80 beseer in Durban-treinongeluk

Foto: ER24

Foto: ER24

Altesaam 80 mense is beseer toe twee Metrorail-passasierstreine mekaar Dinsdag naby Berea in Durban, KwaZulu-Natal getref het.

“Die passasiers het geringe tot matige beserings opgedoen,” het Russel Meiring, woordvoerder vir ER24, gesê. Paramedici en provinsiale dienste het ‘n rampgebied afgesper om die pasiënte te behandel.

“Metrorail het sy kragdrade afgeskakel sodat ons kon werk,” het Meiring gesê. Van die pasiënte is na Addington-hospitaal geneem. Geen kritieke beserings of sterfgevalle is aangemeld nie.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.