8 ‘dwelmhandelaars’ vas ná klopjagte in George

Mandrax-tablette  (argieffoto)

Mandrax-tablette
(argieffoto)

Agt vermeende dwelmhandelaars sal na verwagting Maandag in die Thembalethu-landdroshof verskyn nadat hulle oor Kersfees tydens verskillende klopjagte in dié informele nedersetting in George in hegtenis geneem is.

“Die huise is deursoek en die polisie het beslag gelê op kontant, mandrax-tablette, tik, dagga en bokse alkohol,” het Dumile Gwavu, woordvoerder van die polisie, gesê.

Sewe mans, tussen 19 en 41 jaar oud en ʼn 30-jarige vrou is in hegtenis geneem op aanklag van handeldryf met mandrax, tik, dagga en alkohol en die besit van dwelmmiddels.

Gwavu het inwoners gemaan om die polisie in kennis te stel van enige vermeende misdrywe wat in hul buurt plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.