8 vas ná polisie rooftog fnuik

Argieffoto: SAPD / Facebook

Agt verdagtes, onder wie drie polisiebeamptes, wat glo beplan het om ʼn selfoonwinkel in Fourways Mall in die noorde van Johannesburg te beroof, se planne is deur veiligheidswagte en die polisie in die wiele gery.

Die Gautengse polisie het Vrydag in ʼn verklaring gesê die inhegtenisnemings volg ná ʼn intelligensiegedrewe poging deur verskillende eenhede van die polisie.

“Veiligheidswagte het Donderdag een van die verdagtes aangekeer voordat die groep die selfoonwinkel kon beroof. Die res van die verdagtes het in drie voertuie, ʼn BMW, Hyundai en ʼn Polo, op die vlug geslaan,” lui die verklaring.

Beamptes van die Trio-taakspan het die verdagtes in hul voertuie agternagesit. “Vier verdagtes is in hegtenis geneem nadat die taakspan hul voertuie op die N1-snelweg voorgekeer het. Die voertuie is deursoek en die beamptes het op ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.”

Drie verdagtes, almal polisiebeamptes, is sedertdien ook in hegtenis geneem op aanklag dat hulle vermoedelik deel was van die mislukte rooftogpoging.

“Verdere ondersoek is aan die gang om vas te stel of die verdagtes met ander misdade of rooftogte by selfoonwinkels verbind kan word. Verdere ondersoek sal ook bepaal of meer verdagtes of polisiebeamptes met hulle saamgewerk het.”

Die polisie het gesê hoewel die inhegtenisnemings van sy eie beamptes ʼn klap in die polisie se gesig is, is dit terselfdertyd prysenswaardig dat hulle in hegtenis geneem is deur dapper beamptes wat toegewyd is om misdaad te bekamp.

Die agt verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

al ·

Wat sê dit van indiensnemings?! Skandelik dat regstellende aksie eenvoudig net poste vul agv van ras, sonder om dieper te kyk.

Buitestander ·

Kan ons asseblief die statisieke volgende jaar kry van die toename/afname van Polisie beyrokkendeheid by misdaad?

marous ·

Laat elke polisie beampte ‘n leunverklikkers toets doen. As hulle slaag , kry hulle onmiddelik bevordering.

Leahim ·

Al wat positief hier gesê kan word is dat die polisie darem nog hulle skelm kollegas vang

Lientjie ·

Wat ‘n skande SAPD dis die hoeveelste lede wat julle hierdie week vang wat by rooftogte betrokke is!!!!!!!!!! Wat nou!!!!!!!

Johan ·

Dit gebeur as gevolg van regstellende aksie en die verlaging van standarde. Daar word nie meer goeie kaliber polisielede indiens geneem nie. Meeste van vandag se polisielede doen aansoek om n salaris te verdien. Die leierskap in die polisie is so swak en pateties. Hulle is almal mk of apla lede. Die bietjie goeie lede wat daar nog oor is kan ontmoontlik die wa deur die druf trek.

Cherokee ·

Het voorheen gelees dat ‘n magdom polisielede nie bevoegdheidsertifikate vir vuurwapens kan slaag nie.

Dirk01 ·

Ek was nog nooit verkeerd bewys deur te beweer indien misdaad toeneem in n area en die polisie maak nie vordering dan is dit eenvoudig…..polisie betrokke

Boet Fasie ·

Weer blink ons polisie uit op die misdaad gebied. Ons liewe minister is seker baie trots op sy korrupte polisie

Naomi ·

n Jakkals verander van hare (klere) nie van streke (gewoontes) .
Dis wat gebeur as jy wolf, skaapwagter maak

Cacophony ·

Johan is daar nog goeie lede oor? As hulle nie roof jie dan verkrag hulle. As hulle nie verkrag nie dan verkoop hulle wapens aan kriminele. Die grootste kriminele instansie onder een wapen!

Ronell ·

Weet jy Cacaphony daar is nog polisiebeamptes wat met trots hul werk probeer verrig. Ongelukkig is al daai lede te oud m te bedank om sodoende nuwe werke voor aansoek te doen, of die manne of vroue is te jonk om op pensioen te gaan. Dit is uiters onbillik om daardie lede, wie behoorlik opgelei, nog werkstrots het en hul bes probeer, ten spyte van die moeilike omstandighede waaronder hulle moet funksioneer, sommige lede wat al meer as 20 jaar diens in n spesifieke rang is en geen vooruitsig het van bevordering nie, onder dieselfde kam te skeer as die wat net op die soustrein gespring het. Sies vir jou!

Johan ·

@ Ronell; dis baie waar wat jy daar se. Maar mense hier op MM kan net kla en kritiseer. Hulle maak aannamings sonder insig en feite. Dit maak my eintlik boos.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.