8 jaar ná dogter se moord: ‘Ek wil hom agter tralies sien’

Die vermoorde Chantelle Barnard se grafsteen. (Foto: Facebook)

Dis agt jaar later, maar vir Suzette Barnard voel haar dogter se dood soos gister.

“Ek is ontsettend kwaad, vir almal en vir alles,” sê Barnard.

Haar dogter, Chantelle (destyds 20), is in 2011 wreed op ʼn kleinhoewe buite Benoni aan die Oos-Rand verkrag en vermoor. Jurgen Vandekeere, die verdagte wat tereg staan op dié gru-dade, het kort voor sy verhoor spoorloos verdwyn nadat hy op borgtog vrygelaat is.

“Daar is nie woorde nie. Die gemis…. As ek êrens loop en ek sien kinders van Chantelle se ouderdom, kry ek ʼn knop in my keel. As ek hoor van iemand wat ʼn troue reël vir hul dogter … dis alles weggeruk.”

Chantelle sou in April vanjaar 29 jaar oud geword het. Haar ma besoek haar graf gereeld – vir haar is dit nog ʼn manier om naby haar dogter te wees.

“Ek het nie vrede gemaak met haar dood nie. Hoe kan ʼn ma vrede maak as haar kind só weggevat is van haar? Hoe kan ek vrede maak met dié omstandighede? Dit voel of niemand worry nie en asof Chantelle niks beteken het nie. Iemand wat vir hulle [die polisie] net ʼn asemhalinkie was, is onder die mat gevee.”

Barnard sê dit ís dalk jare later, maar sy het steeds nie die stryd opgegee om Vandekeere, van wie se skuld sy vas oortuig is, op te spoor nie. Die gesin het onlangs die private speurder Mike Bolhuis aangestel om Vandekeere te probeer opspoor, sodat hy verhoor kan word.

“Die ding wat ek die graagste wil sien, is Vandekeere agter tralies,” sê Barnard.

Chantelle Barnard.

“Ons hele gesin is in stukke geruk, ons lewens was [sedertdien] nooit weer dieselfde nie. As ek nie kan slaap in die aand nie, gaan klim ek in haar bed. Ek trek haar kamer oral saam met my. Dit hou my aan die gang, om haar plekkie by my te hê – dit hou haar by my.”

Maroela Media het vroeër berig Vandekeere word daarvan beskuldig dat hy Barnard op 1 April 2011 in sy huis op ʼn hoewe buite Benoni verkrag en vermoor het. Nadat sy verkrag is, is Chantelle keelaf gesny en toe gebad.

Barnard het die aand omstreeks 22:00 op haar naakte liggaam op die slaapkamer se vloer afgekom.

Vandekeere se pa was die opsigter van ’n woonstel op ’n hoewe in Doreenweg, waar Chantelle saam met haar ma, broer en mansvriend gewoon het.

Vandekeere is op die toneel in hegtenis geneem en is later borgtog geweier in die Benoni-streekhof. Hy was ongeveer twee maande in aanhouding toe hy die hooggeregshof gevra het om borgtog, wat toegestaan is. Hy moes op 9 September 2013 weer in die hof verskyn, maar het nooit opgedaag nie en is sedertdien soek.

“Die oggend toe ek by die hof kom en die staatsaanklaer sê vir my hy is weg, het ek nie woorde gehad nie. Ek het net vir haar gekyk en gevra: ‘Wat gaan nou van my kind word’?” sê Barnard.

Jurgen Vandekeere

Barnard glo Vandekeere is steeds in die omgewing waar die moord destyds gepleeg is en het nie die land verlaat nie. Sy hoop ook iemand herken hom tóg op ʼn dag – hier óf dan in die buiteland – en dat dit weer tot sy inhegtenisneming sal lei.

Barnard sê volgens haar inligting word Vandekeere nêrens op die polisie se databasis as ʼn sogenaamde gesoekte persoon aangedui nie. Maroela Media het navraag hieroor aan die polisie gerig en wag op terugvoer.

“Ek gesels nog met haar, sy is nog altyd daar vir my. Ek sal haar nóóit vergeet nie. Hoe kan jy? Hoe kan jy iemand vergeet wat so mooi van binne en buite was?

