8-jarige sterf ná aanranding by skool 

Argieffoto

ʼn Agtjarige seun het in die hospitaal gesterf sowat ʼn week nadat hy na bewering by ʼn laerskool in Koster, Noordwes, deur ʼn 17-jarige seun aangerand is.

Kapt. Sam Tselanyane, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het op 10 Mei tydens die eerste pouse by Kgalagatsane Primary School in Reagile gebeur. Daar word beweer dat die tiener glo die agtjarige seun geslaan, by trappe afgestamp en hom daarna gegryp en verder aangerand het.

Die laerskoolkind het nie die voorval by sy ouers of die skoolhoof aangemeld nie en het ook nie sy ma vertel wat gebeur het nie. Hy het die naweek by die huis mank geloop, maar sy ma het gedink iets anders is fout.

Op 13 Mei het die seun uiteindelik sy ma vertel wat gebeur het. Sy is skool toe om die aanranding aan te meld en die polisie is ontbied. ʼn Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak.

“Die agtjarige is hospitaal toe geneem waar daar bevestig is sy been is gebreek. Hy is in die hospitaal opgeneem,” sê Tselanyane. “Donderdag omstreeks 19:00 het die seun in die hospitaal gesterf. Die verdagte is in hegtenis geneem en aangekla van aanranding, waarna die saak later na moord verander is.”

Die tiener is in sy ouers se sorg vrygelaat terwyl die voorlopige ondersoek gedoen word. Hy sal na verwagting vandag deur maatskaplike werkers assesseer word.

Tselanyane sê afhangend van die maatskaplike werkers se assessering sal die seun of in ʼn jeugsentrum aangehou word of toegelaat word om in sy ouers se sorg te bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Tanya ·

Waarom moet n kind feur boelies geslaan word. Leer jou kind om ander in ag te neem. God het ons akmal geskape. Ek het nie woorde vir ouers wat deur pyn gaan nie mag God met julle wees.

Santjie ·

Verstaan ek nou reg? 17 en nog in laerskool? Indien nie, wat het hy in elk geval dan by die laeerskool gesoek?

Helien ·

Santjie ek sit en wonder oor dieselfde ding. Wat soek so n groot kind amper in jong man nog in die laeerskool hy behoort nou in matriek te wees.

Ria ·

Dit is dalk n skool soos baie in die platteland wat gr.R tot gr.12 leerders moet akkomodeer.

Charmaine ·

Ek het ook eers gedink dis ‘n laer- en hoërskool maar die naam is van die skool stel voor dis ‘n laerskool. Verstaan nie dat die 17jarige kind in die sorg van sy ouers geplaas is al is hy aangekla vir moord.

schaun ·

Die afrikaanse skole het darem nog dissipline en ek glo nie dit gaan daar gebeur nie ,maar dit is tragies net soos die sinnelose aanranding op Arnold net oor hulle kan.

MT ·

Schaun, weet jy en so ook Engelse skole. Jy kan nie veralgemeen nie!! My kinders is in engelse skole en glo my daar is disipline en ek glo weer dat engelse kinders beter opgevoed word in engelse skole as afrikaanse skole!!! Passop voor jy veralgemeen!

Gustav ·

En daar veralgemeen ou MT deur te sê Engelse kinders kry n beter opvoeding in Engelse skole as Afrikaanse kinders.

Wonder soms ·

Jammer vir die ontnugtering, maar Boelies is oral. Ek weet van ñ onderwyseres wat vir my kind in graad 4 gesê het, sy sal niks op Laerskool wees nie, sy sal eers in Hoërskool, begin uitstaan. So was haar kind ook bekend as ñ boelie, maar dit was oorgesien omdat hy goed in sport was. En sport tel in meeste Afrikaanse skole. Maar soos ek sê, boelies is oral.

Pieter du plessis ·

Die regering moet n nuwe rigting inslaan pleks van werkskepping in n slegte ekonomie, geboortebeperking infaseer die meerderheid kinders is ledig omrede daar net te veel mense is om almal positief besig te hou.

Lalla ·

Wonder ek ook Santjie… wat soek ‘n 17jarige tussen laerskool kinders van 8jr oud? En waar was die skool se onderwysers / prefekte / enige iemand wat dit kon sien, stop sit en rapporteer? Watter ma se kind loop met ‘n gebreekte been, en sy dink nie daar is fout nie. ‘n Gebreekte been is mos MAL seer??

AndreD ·

Ek het matriek geskryf toe ek 17 was. Wat doen hy in die laerskool op 17???????

