstelling sepie,
En 7de laan se ooreenkoms, moet asseblief so gou as moontlik ondergeteken word..

martien ·

Ja ja asb. Die sepie is n belediging vir my intellegensie vlak. Nee….. ek ky dit hoegenaamd nie!!!!

Deon Barnard ·

Dis tyd! Laat die “Laan” stil heengaan. In elk geval’n swak program met sommige baie swak akteurs.

Asb ·

Spandeer liewer tyd en geld op ordentlike en geloofwaardige geskiedkundige dokumentere reeks oor afrikaanse taal en lewe en feitlike verloop van gesinne tydens die afgelope 5-6 dekades in die Rebubliek van SA.

Hester ·

Stem saam …Afrikaans word deur sulke plat taal en houding,drank glase ens nig meer af gemaak…/as ni di mieite werd ni…Ons knou ons eie taal af deur sulke sepies te ondersteun…Dani doen di regte ding…..

Roux ·

Liewe genade Hester, jy knou self die taal sleg af! Ek dink almal wat so teem het dalk ‘n geruime tyd laas 7de Laan gekyk. Die storielyne het baie verander in die laaste jaar, en ek dink dit trek nou meer mense as ooit. Dit is myns insien elk geval die enigste 30 minute wat die SAUK nog oorhet vir Afrikaanssprekendes…

Alicia ·

Ek stem saam Roux. Ek is ‘n erkende 7de verslaafde – Dit is al wat ek op SABC kyk, o ja en Musiek roulet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.