8 seuns verhoor ná vuiste klap by skool

‘n Skermskoot uit die video.

Dissiplinêre optrede staar agt leerders van die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein in die gesig oor ʼn bakleiery wat by die skool uitgebreek het.

Die geveg het Vrydag plaasgevind en is op video vasgelê. Dit word sedertdien wyd op sosiale media versprei.

Die geveg het uitgebreek nadat ʼn leerder se elektroniese toestel weggeraak en hy ʼn ander leerder daarvan verdink het, het Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, gesê.

Die video van die geveg wys hoe ʼn klomp leerders in ʼn groep loop en hoe leerders mekaar skielik begin rondstamp en vuiste begin klap. Party leerders trek mekaar na die grond waar die vuishoue aanhou klap terwyl ander tussenbeide probeer tree en die seuns van mekaar probeer aftrek.

Agt leerders is intussen geïdentifiseer vir hul beweerde betrokkenheid by die geveg en sal op 6 Augustus dissiplinêr verhoor word. Die meeste van dié leerders is na wat verneem word in gr. 10 en 11.

Volgens Ndaba is dit moontlik dat dissiplinêre optrede later vir nog leerders kan voorlê.

Op sekere sosialemediabladsye word die geveg intussen as ʼn rassevoorval bestempel. Daar kan in die video gesien word hoe talle wit en swart seuns baklei, maar volgens Ndaba is daar geen bewyse dat die voorval enigsins met ras verband hou nie. Daar word nog ondersoek ingestel om die presiese omstandighede rakende die voorval vas te stel.

Die departement het ʼn beroep gedoen op mense om nie die video te versprei nie. “Ons veroordeel enige vorm van geweld in skole. Ons wil hê ons skole moet sentrums van leer en onderrig wees en nie sentrums van geweld en ander misdadige aktiwiteite nie.”

Ndaba het leerders gewaarsku dat die departement geen vorm van geweld sal duld nie.

“Ons neem aanstoot oor wat gebeur het aangesien dit die skool en departement in oneer bring.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Marius ·

In die goeie ou dae het dit ook gebeur elke Vrydag in die parkie net bly daar was nie fone daai jare Ha Ha.

oop oge ·

jip… die bloed het gevloei en sommige boelies is lelik aarde toe gebring…

Vraagteken ·

Ek dink nou presies dieselfde. In die goeie ou dae het almal dit uitgesort en dit was net daar afgehandel. Kyk nou wat het selfone veroorsaak: 1) die fight, en 2) die gevolge van die fight.

koos ·

En die twee wat baklei het (LW 2 nie 6 teen 1 nie) het later pelle geword.

Alida X ·

Dit is iets so oud soos die berge. Seuns sorteer mekaar uit (meisies ook soms). dan gaan almal aan asof niks gebeur het nie. More speel hulle weer saam.
Die selfone is ook nie die grootste probleem nie, die mense se reaksie is. Hulle wil te veel kleur in elke voorval sien.

Isak ·

Laat kinders mekaar uitsorteer. Gee elkeen n paar bokshandskoene. Soos julle se in die ou dae. Daar sal altyd fights wees by skole. Jy kry mos kinders wat niks selfoon gewoond is nie.

HPV ·

Praat julle nou! Dit was so normaal soos skoolgaan, geen siekundige nagevolge, die ergste was hoogstens ‘n blouoog, geswelde lip, bloedneus en gekweste ego.

Humbug ·

@ hpv. Daar slaan jy die naald op die kop. Die sielkunde dishoekom het meeste kinders nie meer maniere nie. Hul is Plein ongeskik en ongemanierd en meer problems agv die sielkunde grootmaak.

Lientjie ·

Ai hoe mis ek daai ou jare van vuisslaan agter die snoepie of agter die pawiljoene. Seuns sal net seuns bly.