“My kind het my net vreugde verskaf. Dis alles weggeruk.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Maryna ·

Ivm d moord van Chantelle. Plaas weer ‘n foto vd beskuldigde Veedekeere. Laat ons help om hom agter tralies te kry

Arie ·

Dit moet hel wees, ons land is chaos en wat ek nie verstaan nie is hoe laat mens ‘n moordenaar uit op parool?? Dis mos logies dat hy gaan vlug!!

Joshua ·

Wys en versprei n foto van hierdie moordenaar, aanhoudend.

So hartseer ·

Het gaan google, copy en paste op google:[https://twitter.com/Wolfbfn/media]. Daar is n foto van hom.

Woedend ·

Arie die sogenaamde regstelsel van ons het slapgat geword, en het ons as mense in die land gruwelik gevaal. Ek skaam my eintlik.

marous ·

Mag die regter behoed word om deur dieselfde hel te gaan ….ten minse tot voor die einde van die jaar .

KrokodilBotha ·

En dan is daar nog wat dink die Polisie is op die bol. Enige regshulp ? Hello Mnr. vals hoed cele, , klink my hiers fout!

Leon ·

8 Jaar.Dit is genoeg om jou voorkoms te vernder en jou naam te verander. Veral as jy nie op die Polisie se data basis as vermis aangemeld is nie.
Hy lyk sommer soos moeilikheid. Dit hang af van hoeveel breins hy het en hoeveel konneksies hy het. Jy kan maklik in Suid Afrika verdwyn met die regte konneksies.
As ek in sy skoene was sou ek lankal my gesiggie veander het en seker gemaak het ek het ‘n ander naam en buiteland toe gevlug het. Ek is seker hy en sy pa kommunikeer nog gereeld. Die ou man en familie sal hom nie maklik uitlewer nie.
Suzette, ek voel vir jou. Die hooheregshof en die regstelsel het jou verraai.

Diefie ·

Ek glo hy sal gevind word. Wat hy gesaai het sal hy beslis maai.

???? leser ·

groot foto op skakel, copy and paste en stuur aan vriende, familie in buiteland

ZET ·

Mike Bolhuis gaan met hierdie saak OOK niks uitrig. Sal seker net agterna se die ou
is op verkeerde plek.

Lizelda ·

HOE VERDWYN N MAN VIR SO LANK SOMMER NET SO? BANK REKENINGE, WORD HY NOOIT SIEK NIE, ERKEN NIEMAND OP STRAAT HOM NIE?

Jessica ·

LIZELDA, I SAY HIS DAD SHOULD KNOW WHERE HIS SON IS, CATCH HIM AND MAKE HIM TALK.

jessica ·

I still say go to his dad’s place make him call his son, and tell him to make arrangement to meet him somewhere, he is around can’t be to far, get the hawks involved to find him.

Jessica ·

Please go to the local paper, Beeld, Sun Day Times, Raport, place your story in there on the front page you place his name and PICTURE, PLEASE, PLEASE, SO everyone can see him, someone out there must know where he is. Please do this.

Jessica ·

I AGREE 100%, GO TO THE PRINTER’S MAKE FLYERS, GIVE IT OUT AT EACH AND EVERY SPOT, PLACE IT EVERYWHERE YOU CAN SEE THIS BASTARD. GET A HUGE GROUP OF PEOLPE WITH HIS POSTER OF HIS FACE, WALK THE STREET’S.

Wilma ·

Dis die hopelose regstelsels in SA wat hierdie dinge veroorsaak. Hoekom kry verkragters en moordenaars bail

Blommie ·

Ek kan nie naastenby glo dat die polise enige iets gedoen het om hierdie man te probeer opspoor nie. Dis jammer ek het die vorige berig gemis op Maroela 2013.
Maar hoe hoor mense nerens van so persoon wat gesoek word nie. Hoe werk dit?
Laasmaand was daar n moordenaar wat ontsnap het en hy was orals op koerante.
Ek verstaan nie dat moordenaars nie die nodige aandag kry nie. Tenminste elke twee maande n berig of iets.
Kan nie dink dat so iets so min aandag geniet nie.

