8-jariges getuig oor ‘seksuele aanranding’

Die Protea-landdroshof waar die saak plaasvind. Foto: ANA

ʼn Agtjarige dogtertjie moes Woensdag voor die hooggeregshof in Palm Ridge getuig oor die voorval toe Johannes Molefe, ʼn veiligheidsbeampte van die AB Xuma Primary School, haar na bewering verkrag het.

Staatsaanklaer Jacki Steyn het die gr.3-leerder na die getuiebank geroep. Die leerder was in gr.2 ten tyde van die beweerde voorval en sy beweer dit het ná skool gebeur. Volgens die leerder het Molefe haar na die waghuisie geroep waar hy haar seksueel aangerand het.

“Toe ek die pyn gevoel het, het ek uitgegaan en gehuil en hy het gesê ek moet nie huil nie. Ek het my vervoer gekry en ek het by die huis gekom en ek het my ma vertel.”

Daar is aan die kind gevra of sy dus op dieselfde dag waarop die voorval plaasgevind het vir haar ma daarvan vertel het, en sy het geantwoord sy het haar ma eers later vertel toe Molefe in hegtenis geneem is.

“Ek was bang my ma sal skool toe gaan en vir Mkhulu [die naam wat die leerders Molefe genoem het] sê en dat hy haar sal bangmaak.”

Lumka Xoxo, Molefe se regsverteenwoordiger, het die meisie gevra hoekom sy nie geskree het nie, aangesien daar ander mense op die skoolterrein was. “Die ander mense is eers weg en hy het my mond toegedruk,” het sy geantwoord.

Xoxo het aan die agtjarige gesê sy jok, want sy het dit nie aanvanklik aan die hof gesê nie. “Dit is die waarheid,” het die kind gesê.

Xoxo het die kind gevra hoekom niemand wat saam met haar die openbare vervoer huis toe gebruik het gesien het daar is iets fout nie. “Ek het my trane afgevee,” het sy geantwoord.

Xoxo sê ʼn dokter het die dogtertjie ondersoek en kon nie enige beserings vind nie. “Die dokter het nie gesê dat ek nie beseer nie, maar net dat dit beter is.”

Die agtjarige het verder getuig hulle is later na die skool se rekenaarlokaal ontbied waar daar vir haar en ander leerders gevra is wat Molefe aan hulle gedoen het.

Xoxo het dit aan die meisie gestel dat Molefe ontken hy het aan haar geslagsdeel gevat. “Mkhulu lieg, hy het dit gedoen,” het sy geantwoord.

Nog ʼn agtjarige kind, wat sewe jaar oud was ten tyde van die beweerde seksuele aanranding, is daarna na die getuiebank geroep. “Ek was agter die klasse naby die hek by die heining saam met my vriende en Mkhulu het ons geroep en in die waghuisie gesit. My vriendin het uitgegaan. Sy het Mkhulu geflous en gesê sy gaan toilet toe en sal terugkom en Mkhulu het toe aan my private dele gevat.”

Die leerder sê sy is ook deur ʼn verwarmer in die huisie gebrand. Sy het gehuil en is uit die waghuisie uit en terug na die kinderhuis waar sy woon.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

Hoekom word die kinders se getuienis nie in kammera gedoen nie. Besef die mense die Drama vir die kinders. Beslis nie die ou se verdediging nie. Hoe slaap hierdie mense in die nsg.

Genieve ·

Verstaan glad nie die storie nie als is deermekaar. Was die dogtertjie onder bloed toe sy die waghuis verlaat het het,hoe kon niemand so iets opgemerk het nie terwyl sy vir haar lift gewag het nie. Die dokter het haar geondersoek met niks beserings nie nou hoe noe.

Ruby ·

Hoekom word die kinders nie beskerm teen ‘n geleerde! (sies man niks resprek vir jou) nie?

As dit jou kind was?!

Johanna ·

AG SIES MAN!!!!!!!!!!!! HOEKOM WORD HIERDIE 8JARIGE SOOS N KRIMINEEL HANTEER – SY LIEG NIE!!!!!!!!!!!!!!!! Watse sort Regstelsel is dit wat vir n kind se sy lieg?? Dis n skande – hoe kan n mens vertroue he in so n stelsel??

Jykanblywees ·

As die man skuldig is kan hy baie bitter bly wees ek weet nie hoe hy lyk nie. Sulke mense is suurstof diewe. Hoekom is daar meer as een kind met dieselfde storie. Hoe kan daai kind lieg oor so iets? Mense weet nie watse trauma dit is nie. Daai kinders is vir die res can hulle lewe geskend. Oe my bloed kook!!

Cat ·

Skokkend dat hierdie kinders nie in camera getuig het nie! Besef díe wetgeleerdes nie díe sekondere trauma waardeur díe kinders gaan en te moet aanhoor “jy lief” O genade nee waar is díe kinderregte nou?

Stan ·

Hoë kan hulle daardie kinders so blootstel!!! Om ‘n agt jarige se lewe so te traumatiseer is sleg en ongevoellig- gebruik ‘n bietjie kennis om julle ‘professionaliteit’ Te laat geld??

Nadine Durant ·

Daardie kinder behoort in die kamera kamer te getuig en glad nie blootgestel word nie dit maak my sommer so vies. Wat weet n kind van daardie ouderdom oor enige sulke dinge kan nie glo hulle se haar sy lieg nie. Maar ek weet presies hoe daardie dogtertjie voel. Mag daardie man vrot in die tronk

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.