‘80 000 gesteelde stembriewe’-storie ʼn foefie

Die foto wat die kama-berig vergesel.

Die foto wat die kama-berig vergesel.

ʼn Kamma-berig wat beweer dat twee mense in Tembisa, tussen Pretoria en Johannesburg, in hegtenis geneem is weens die besit van 80 000 stembriewe wat reeds ten gunste van die ANC gemerk is, is deur die Gautengse polisie verwerp.

Die “berig”, wat oorspronklik op ʼn “skindernuuswebwerf”, Gossip Mill Mzansi, geplaas is, versprei soos ʼn veldbrand op sosiale media met verskeie gebruikers wat navraag doen oor die egtheid daarvan.

ʼn Anonieme polisiebeampte word in die sogenaamde berig aangehaal waarin hy beweer twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat die paneelwa waarin hulle gery het, by ʼn padblokkade deursoek is. Die “berig” maak melding dat “amper 100 000” stembriewe daarin gevind is en dat al dié briewe ʼn stemmerk by die ANC het.

ʼn Foto gaan gepaard met die berig van ʼn stembrief van ʼn vorige nasionale verkiesing waarin Helen Zille nog as leier vir die DA gestaan het.

Lt.kol. Lungelo Dlamini, provinsiale polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die polisie is nie bewus van die voorval nie. “Ons het sedert gister, toe die berig die ronde begin doen het by verskeie polisiestasies, waaronder die Tembisa-polisiestasie, navraag gedoen en kon geensins inligting daaroor vind nie,” het Dlamini gesê.

Kate Bapela, woordvoerder van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), het aan Maroela Media bevestig dat die inligting onwaar is. “Ons het Maandagoggend hiervan bewus geraak. Ons het ondersoek ingestel en dit was alles leuens,” het Bapela gesê.

Sosialemediagebruikers word aangemoedig om nie die “berig” te deel nie aangesien “foefie”-webwerwe omstrede onwaarhede plaas in ʼn poging om deur internetverkeer wins te maak.

Elma Nel, ʼn DA-kandidaat vir Pretoria, het ook gewaarsku dié foefie hou die gevaar in dat kiesers ontmoedig sal word om te gaan stem, aangesien hulle dink hul stemme gaan nie ʼn verskil maak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jan maak n plan ·

Dis hoekom ek sê dat Suid Afrika moet begin elektronies stem met jou duim afdruk. Die kanse vir korrupsie en bedrog is dan n bietjie kleiner. Sie huidige manier is daar n te groot gaping vir verkiesings bedrog.

claudette ·

laat mens net wonder ,hoekom daar nou skieklik so baie onwettige immigrante in trokke “gevind ” word????het hulle al klaar ID’s om hier te stem ?????Word betaal en net weer weggestuur…. sodra die verkiesing klaar is ??????

Lynn ·

Ongelukkig gaan baie mense dan nie kan stem nie aangegaan baie se vingerafdrukke so dof is dat dit nie registreer nie.

Jugde ·

Ek stem saam oor die vingerafdruk stem. So kan al die misdadigers vinnig ge identifiseer en gevang word as hulle stem. Iets om oor aan te dink.

m ·

Ja sure…… Kan nogals dink dat daar weer duisende in omloop is om te verseker hulle wen.

Theresa B ·

Asof hulle dit sal erken. Regtig hoe laag dink hulle is ons IK? Hulle is so bang vir verloor dat hulle enige iets sal probeer. Waar ‘n rokie is nê………………………………

Lou ·

Dis sommer ‘n wolhaarstorie. Maar sies, sies, sies vir die mense wat dit begin!

Anie ·

Nogal nuuskierig, hoe weet hulle presies 80 000 is gesteel? Het hulle dit letterlik getel?

Koos1 ·

Anie, dit was ‘n wolhaarstorie, kon net so goed 100000 gewees het, maar 80000 klink meer geloofwaardig. Dan nog iets, en ek hoop nie dit gebeur ook dat stemboeke wegraak of gesteel word nie, maar alle stemboeke en briewe is op een of ander manier genommer. Die IEC moet weet hoeveel is gedruk, hoeveel stembriewe is verbrou ens, anders kan hulle nie die persentasies uit werk nie. Die nommers word nie aan jou naam gekoppel nie, maar wel aan die kiespunt.

Slakgif ·

Dieselfde storie het destyds met die ’94 verkiesing die rondte gedoen.

Anti DA ·

Dit klink soos ‘n wolhaarstorie ek hoop maar dat dit wel die geval is maar ek het ook al geleer in die nuwe Suid-Afrika is alles moontlik.

Koos ·

Stem gaan ons stem definitief nie vir die DA nie maar stem sal ons wel

Noxthefox ·

Waar kom dit vandaan!!!!!!!!!!.
Daar is definitief ‘n slang in die gras.
Saterdag was daar berig van ‘n voertuig in Diepkloof waarvandaan daar stembriefboeke uitgesteel was.
Die OVK IS cANCer in skaapsklere.Hulle is almal daar geplaas om CanER IN BEHEER te hou(lees groot salaris pakkette.)

Anoniem ·

Ek lees in ons dorpkoerantjies, dat die wind vanaand baie sterk gaan waai in Ekurhuleni. Hoop net die verkiesingstente(stemlokale) bly veilig staan!

John ·

Skelmstreke sal daar altyd wees. Vrese daaroor kan gegrond wees. Stembriewe sal weer in slote in die reen beland. Die OVK was nog nooit bekommerd oor die verdwyn of verskyn van stembriewe… of ander klagtes nie. Interessant.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.