8-jarige se brief aan Ramaphosa

Agtjarige Daisy Ngedle se brief aan President Cyril Ramaphosa (Foto: ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het lof op sosiale media gekry nadat hy sy korrespondensie met ʼn meisie van Oos-Londen op Twitter geplaas het.

Die meisie het in die veelkleurige handgeskrewe brief wat sy as “Daisy from East London” onderteken het, aan Ramaphosa gesê dat hy “almal in hierdie land” inspireer en dat sy eendag, nes hy, president wil wees.

Sy het hom ook as ’n sterk en onafhanklike president beskryf terwyl sy hom terselfdertyd uitgedaag het om die wêreld ’n beter plek te maak.

“Kan meisies ook presidente wees? Hoe moeilik is dit om in die wêreld te heers?” het sy gevra.

Ramaphosa het geantwoord dat dit uitdagend is om president te wees en dat hy soms moeilike besluite moet neem, maar het vinnig daarop gewys dat meisies ook in staat is om die werk te kan doen.

“Meisies kan in vandag se tyd enigiets wees wat hulle wil,” het hy gesê. “Hulle kan onderwysers, wetenskaplikes of ruimtevaarders wees. Om jou vraag te beantwoord, ja, hulle kan ook presidente wees.”

Ramaphosa het ook gesê hy gaan eersdaags besoek in Oos-Londen aflê en dat hy Daisy graag sal wil ontmoet wanneer hy daar is.

Herald Live het die meisie intussen geïdentifiseer as die agtjarige Daisy Ngedle. Sy is ʼn gr. 3-leerder aan die Clarendon Primary School for Girls.

Die reaksie op sosiale media oor dié korrespondensie was grootliks positief.

Twitter-gebruiker Carmel Gaillard het geskryf: “Ek sien uit daarna om eendag vir jou te stem, Daisy! #GirlsCanBePresidentsToo.”

Denise Wilson, nog ’n Twitter-gebruiker, het dié briefuitruiling as “kosbaar” beskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

PaulV ·

Ek wil nou regtig nie lelik wees nie, maar ek dink hierdie hele ding is beplan.

Dries du Toit ·

Ja arme onskuldige kind. Sy is net so goedgelowig soos miljoene grootmense

Arak ·

Wonderlik, net jammer dat ek van mening is dat dit g’n kind is wat die geskryf het nie en dat hierdie niks anders as ‘n propaganda oefening is nie. Hoe lank gaan ons nog so liggelowig wees om sulke twak op te vreet?

Helene Heyns ·

As hierdie n agtjarige graad 3 leerder is wat hierdie brief geskryf het, sal sy seker binnekort op universiteit wees.

Werner ·

Ek dink dis ‘n taak wat die kinders by die skool moes inhandig waar die onderwyser en die ouer dalk bystand verleen het. Die beste briefie het gewen en dit is aan Cyril gestuur.

Jaap ·

Shame en sy weet nie beter nie.
Want al wat hul doen is eintlik breek die land af.
Geen ekonomiese groei,geen niks nie.
Om van te huil.

Pieter ·

Cyril het my ook oor gewen, ek gaan nou vir die ANC stem. (Was hierdie dalk public relations van Cyril?)

Jane Palotasi ·

Ai, dan gaan die kind se verwagtinge so teleurgestel word…..

Snowball ·

Ek wonder of hulle my briefie aan Ramaphosa sal publiseer? Ek het ook ‘n paar vrae..?

Adri ·

Hoekom antwoord hy nie die vraag: “If you can make the world a better place, why don’t you?” nie. Sou ook graag wou weet.

wraggies ·

Hoekom antwoord hy nie in die Parlement oor sy seun en Bosasa nie.

Johannes ·

Net nog ‘n kind wat geleer word kommuniste en terroriste is helde… wat ‘n grap.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.