8-jarige skiet oupa in kop

Foto: Verskaf.

ʼn 46-jarige man is Dinsdagoggend tydens ʼn fratsongeluk deur sy 8-jarige kleindogter in sy kop geskiet.

Brig. Mashole Manamela, Randfontein se stasiebevelvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig. Volgens hom het die voorval in Helikonpark in Randfontein plaasgevind.

Manamela het gesê die slagoffer het in sy bed geslaap met sy vuurwapen onder sy kussing. “ʼn 8-jarige kind het hom toe na bewering in die kop geskiet,” het Manamela gesê.

Manamela kon nie bevestig hoe die kind die vuurwapen in die hande gekry het of presies hoe die skietvoorval gebeur het nie, en het gesê dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is 07:10 na die toneel ontbied. “Toe paramedici by die toneel opdaag, is hulle na die slaapkamer van die huis gelei. Die man is in sy bed aangetref met ʼn skietwond aan sy kop,” het Meiring gesê.

Die man is volgens Meiring op die toneel gestabiliseer en daarna per mediese helikopter na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal gehaas vir verdere mediese behandeling.

Manamela het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

“Ek wil ʼn beroep op die gemeenskap doen om uiters versigtig te wees wanneer hulle vuurwapens in die huis hanteer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

thinus ·

O vrek die SAPD darem: begin die saak as GO en dan bepaal jul of dit ongeluk of moord was, die kind van 8 jaar het sekerlik net ‘n ongeluk uit onkunde gemaak.
Dit is soos om ‘n loopneus dadelik vir longontsteking te behandel!

emsa ·

Thinus ek stem. En in vandag se tyd kan ons ook nie sonder n wapen nie want as die booswigte ons oorval dan het ons niks by ons vir beskermimg.

Slimkop ·

Natuurlik moet die polisie ondersoek. Hul kan nie net eenvoudig die getuies se weergawe as die waarheid anvaar nie. Hul moet byvoorbeeld seker maak dat iemand anders nie aspris die oupa geskiet het en nou voorgee dat sy klein dogter dit perongeluk gedoen het nie. Die polisie doen hul werk, hou op om daaroor te kla.

Sarel Strydom ·

Dit is omdatmens nie meer veilig in jou eie huis is nie dat jy met vuurwape onder jou kopkusing moet slaap. Nou is Oupa geskiet en kind is geskend vir die res van haar lewe. Maar volgens sekere mense is hier mos nie misdaad in die and nie.

Haibo ·

Dit is nou tipies SAPD, boere word op plase geskiet dan word daar ‘n POGING TOT ROOF of HUISROOF saak oopgemaak, ‘n kleinkind skiet (heel perongeluk dalk) sy oupa en daar word ‘n saak van POGING TOT MOORD oopgemaak .. dit hang in SA darem ook net af wie jy is om te bepaal watter KLAGTE teen jou aanhangig gemaak word . Plaasmoorde is HUISROOF< 'n kleinkind wat per ongeluk sy oupa skiet is POGING TOT MOORD .. jissou ons bly in 'n wonderlike land!

Anoniem ·

Daar is ‘n verskuilde politieke agenda om plaasmoorde as huisroof aan te dui. So word die statistieke en erns van plaasmoorde weggesteek vir onder andere die buiteland ens.

Christa ·

Ek wonder nogal wat sal die mannetjie se vonnis wees?????????? Agt jaar oud???????

Nettie ·

@Haibo …. Ai tog, lees tog reg ………………………… Dis ‘n kleinDOGTER wat HAAR oupa na bewering per ongeluk geskiet het.

Joey ·

Prosedure moet ten alle tye gevolg word. Dit is hoe dit werk….ongeag wat gebeur… Daar moet ñ saak geopen word. Dit is tog nie regtig vreemd nie – dink bietjie aan vorige sake waar kinders deur ouers as inbrekers aangesien is en toe geskiet is.

Oom Kalahari ·

Ai dit is ‘n tragiese gebeurtenis, maar verstaan nou nie oor die saak van poging tot moord nie. Hierdie is ‘n agt jarige kind, maar volwassenes wat ander met pype doidslaan en messe doodsteek is net huisroof. Terwyl Oupa geslaap het, het die kind dalk die wapen opgemerk en soos ‘n nuuskierige kind dit wou besigtig en per ongeluk afgegaan (asb net eie teorie) en was sekerlik nie haar bedoeling nie. Die vrese wat daai kind nou vir altyd moet saamleef en die trauma en hartseer op haar Oupa gaan haar bybly. Sterkte aan die Oupa tot herstel.

Alida ·

Op 8 jarige ouderdom behoort die kind te weet jy raak nie aan ‘n pistool nie. As hy natuurlik reg geleer was vooraf.

Wanda ·

Toe ons land nog normaal was en jy nooit nodig gehad het om 24/7 met n vuurwapen te loop, slaap en ry nie sou jy nooit van sulke nuus gehoor het nie. Die baam word voor ons leiers gele.

Neo ·

Sal nie sê fratsongeluk as die geweer so maklik toeganklik was nie.