ES ·

Hy lyk vir my soos ‘n buitengewoon groot / lang man met baie kenmerkende gelaatstrekke en liggaamsbou. Iemand weet waar hy is of beskerm hom. Waarksynlik iemand wat glo hy is nie skuldig nie. Ek glo nie hy is nog in dieselfde omewing nie. Ek dink daar is destyds berig dat hy in die Benoni omgewing was of gebly het? Sekerlik sou iemand hom herken het.

MAYA ·

My vriendin was saam hom op laerskool – en ons het nog nie vergeet van hom en hierdie vreeslike moord nie. Ons bly in die omgewing. Ons is altyd op die uitkyk, maar daar is jare terug ‘n verslaggewer wat hom in ‘n Mosambiekse lughawe gesien het. Hy het ‘n blykbaar ‘n Belgiese paspoort en dis hoe hy gevlug het.

Doris Gouws ·

Suzzete ek wil vir jou sê ek is n moeder wat n pragtige seun nege jaar terug verloor het ek kan tot vandag nie afsluiting kry nie as n mens al die dokumente het en jy sien wat se ongerymphede in die hof plaasgevind het kan n mens nie glo van al die leuens wat met so n saak gepaard gaan nie Ek wil vir jou sê ons as ouers moenie net handdoek ingooi en aanvaar wat gebeur het. Dit is altyd maklik om te sê ons is jammer oor julle verlies Sterkte vir jou.

Ralph ·

Vandekeere n baie seldsame van. Sien daar is nog heelwat persone op Benoni met dieselfde van. Dalk famile.

Mabel ·

Ek gaan hom op fb sit en aanstuur vir al my mense om aan te stuur. Die gemors moet hang soos die res van SA se gemors

Willem Grobler ·

Jaaaaaa die wonderlike grondwet! In wie se guns het die grondwet in hierdie geval gewerk?

Heidi ·

Hy sal nooit wegkom met die misdaad nie. Vertroosting vir my is rekenskap sal gegee moet word. God is ons Regter. Die vertroosting is ons geliefdes is by ons Hemelse Vader.

Michelle ·

My gebede gaan uit na hierdie moeder vir haar dogter moenie ophou nie laat die polisie hul werk doen al moet jy ook op hoogste vlakke gaan. Geregtigheid moet geskied en die man moet gekry word. Hou aan hul moet hom soek.

Wonder soms ·

Hierdie jong meisie was ‘n student toe dit gebeur het. Dit was erg traumaties destyds, ek onthou nog goed. Sy was regtig pragtig binne en buite. My hart gaan uit vir haar ma, familie en vriende wat nie afsluiting en geregtigheid kry nie. Ek is bly hulle gee nie op nie. My gebed is dat hy vasgetrek word, maar meer so dat haar geliefdes vrede vind

Sê net ·

Hy mag miskien nie plaaslik gelys wees op die SAPS se registers nie maar hy is op Interpol se 50 mees gesoekte misdadigerslys. Hulle vermoed hy is in België

Jan Phillipson ·

Hi Suzette
Woorde gaan jou nie troos nie. Al word die vark gevang en vir altyd opgesluit sal die wonde en seer altyd bly. Ek wens jou sterkte en gemoeddrus toe. Ons voel jou eina en glo die eina sal ligter word. Sterkte. ????

Chrissie ·

Kyk op FB na Jurgen Van de Keere in Belgium ( die “moesie” bokant linker oog, die neus en mond lyk vir my maar baie so na aan die Jurgen Vandekeere waarna gesoek word. Ek lees juis in n vorige kommentaar van iemand wat se hy het n Belgiese paspoort gehad die tyd toe hy verdwyn het.

ES ·

Chrissie, ek het na die Jurgen gaan kyk op FB – dit is definitief nie hy nie. Hierdie persoon is baie maer en het ligte hare (van natuur).

Anita ·

Hy mag op Interpol se lys wees, maar aangesien sy van Nederlands of Vlaams en hy die land verlaat het sal ek ‘n volle storie in die Belgiese daagliks koerant /die Nederlandse daaglikse koerant/ en hy kan self in Suriname wees wat ook aan Nederland behoort, dus plaas die volle verhaal en fotos i n hierdie koerante (miskien ook Engeland) en ek is seker iemand gaan hom sien, sterkte word die gesin toegewens.

pieter ·

Vandekeere lyk soos n opgeblqaste steroid junkie met min brains

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.