80-jarige in Polokwane-aftreeoord vermoor

(Argieffoto)

Die polisie is op soek na die verdagtes betrokke by die “wrede moord” op ʼn 80-jarige inwoner van die Koraal-aftreeoord in Polokwane.

ʼn Vriend van Jacoba Grobler het Maandag omstreeks 11:00 op haar liggaam afgekom en die polisie ontbied.

“By hul aankoms daar het die polisie die oorledene op ʼn bed aangetref met oop wonde wat moontlik deur ʼn stomp voorwerp veroorsaak is. Haar skootrekenaar en selfoon word vermis,” het brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, gesê.

Grobler het volgens die polisie alleen gewoon.

Lt.genl. Nneke Ledwaba, polisiehoof in Limpopo, het die moord ten sterkste veroordeel en gesê dit is gepleeg teen een van die samelewing se kwesbaarste lede. Ledwaba het opdrag gegee dat die polisie se 72 uur-aktiveringsplan in werking gestel word om die moordenaar of moordenaars op te spoor.

Enigiemand met inligting oor die voorval word gevra om brig. James Esbach te bel by 082 576 0743, of die polisie se Stop Misdaad-nommer by 08600 10111.

Die moord op Grobler volg kort nadat die moorde op Lizette Deacon (50) en haar ma, Hettie (79), die gemeenskap hier in rou gedompel het.

Lazarus Mahlo (41) en Sophie Mmako (51) het Maandag op twee aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede in verband met dié saak verskyn. Mmako het meer as 20 jaar vir die Deacons gewerk.

Lizette en Hettie se liggame is vroeër in hul motor langs die R37 by die Kuschke-afrit, buite Polokwane, gevind. Hulle is laatmiddag ontvoer nadat daar by hul meenthuis in Welgelegen ingebreek is. Albei vroue was vasgebind en het verskeie steekwonde gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Magda ·

Dankie ANC nog n MOORD op julle voordeur – Baie sterkte aan familie en vriende

Jaco ·

Daar is n algemene verval van standaard in die land. En as jy kyk net na ons regering wat verwag n mens.

Fae Fubar ·

Hoe weerloser, hoe meer geweld word gebruik, lyk dit my. Wat kan ‘n 80-jarige doen teen ‘n aanvaller? Cele, jy moes al lankal meer gedoen het om misdaad vas te vat. Hoeveel nog?

Termiet ·

DIT IS NIE DIE WERK VAN ‘N HONGER MENS NIE. DAAR IS ANDER MOTIEWE EN AGENDAS!

Wat op dees Aarde ·

Kom ons kyk mooi na wat die EFF op sosiale media kwyt geraak het… Ek verneem dat dit moontlik verband hou. Ou Julius is mos maar juis van Limpopo afkomstig

Scalla ·

Onaanvaarbaar dat n weerlose tannie se lewe op so n manier beeindig word, waar is hoedeman en sy trawante???

My siening ·

Maar Cyrel wil dans, daar is niks om oor te dans nie!
Sterkte aan die familie die lafart is baie sterk as hy ou mense teiken.

Ilze ·

Hoekom haar so wreedaardig vermoor vir ‘n selfoon en skootrekenaar. Polokwane het ‘n slagveld vir vroue geword. Eers die twee Deacon vroue en nou die ou tannie. Ons leef nou in vrees hier.

Jakes ·

SA is n siek land met baie siek mense wat nie in die samelewing hoort nie.

Persheks Adri ·

Ek verpes dit as mense sê genoeg is genoeg, maar regtig nou is ek ook 1 van daai wat sê genoeg is lankal genoeg!!!

Cele julle skitter in jul afwesigheid en beskerm NIKS en niemand nie! Pateties verby!

Hierdie is aanvalle op ons blankes en hoekom ‘n ou tannie wat nie eers haarself kan beskerm nie? Nee genade ek kan nie meer die artikels lees nie dit walg my

Belinda ·

Sjoe hoekom so wreed, hul kon mos net die goed gevat het en gehol het, sy kan nie eens iets gedoen het. Dit is soooo wreed en onmenslik.

Hoekom ·

Jy martel nie iemand om hulle te beroof omdat jy honger is nie. Die motief is hard en duidelik en wat hulle vat is plunder…

Die Goodwoodianer ·

Die regering veroorsaak ñ situasie waar wetstoepassers self keelvol raak oor dié dinge en eerder alternatiewe aksies bewerkstellig wat moontlik meer effektief sal werk om misdaad hok te slaan in die langtermyn.

Casper ·

Politieke aanhitsing deur deur sekere politieke figure veroorsaak die moorde.Hulle weet hulle kom niks oor nie.Etsebeth is onskuldig by liegstories betrek en alle kommisie wou ‘n voorbeeld van hom maak.Dubbele standaarde is aan die orde van die dag.Niemand sal my oortuig dat hierdie moorde nie polities gedrewe is nie.Die diefstal wat volg laat dit lyk soos gewone moorde.

LiveAndLetLive ·

Hoekom is dit nodig om n bejaarde so wreed dood te slaan, vat wat jy wil en loop as jy dan nou moet.
Daar is geen respek vir lewe in die oe van hierdie misdadigers nie. Dit is onmenslik.

Janee ·

Vergeet van vroom bid vir die regering…bid vir ons volkie wat net minder en minder word…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.