8-jarige sterf op Goue Hoofweg

Nooddienste op die toneel. (Foto: Verskaf)  

’n Agtjarige seun is dood toe hy Saterdagmiddag op die R28 naby Vanderbijlpark in Gauteng deur ’n motor getref is.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 17:00 na die toneel op die Goue Hoofweg by Sebokeng ontbied waar ’n kind deur ’n motor raakgery is.

“Die kind het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar,” het Herbst gesê.

Geen verdere inligting omtrent die voorval is bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Leon Pit ·

N 8 jarige op n snelweg.
Stuur Ouers reguit tronk toe.
25jr sal die ding doen.

Jemma ·

Ek werk in Vanderbijlpark en u sal geskok wees hoeveel straatkinders daar is, ek neem aan hierdie was ook so geval.Hierdie kinders het werklik niks, kinders so jonk as 6 jaar lewe al op straat.Ons het juis verlede week 5 van die kinders bietjie kosgegee, en my hart was so seer want al 5 se lippies is wit en oopgebars soos hulle gom uit ñ papiersak snuif.Hierdie is die harde werklikheid, probeer jy hierdie kinders ñ beter lewe gee, keer meeste van hulle maar net weer terug strate toe

John ·

?… kind dood… alweer?… nog een… alleen gespeel… Gooi die ma’s in die tronk in afsondering… alleen… CR wil vroue nog meer ‘be-mag-tig’… oy, oy…

Lou ·

Die metro gaan nou seker spoed hobbels op die hoofweg aanbring.

Elmarie ·

Dis ontstellend! n 8 jarige alleen op n hoofweg? Arme kind!
As n mens kyk na die slagting op ons paaie, sal motoriste baie baie versigtiger, en met groter verantwoordelikheid en erns agter die stuur moet inskuif.

Lizelda ·

@John..
Nie net die ma nie d pa ook. Dit vat nie net n ma om n kind te maak nie of hoe. Met alle respek gese kyk hoe “wonderlik” gaan dinge met mans aan stuur???

Ai tog ·

@Lizelda… Dink nie John het dit lelik bedoel nie. Gewoonlik is ma’s primêr verantwoordelik vir hul kinders se sorg terwyl pa’s werk. Indien beide ouers werk voel ek albei moet verantwoordelik gehou word.

Natalene Visser ·

Sovér my kennis strek, hoort geen voetgangers op snelweë nie. Punt.

Katryn ·

Wat doen n kind wan 8 jaar op n hoofweg en dit in die aand arresteer ma vir kinder verwaarlising en nalatigheid ook sommer manslag

soek op die pad ·

waar was die ouers en wat het die kind op die pad gesoek?

Potjie ·

Ag siestog! Hoe hartseer. My kleinding is 7 jaar oud en hys so tengerig. Die oorlede kindjie was op verkeerde plek. Hy moes in n bedjie al gedudu het. So jammer.

koos ·

Snaaks, ek het niks gelees dat die kind alleen was op die pad nie?
Ja voetgangers hoort nie op snelweë nie, maar dis allerdaags in SA en Afrika.

Ivan ·

Die enigste redelike kommentaar. Die ander is almal aan names wat nie die feite het nie. Miskien is ouers al dood en bly kind by groot ouers of iemand anders. Gooi nog klippe.

Gideon ·

Wat laat julle dink die kind het hoegenaamd ouers. Was julle al daar? Weet julle wat behels die lewensstyl daar? Daar is n baie klein persentasie “normale gesinne” met ouers en kinders. Geweldig baie kinders word groot gemaak deur hulle ouer sussies of boeties wat self nog kinders is. Of deur bejaarde ouers wat self versorging nodig het. Dis n ander wereld daar!

humor ·

Was dit ook n tref en trap? Hier word niks vermeld dat die persoon raak gery het op die toneel gewag het nie.

wonder maar net ·

@humor … dit wil ek ook weet … seker weg gejaag!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.