8-jarige dood ná bus hom tref

Argieffoto: Kent Williamson

’n 8-jarige seun is die afgelope naweek op slag dood toe ’n bus hom getref het.

Sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het in Masilo in Theunissen plaasgevind. “Hy het glo oor die pad gehardloop om te voorkom dat ’n Citi Golf in die aankomende verkeersbaan hom tref,” het Mokhuoane gesê.

Die seun is volgens Mokhuoane op slag dood en ’n saak van strafbare manslag is aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.

Mokhuoane het ouers gemaan om saam met kinders die pad oor te steek en altyd voetgangersoorgange te gebruik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

net ek ·

Dit is so tragies. Ek dink ons as motorist moet ook begin stadiger ry. Rather be late than sorry…. Alle sterkte aan die ouers.

Hanna ·

Net ek, ek stem nie saam met jou nie. Het jy al gesien hoe word daar oor die pad gehardloop. jy kan stadig ry as jy sien is hy voor jou hardloop net oor. Hoe mies die bus in n paar sekondes stop. Baie hartseer vir die kind se familie

Ouma ·

So iets is baie hartseer. Vir die ouers , maar ook vir die bestuurder is dit baie traumaties. Kinders moet op skool die padreëls leer. Die probleem is egter dat meeste mense padreëls nie meer gehoorsaam nie. al ken hulle dit.

Jakoba ·

Kinders tot en met 12 jaar kan nie die aftand bepaal van aankomende voertuie nie, daarom hardloop hulle net oor die pad want die motor lyk nog ver vir hulle, selfs somminge grootmense kan nie bepaal hoe ver ‘n voertuig van hulle af is nie. Daarom is daar so baie kinders wat raakgery word, maar ek stem saam, ouers moet hulle basse uit die motor lig en hulle kinders gaan haal en saam oor die straat loop met hulle.

Willie ·

In die ou dae kon jy net by cruising oor die pad loop… anders was jy beboet… Dit werk in Australia so…. maar nee ons kultireule vriende hou mos nie van reels, of enige vorm van beheer…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.