80-jarige vas oor dagga

Die sakke dagga wat in Bergville gevind is Foto: SAPD, Facebook

Die sakke dagga wat in Bergville gevind is Foto: SAPD, Facebook

Die polisie in KwaZulu-Natal het twee vroue, waarvan een 80 jaar oud is, in hegtenis geneem in verband met die besit van dagga ter waarde van meer as R200 000.

“Die Bo-Tugela-grensbeheerpolisie en Ladysmith se misdaadintelligensiespan het Dinsdag ʼn gesamentlike misdaadbekampingsoperasie in die Emmaus-gebied in Bergville uitgevoer,” het kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, gesê. “Tydens die operasie is twee vroue, onderskeidelik 25 en 80 jaar oud, in hegtenis geneem op aanklag van die besit van dagga.”

Volgens Naicker het die polisie beslag gelê op meer as 162 kg dagga met ʼn geraamde straatwaarde van R230 000.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Bergville-landdroshof verskyn.

“Dwelms vernietig lewens en ons sal alles in ons vermoë doen om dit van die strate af te kry,” het lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

Nou gaan die SAPD dit vat….en aan die brand steek. Is dit nie ook maar wat daai twee vroue se customers doen nie? Weet een van julle hoe voel dit om 80 te wees…..sonder ‘n bietjie dagga? Dis hel man…..

Eliza-beth ·

Johan Marx jy het my dag gemaak haha! Ja die ou tannie snuif maar seker bietjie, of rook of dalk bak sy daggakoekies, wie sal weet? Sal graag met haar wou gesels oor wat sy elke dag doen en so – hier is ‘n storie wat ou Dana Snyman GOED sal kan verwoord!

Yvonne ·

Nope! Nogi tagtig en nogi dagga gebruik nie! Mag albei so bly….

Eish! ·

Hopelik skenk die SAP dit aan Bobby Greenhash wat medikasie daarvan maak wat mense lewens RED!!!!!!!!!!!!!

Retha M ·

Dankie Naas. Ek wou nou net dieselfde opmerking maak. Duidelik is dit Ladysmith.

Piet Pompies ·

Vriend van my het ons vertel in die jare toe hy nog jonk was het hy hom vermom as Dienspligtige, sy Browns aangetrek met sy Balsak op die rug gery tussen Vanderbilpark en Durban. Sy Balsak vol dagga gemaak en terug gery, by die padblokades is hy oorgesien as dienspligtige. Die vriend se meisie (later sy vrou) was die dogter van die Staatsaanklaer in VDBP se sekeretaresse. Why drink and drive if you can smoke and fly….lol

Paul ·

Ek het nie geweet Ladysmith se naam het verander nie. Dit sal nou verwarring veroorsaak met die dorp in die Wes-Kaap met die naam Ladismith.

Is ons nou almal veiliger nadat hierdie gogo gearresteer is? *sug* Regerings begin ‘n “War on Drugs” en dan is hulle verbaas dat daar moeilikheid is…

Nina ·

Ghie-ghie….ek het nou lekker gegiggel oor die 80-jarige. Mag ek op daai ouderdom ook nog soveel woema hê. ;) Jissie, tuinmaak is darem wraggies nie op daai ouderdom meer vir sissies nie…whahahaha!

LPR ·

“Dwelms vernietig lewens”. Ek stem saam maar net jammer dat meeste SuidAfrikaners nog so onkundig is om te dink dat dagga ‘n dwelm is.

pop ·

Ek glo nie daai tannie rook die goed nie. Dis haar inkomste en sy kry so te se niks vir dit nie. Die dagga in daai geweste groei in plantasies. Ek hoop nie die ondersoekbeampte neem al daai sakke bewysstukke hof toe nie. Jare terug het ons vreeslik kopseer gekry en toe ons begin naar word en opgooi kom ons agter dis die berg dagga wat voor ons le wat ons so siek maak.

Sune van Heerden ·

Dagsê lesers

Baie dankie dat julle ons op die fout gewys het. Ons het inderdaad “Ladysmith” in KwaZulu-Natal bedoel. Die berig is gewysig.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.