Nettie ·

Ai, Neo, is daar nie vir jou ‘n verskil tussen ‘n geweer en ‘n pistool nie? Net soos daar nie vir Haibo, Alida en Christa ‘n verskil is tussen ‘n seun en ‘n dogter nie ……

wonder net ·

Saak van Poging tot moord?? Regtig? Die kind het nie doelbewus na oupa toe gegaan met die idee om hom te skiet nie. Niemand weet wat die omstandighede was wat daartoe gelei het dat hy veiliger gevoel het met ‘n geweer onder die kussing nie en ja, dalk moes hy eerder sy kamerdeur gesluit het. Maar ons was nie daar om te oordeel nie. Dit was ‘n fratsongeluk en ek glo die kindjie is baie lief vir haar oupa. Hoop hulle kry trauma berading….dit moes ‘n harde klank gewees het vir die kleintjie….een wat haar lank gaan bybly. Sterkte aan die familie!

Ekke ·

Nee hoor, Poging to Moord geopen teen ‘n 8 jarige meisiekind…wonder hoe lank sal sy sit as sy skuldig gevind word….

Vonnie ·

Hey julle al daaraan gedink dat die kind voor gesê is. Dit is standard proses.

Netso ·

My 3 kinders was 2 seuns van hulle 5 toe hulle die eerste bok en 8 geskiet het! As hy met ñ vuurwapen onder sy kussing slaap moet hy nugter wees

Johan ·

Dit is normale prosedure om n dosier oop te maak..die kind sal nie vervolg word nie.

Christa ·

Ek wonder nogal wat sal die arme kind se vonnis wees?????????? Agt jaar oud??????? Dis so tipies ons land, jy moet groot wees om n moord te kan pleeg en daarmee weg te kom, laat my nogal wonder!!!!

Medemens ·

Mense .. as medemens en familielid tot die gesin.. wie is ons om te oordeel as mens. Oupa is ernstig beseer ja . Trauma is daar ja sy het dit as n speelding gesien. Kom ons dra eerder die gesin op aan Jesus dat elke persoon wat teenwoordig was indie huis berading sal ontvang nie een van ons weet hoekom sy vuurwapen onder sy kussing was nie . Mag die Here se genade oor die gesin wees en mag elkeen tot volle herstel in Sy glorie. Die wete dat oupa nog leef is n wonderwerk uit God se hand . Laat die veroordelings en oordeel aan die Here oor.

Polisieman se dogter ·

My pa was ‘n polisieman, ek en my sussie het van klein tyd af geweet dat my pa met sy pistool onder sy kopkussing slaap. Ons was goed gewaarsku dat ons nie met my pa se pistool mag speel nie, ons het nooit gedurf om aan my pa se pistool te raak nie. My ouers het ‘n baie goeie werk gedoen om ons van jongs af te leer van reg en verkeerd. Hierdie dogtertjie was sekerlik net nuuskurig, maar het nou ‘n baie duur les geleer, as haar Oupa haar dalk net gewaarsku het van die gevare, sou sy dalk twee keer dink. Ek dink aan die arme oupa en dogtertjie, dit is ‘n baie moeilike situasie, ek hoop Oupa herstel vinning sodat sy nie met daardie las hoef te loop nie.

johan ·

Koos…wat gaan dit help om oupa met nalatige hantering van vuurwapen aan te kla? moet hy met sy wapen in die kluis slaap? waar dit niks beteken? dink voor jy praat man.

Linda van Mosselbaai ·

Sterkte aan almal betrokke. Ons hoop die dogterjie kry berading asook die familie.

Groot les vir almal
1. Leer jou kinders oor wapens
2. Wees BAIE meer vesigtig oor waar die wapen “gebêre” word.

AJ ·

Ek wonder hoekom kla almal altyd in die kommentaar? Doen die SAPD iets is daar ‘n spul mense wat die klagtes en optredes bevraagteken. Kla oor die regering en wette. Het hul al gedink wie lees die kommentaar? Beslis nie die wetgewer en politikus te nie. Nee, Jul maak net ander Maroela Media lesers en die geregsdienaars wat hier lees negatief.

Hoekom ·

Lyk my jy is ook nou negatief. Hoekom is hier kommentaar kolomme as mense net JOU opinie moet deel?

Familie van Oupa wat veg om sy lewe! ·

Net n paar feite vir al die mense wat nie die oupa (Hy is maar net 46) geken het nie. Hy was in die weerwag, het ons almal leer skiet, asook die stiefkinders en hul kinders. Hy was nooit nalatig nie. Hy het n drie jarige dogtertjie en selfs sy weet om nie aan die pistool te vat nie. Net die Liewe Vader weet wat die oggend van die 3de April gebeur het. Daarom vra ek dat dit julle eerder albei families die ruimte moet gee om deur hierdie gebeurtenis te werk, dis nie maklik vir enige een van ons nie. Sy eie kind het dit gesien gebeur en albei van hulle kry berading. Dis ‘n geweldige skok vir ons almal!!

Medemens ·

Ons dien n Osim Here en mag Sy hand oor die familie wees en mag daar volkome genesing wees Dankie Jesus want U was daar en is nog steeds naby aan die gesin laat ons almal saam bid as om te oordeel is ni ons plek om te oordeel ni

Tok-tokkie ·

Mense praat altyd van gewere. N geweer het n baie lang loop en n kind van 8 sal dit nie kan hanteer nie. Net so min soos wat sy met n PISTOOL sal kan skiet. Ek glo dit was n rewolwer waarmee sy wou speel en haar oupa geskiet het soos wat sy op TV gesien het mense doen……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.