Ongeveer 80 persone is Dinsdagmiddag vir voedselvergiftiging behandel by ʼn oord naby Ventersburg in die Vrystaat.
“Die pasiënte was in die konferensiesaal toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Ongeveer 80 persone het gekla van erge maagpyn en hulle het vomeer.”
Paramedici van ER24, die provinsiale nooddienste en ander privaat dienste het die pasiënte op die toneel behandel. “ʼn Provinsiale dokter is met ʼn helikopter ontbied om die paramedici by te staan,” het Meiring bygevoeg.
Altesaam 18 pasiënte is na die Bongani-hospitaal in Welkom en Katleho-hospitaal in Virginia geneem vir verdere behandeling.
“Die oorsaak van die voorval is nog nie bekend nie. Die voorval word ondersoek,” het hy gesê.
Sjoe, much ado about nothing. Hierdie berig is ‘n mors van tyd en moeite. Dit sê absoluut niks! Is dit nie beter om te wag totdat daar meer inligting is nie. Ek het ook nou die dag ‘n maagaandoening gehad maar dit was toe nie in die koerant nie.
80 mense wat gelyk siek word is meer belangrik as jou maagaandoening. As jy nie daarvan hou nie, blaai aan.
Ek stem saam met M A. Watse nuuswaarde is daar in ‘n berig omtrent ‘n groep mense wat maagpyn het en kots? Vertel ons liewer van die kat met twee koppe wat twee rotte gelyktydig kan eet.
Dankie Veritas ek kon doen met die lekker lag.
HaHaHa moes KFC gewees het…….