Phillie ·

In my skool “fights” het ek en teenstander na bloed neus en blou oë boesemvriende geword.
Hierdie is voorbeeld van hoe groot mense ‘n verskil tussen kinders uit verband kan ruk met hulle “do good” meerderwaardige kamstige kennis

Lientjie ·

Ongelukkig ja. Alles gaan nou oor ras. Onthou julle hoe ons groot oupas en oupas en selfs ons pappas dit ook gedoen het toe hulle nog pure tjokkerties was. Ai ek verlang na die goeie ou dae.

ne ·

En so sal die ras-kaart maar weer getrek word.
Wonder in wie se besit die elektroniese toestel geving is???????

Hanna Hoekom ·

Ek wonder mos nou self! Anders sou “ras” nooit betrek geword het nie.

Anni ·

Is Reg lě vuiste in, so word di kinders mos groot, sien wat doen die ander, Kry J nie jou sin ni, word geweld gebruik. Ons almal het in goeie ou jare baklei, Maar dit was oor en uit

Mossie ·

Ag werklik! n Klap of n vuishou so nou en dan is nou wragtig nie so erg nie. Soos reeds genoem, in die goeie ou dae is daar baie sulke voorvalle gewees en dis daar-en-dan onder mekaar uitgesorteer. Meestal nog sonder die ouers se medewete. Daar is n verskil tussen n vuisgeveg en aanranding, ons kinders weet net nie meer wat daardie verskil behels nie. Dis so jammer dat selfone n daad so kan opblaas en vergroot. Diè wat die video clip geneem en gestuur het moet sommer ook verhoor word op kwaadwillig aanhitsing en naamskending deur die skool en die betrokke leerders so in die nuus te plaas. Die skool kon dit in sy eie hoedanigheid uitsorteer.

Mvn ·

Mossie sou jou uisig dieselfde wees as dit jou kind was wat geslaan word?

se maar ne ·

bakleiery in skole tussen leerlinge was nog altyd daar en dit sal vir altyd daar wees

INA ·

Ek is noual ñ Ouma Grootjie, & onthou hoe dogters & seuns in mý skooldae lekker saamgespeel & ook lekker baklei het.

Daar was géén sprake van rasverwante “fights” (ons was almal blank), of boeliery nie; nét verskillende temperamente, & later jare hormone; maar ons het dit uitsorteer soos normale kinders destyds gedoen het, & òns het dit àlmal oorleef!!!

Ons het nie selfone gehad nie; ons het pouses met Alies (albasters) gespeel, asook kennetjie, hop scotch & véle meer. Ons was kìnders, & dit was lekker!!!

Isak ·

Boep… member jy weet verseker nie wat is swak nie. Gaan kyk in die spieel dan sien jy wat is swak. Gaan kyk in jou skool daaris ook bakleiry so bly stil as jy saak kommetaar nie. 071 633 5871 as jy wil bel. Jy het ook seker nooit baklei op skool nie. Ne

gatiep ·

Dat seuns wat in n skool baklei nuus raak verstaan ek nie.
In my dae het sulke goed gereeld gebeur in die skool nou is dit iets verskrikliks.

Wielspore ·

Tiener seun tierade, heeltemal normaal, testosteroon vlakke op sy hoogste en leierskap regstelling.
Ek het self ‘n ander seun geklop in Std 6 toe hy my meisie se aandag probeer soek het, na die tyd was ons nog steeds vriende maar hy het die reels verstaan.

Faan ·

Help my reg as ek verkeerd is…..
So rukkie terug was daar soort gelyke gevalle tussen swartseuns wat uitgeloop het op n paar sterftes.
Hier kry die culprit n pakslae en dis nou weer voorblad rasse-nuus.

1) Dis hoe ons as laaities n probleem opgelos het. Meeste van die tyd het die bakleiers boesem vriende uit gedraai.
2) Hoekom nou weer die ras kaart op die tafel gooi?

tw ·

Kandas stem saam. Toe “Tweetie” Mnr. Stemmit hoof was, was Sannies briljant, sport sowel as akademies. Dit was die jare wat ek daar was. Ongelooflike skool en onderwysers. Goeie dissepline en respek was gehandhaaf en niemand was “mishandel”, soos hulle dit deesdae noem, Ja seuns sal maar altyd n paar appels swaai, ek dink ook hierdie voorvalle word erger gemaak as wat dit is, maar moet ook erken dat seker geweld in party skole heeltemal handuit geruk het. Dink nog steeds, behoorlike “dissepline” moet terug gebring word. Die jongetjies het deesdae vir niks en niemand respek nie en kom weg met vieslike geweld oor die kamstige “regte” wat hulle het.