Nettie ·

Mense, miskien is hierdie ‘n saamgestelde laer- en hoërskool. Dit beteken nie dat die 17-jarige leerder nog steeds in die laerskool is, net omdat hy die 8-jarige laerskoolleerder aangerand het nie.

Desnieteenstaande, was hierdie 17-jarige leerder mýne, het ek sy agterent vuurwarm gelooi (te dinges met “geen lyfstraf”-wetgewing) en daarna GEWEIER om hom in my huis terug te neem, sodat die staat daartoe gedwing sou wees om hom in ‘n jeugsentrum te plaas – waar hy self dalk so ‘n bietjie “reg -getimmer” sou word.

En daardie ma/ouers van die 8-jarige kort ook ‘n klap-om-die-smoel – hoe loop jou kind met ‘n GEBREEKTE BEEN en jy kom niks agter of doen niks daaromtrent nie, huh?

Agge Nee ·

Die berig sê hy was in Graad 7. Ek was ook in matriek op 17. Wonder wat het van die onderwysdepartement se ‘pass one, pass all’ beleid geword.

fred ·

om moedeloos van te word….hy behoor in matriek te wees maar is nou die boelie in n laër skool….die toekoms leek maar bleek ….

Suzette ·

17jaar is byna volwasse. Hoe kan hy wegkom met moord, want dit is wat hier gaan gebeur. In sy ouers se sorg laat, wat help dit? Ons land is omtrent deurmekaar.

Nols ·

Almal vra die ooglopende vraag wat soek n 17 jarige in die laerskool. My vraag is hoe word jy die Maandag in die hospitaal opgeneem met n gebreekte been en sterf die Donderdag?

willem botha ·

Jy is gelukkig om lewend uit te kom party staatshospitale is jy gelukkig om nie tydens n besoek n long infeksie of n tipe pes op te tel nie.Mense gaan in vir n snywond en gaan dood aan longontsteking.

Lizelle ·

Nols. Daar kan baie dinge skeefloop met ‘n fraktuur as dit nie behandel word nie…. Daar kan ‘n embolus ontwikkel. Hy kan kompartement sindroom optel in sy been… Dit kon dalk bloedtoevoer afgesny het. Hulle noem dit nie maar hy kon dalk ‘n kopbesering opgedoen het toe hy by die trappe afgeval het…

Anoniem ·

Ek stem saam met jou, Lizelle. Die kind kon ook inwendige beserings gehad het wat tot sy dood gelei het.

Docpietza ·

Ek was in n skool waar laer – en hoërskool op selfde terrein was.!!!

Nols ·

Almal vra die ooglopende vraag wat soek n 17jarige in die laerskool. My vraag is hoe word jy die Maandag in die hospitaal opgeneem met n gebreekte been en sterf die Donderdag?

Martie ·

Ag liewe hemel…..sterkte aan die kleintjie se ouers. Ek dink daar moet swaarder gestraf word as jy boelie. Wanneer gaan dit tog stop

Dries du Toit ·

Die 17 jarige is dalk die onderwyser. Als is moontlik

Karen ·

Maroela Media kan julle asseblief meer duidelikheid verskaf oor hierdie berig? Was die 17 jarige in die skool of by die skool toe die kind aangerand is.

JAN ·

Die oorledene wou ook seker weet wat die ou nog op skool soek…..

marous ·

Nou gaan daar ‘n slim prokureur wees wat aanvoer dat die oorsaak van die dood te wyte is aan ontoereikende behandeling by die hospitaal .

honourable member ·

Die arme kind. Niemand verdien om so verniel te word nie. Daar was verseker erger beserings as net die gebreekte been. Wat soek 17 jariges tussen 8 jariges. Al is die hoerskool en laerskool op dieselfde perseel of wat ook al moet hulle mos voldoende toesig hou. Hoeveel aggressie is op die arme kind uitgehaal. Dis absoluut skokkend wat in party skole aangaan.

ES ·

Toe ek op laerskool was het ons ‘n mede-skolier (‘n probleem kind) saam met ons in die skool gehad wat 16 was en in Gr 6. Hy was uiteindelik geskors omdat hy so ‘n groot moeilikheidmaker was.

Andre ·

Wanneer gaan die owerhede en ouers agterkom dat die meeste kinders nie belangstel om onderrig te ontvang nie ?
Daar is baie leerders ouer as 14 nog op laerskool wat maar net elke jaar oorgeplaas word na die volgende graad.

