8 sterf in brand by weeshuis

Argieffoto

Argieffoto

Agt mense, onder wie kinders, is dood nadat ʼn brand Donderdag in die vroeë oggendure by ʼn weeshuis in Durban uitgebreek het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die brand het omstreeks 02:00 by die Lakehaven Child and Youth Care Centre in Newlands ontstaan.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

’n Voorlopige ondersoek dui daarop die brand in die seuns se koshuis uitgebreek het. Die oorledenes is tussen agt en 21 jaar oud.

Vier mense is na hospitale geneem en word behandel vir onder meer rookinaseming.

Brandbestryders is nog op die toneel en besig om die brand in bedwang te bring.

Die Newlands-polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Lance ·

Centurion brandweer het by my n brand PROBEER blus …gelyk soos iets uit n cartoon …pype wat ontkoppel en water wat spuit …selfs pype wat op mekaar toevou ….konnie egter nie wag om my besigheidskaartjie te kry om invoice te stuur ….BAIE training nodig glo my !

Laurika ·

En dit gebeur nou met arme kinders wat al reeds ‘n vrot hand uitgedeel is. Ag nee tog.

Gesiggie ·

So hartseer… weesloos… sonder ouers, dat hul lewe nou so moes eindig… my hart gaan uit na die mense wat na die kinders om gesien het… dit was soos hul eie.. Mag God jul dra deur die tyd. Mag als weer goed gaan met almal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.