Nettie ·

Jinne, julle het nog niks gesien nie. Weet julle hoe kan MEISIES baklei??? Ek bedoel nou, in my tyd van skoolgaan …. Sal nou maar nie die skool se naam noem nie, maar ons meisies het gereeld ‘n paar sakies met mekaar uitgesorteer agter die huishoudkundeklas, op die hokkie-veld. Praat nou van spoeg, gil, klap, vuisslaan, haretrek en skop! En niemand het iets daarvan oorgekom nie (ja, behalwe nou die slag toe een meisie se been gebreek is, maar dit was eintlik ‘n ongeluk …).

kriek ·

Vroer jare het die skool dit sommer uitsorteer. Almal hoof se kantoor nie. Lekker pak gekry en walllllaaaa almal gesort.

Wilanda ·

En nou word daar weer een massiewe sirkus rondom die saak opgeblaas… Ai tog.

Kinders sal maar altyd baklei, dis niks nuuts. Een GROOT probleem is egter die selfone. Nie net is dit die oorsaak van die bakleiery in die geval, maar ook die rede dat dié saak uit proporsie geblaas word.

Ek as onderwyseres laat GEEN foon in my klas kamer toe. Ek het ouers ook skriftelike laat weet dat ek dit uit my klaskamer verbied. My leerders het dit nie nodig, ek voorsien alle materiaal vir hul onderrig en klaar.

Hierdie insident is PRESIES wat gebeur wanneer ouers en onderwysers nie meer leiding neem en reëls neerlê nie. ‘n Kind is op skool om te leer, nie om op ‘n elektroniese toestel te speel.

Ditsem ·

Gelukkig was daar nie selfone in my tyt nie anders was die helfde van die skool geskors. Insluitend die meisies.

pampoen ·

Die grootste boelies van vroeer jare, huil vandag die hardste as hulle kinders geboelie word. Is omdat ons nog kinders was………dat alles Vrydag middae op die polo veld geeindig het. maar vandag se kinders is mos klaar grootmense, en net kinders wanneer dit hulle en hulle ouers pas. In my dae sou die persoon wat video gevat het, as die klikbek bekend gestaan het. En n klikbek was daai jare as n verloorder gesien, maar vandag is dit die hero( bly n papbroek klikbek). . .

kOOS ·

Netso , en die klikbek moes wegkruip vir n dag of twee anders het hy deurgeloop

Faan ·

Nes jy daar sê. In my dae sou die persoon met die foon ook sommer n pak slae kry vir klik.

Vandag se kinders (en ouers) het n klomp softies geword….

Snitches get stitches.

Diefie ·

Hahaha is dit nie soos in die goeie ou dae nie? Almal gaan nou te kere en die kinders is maats. Eish, people of the palace.

Leon ·

Ek onthou nog die dae toe ek in Blommetjiesfontein op skool was. Sand Du Plessis het manne gahad wat goed die vuiste kon inlê en baie kort van draad was. Lyk my dit het in die laaste 49 jaar nog niks verander.

Nettie ·

Man, vroeër jare, toe ek op skool was (dit was darem nou ‘n HELE PAAR JAAR GELEDE, moet ek erken), was daar ook ‘fights’ by die skool. Soms het ‘fights’ by die huis of onder maats selfs oorgespoel skool toe. Daar was klappe uitgedeel, ‘n paar vuishoue het selfs geval, hare is getrek en daar is gegil en geskree op mekaar. ‘n Bietjie bloed het selfs gevloei en snot en trane het gespat, maar dan was dit afgehandel en klaar. Daar was nie ‘n oor-en-weer-gedeel en kommentaar gelewer op sosiale media en foto’s nie en ‘n Departement wat ingryp en hofsake wat volg nie. En ons almal wat daai tyd op skool was (of ten minste, die meeste van ons) het goed-aangepaste volwassenes geraak. Dis nou, myself uitgesluit, wat maar ‘n senuweewrak is wat al hoe meer onthou hoe ek op skool gespot, geslaan en soos die pes vermy is, verder.