Zettie ·

Ek lei af dat die 17jarige die laerskool se gronde betree het om die kind aan te rand of die 8jarige het die hoërskool se gronde betree. Daar is skoletereine waar die laer- en die hoërskool op dieselfde grond is. Die aanranding moes in die eerste plek nie gebeur het nie. R I P kleintjie. Jy is beter af waar jy nou is.

Wielspore ·

‘n 17 jarige kind se gedrag is nie die skool of die onderwyser se verantwoordelikheid, dit is die ouers se verantwoordelikheid. Skole kan voorsorgmaatreels tref tot ‘n punt, dan bly die optrede nog steeds die leerling se verantwoordelikheid.
Toe ek 17 oud was, het ek aangemeld vir 2 jaar diensplig, dankie vir daardie geleentheid.

humor ·

Ons lewer kommentaar soos mense met westerse morele waardes. Dit sal nie verander nie, dit is Afrika hierdie. Lees die artikel deur PRINCE MASHELA FROM THESOWETAN TIMES.

Sharon ·

Vir die wat vra of die 17 jarige nog in laerskool was, daar is baie skole wat van graad 1 tot met graad 12 gaan, dink dis meer engelse skole, my kind is in n skool van graad 4 tot graad 12 op die oomblik, maar baie gedisiplineerd asook kameras regdeur die skool, deesdae moet skole kameras op he vir daai uitsonderlinge wat liefs nie daar moet wees nie.

Penellope Jones ·

Saak van aanranding na aanklag van moord verander maar in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Hoe is dit ook dat ‘n 17-jarige saam met ‘n 8-jarige in a laerskool skoolgaan?

Wonder Ook ·

Dit maak vir my ook nie sin nie. As jy aangekla word van moord, word jy inhegtenis geneem en agter tralies aangehou. Nie in jou ouers se sorg gelaat nie. Moord bly moord. of jy nou 17 of 37 jaar oud is. As jy kan moord pleeg, moet jy die punch vat wat met dit saam gaan.

MarieM ·

Toe my dogter in Graad 1 was het ‘n ander dogter op haar rug gespring toe hulle die trappe af gaan vir pouse. Albei het die trappe af getuimel en my dogter het die meeste seer gekry tydens die val. Ons het eers later gehoor dat haar brein mm’s geskuif het tydens die val en van daar die petimal epilepsie wat sy vandag het. DUS die val kon ook bygedra het tot die kind se dood. Inwendige bloeding, ens.

Mads ·

My seun 8 was ook aangerand deur 6 ander kinders. Been was stukken geskop ens ens. Die skool doen NIKS daaraan. Bel die boelie se ouers en dis dit. Die skool het kamma gese my kind gaan sielkundige hulp kry gratis deur die skool. HY EN DIE BOELIE. tot nou toe nog glad nie n sielkundige gesien nie. En word maar net nog geboelie. Die hoof stuur omsendbriewe uit dat ons nie die skool se naam op Sosiale Media mag sit nie dan sal die prokureur stappe teen ons vat.

Wens hierdie boelies wil einde kry. RIP seuna.

Pim ·

Name & shame die skool en die boelies se ouers. Dis al hoe hulle gaan leer…

pinkie ·

As daar te veel menseregte is, word menseregte van die onskuldiges afgeneem.

Landras ·

Dankie dat jy jou Ma vertel het – al het dit jou jou lewe gekos – ten minste weet hulle nou wie om verantwoordelik te hou .

Blom ·

As ‘n been breek kan been murg in die bloed beland en dis dodelik.. My ma het gesterf daarvan na haar heup gebreek het. Ek dink hoe moes die kind voel na hy van trappe gestamp is en toe weer aangerand word!!.. En dan laat hulle die boelie vry?!?

Verstaan nie ·

Die berig maak vir my gladnie sin nie. Of te wel die storie? 17 nog in die Laerskool. Pouse en niemand het dit gesien nie? 10 Mei gebeur. 13 Mei sy ma gese.. Waarna hy met ‘n gebreekte been in hospitaal opgeneem is en daarna gesterf het….?

A Mac ·

Duidelik ‘n teken van hoe die onderwys in ons land agteruit gegaan het. In die ou bedeling sou die 17-jarige al lankal in ‘n spesiale skool gewees het, maar nee, vandag se mense dink mos hul weet beter. Hulle wou mos spaar en het met al die skoolsielkundiges, inspekteurs en verstands- en persoonlikheidstoetse weggedoen. As dit met my kind mos gebeur sou ek die Departement goed aangevat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.