Niklaas ·

Selfoon videos het al dosyne mense in tronke laat beland. Kyk maar daai doodskis video ensovoorts . Mense wat dit opneem moet meer verantwoordelik wees met die verspreiding daarvan. In my jong dae was daar gereeld vuisgevegte en dit was een groot kordaatstuk as jou opponent die volgende paar dae met ‘n dik geswelde blou oog rondloop. Daar was destyds talle skool boelies en jy bly net ver uit hul pad uit. Niemand sou waag om hul te rapporteer by onderwysers nie. Deesdae word daar gougou gedreig met hofsake !

HPV ·

Mens moet egter nie boelies met ‘n lekker skoolgeveg tussen twee verwar nie. Boelies is ‘n lafhartige spesie wat net moed het as hy of sy tussen hul meelopers is.

Sarel ·

En wat gaan julle sê as die kandidate ‘n vervolg hou van die “oorlog” en ‘n paar wapens by smokjel??? Groot nee. Vandag se gewone loop van lewe is van so aard dat wapens oral is. Dank die Vader daar was niks. Nee nee en nogmals nee. Dit is nie meer die ou dae nie. Geen en absoluut geen geweld “whatsoever” mag geduld word nie. Julle ken ons grondwet. As jy beroof word, sê ekskuus dat ek iets gehad het wat jy nie kan koop nie…. draai om loop weg. Ander maniere!!!!!!!!

Sarel ·

Nee geensins kan dit toegelaat word. Glad nie. Daar is teveel wapens wat toegepas word in hierdie samelewing. Dit word n oorlog. Nee manne. Wees grootter as die probleem en pas julleself op.

Swannie ·

Daar is `n groot verskil tussen “daardie”jare en vandag, want net more word `n mes skool toe gebring om die geveg voort te sit.

George in Bloem. ·

Hahahaha!! Dit laat my ver terug dink….Hulle sal mekaar self uitsorteer solank daar nie allerhande gevaarlike wapens gebruik word nie is dit dalk nie so ‘n slegte ding as die mannetjies mekaar bietjie beter leer ken nie. Dalk sal daar nou twee keer gedink word voor ‘n ander ou se goed gevat word,dalk is daar nou bietjie meer wedersydse respek vir mekaar en respek vir ‘n ander se eiendom gekweek? Dit hang ook natuurlik nou alles af hoe die department dit verder hanteer. “But the simple fact is boys will be boys……”

kolla ·

Ja, daar was nog alryd bakleiery by skole maar om dit goed te praat is verkeerd. Moet uitgeroei word.

George in Bloem. ·

Verkeerd omdat jy so se? Dit was nog altyd daar,is steeds vandag met ons,en sal ook in die toekoms wees. En soms is geweld die enigste opsie wat die regte resultaat lewer. Dis maar ongelukkig hoe dit is en niks wat jy of enige iemand anders te se het daarvoor sal enige verskil daaraan maak nie. Ten beste kan mens dit probeer bestuur en die kinders iets daaruit probeer leer. Dit is maar deel van die lewe.

Ek wonder.. ·

Dit maak by bekommerd om al die kommentaar te lees.
So baie mense wat dink dit is normaal as ons kinders draai na geweld.
Geen wonder die wereld is so siek nie.
Dis reeds oor hierdie standaarde wat vir baie aanvaarbaar, nee, normaal is – dat daar so baie geweld tussen ons mense is.
Ek skaam my as dit my standaard moes gewees het wat ek aan my kinders moes oordra.

Eddi ·

Dieselfde het nog gebeur toe ek in 2010’s op skool was. Ons het net nie die video wereld wyd versprei nie

DG ·

Dit is absoluut normaal dat 2 kapokhaantjies mekaar uitdaag. Hulle moet bokshandskoene gegee word en dit in die skool se gym uitsorteer onder onderwyser toesig. Om te beweer daar is iets mee verkeerd is onrealisties en onkundig oor hoe jong manne werk. My grootste opponente het van my grootste vriende geword. Na die fight skud jy hande, en word pelle.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.