80-jarige vrou op Stilbaai vermoor

misdaadtoneel

Argieffotocrime argief

ʼn 80-jarige vrou van Stilbaai in die Suid-Kaap is koelbloedig in haar huis vermoor en haar 92-jarige vriendin in ʼn ernstige toestand in die hospitaal opgeneem nadat die twee vroue in hul huis aangeval is.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het gesê twee mans is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Volgens Pojie het die twee vroue saam in ʼn huis in Jongensfontein gewoon. “ʼn Buurman het onraad vermoed by die vroue se huis en die polisie ontbied. Dit is toe dat polisiebeamptes afgekom het op die 80-jarige vrou se liggaam en die ander vrou wat ernstig beseer is,” het hy gesê.

Hy kon nie onmiddellik bevestig hoe die oorledene gesterf het of wat die aard van die ander vrou se beserings is nie. Dit is ook nog nie duidelik hoe die aanvallers toegang tot die huis verkry het nie.

Volgens Pojie het die polisie vasgestel dat die aanvallers met die oorledene se Toyota Corolla gevlug het en is inligting oor die voertuig aan die res van die polisie versprei. Die voertuig is later in Vermaaklikheid opgemerk en die twee insittendes is in hegtenis geneem.

Pojie het bevestig dat die verdagtes onderskeidelik van Heidelberg en Riversdal afkomstig is, maar kon nie onmiddellik hul onderskeie ouderdomme bevestig nie.

Hy het gesê die verdagtes sal Maandag in die Riversdal-landdroshof op onder meer ʼn aanklag van moord verskyn. Pojie het gesê die polisie stel tans vas of daar enigiets uit die vroue se huis gesteel is.

Die oorledene se naam kan nog nie bekendgemaak word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Daan ·

Stem saam maar wie is die lafaards wat ou mense in hulle huis aanval ???

Cor ·

Dankie vir die oplettendheid van n goeie buurman sowel as uitstekende diens deur SAPD vir die vinnig reaksie en arrestasie. Bly om te sien daar is nog goeie en vinnige polisie lede wat hulle pligte ernstig opneem. Doen so voort..

Nita ·

En so wag ek nog om te. sien wanneer die media die syfers gaan byhou soos vir renoster en olifant stropery. Om telling te hou van wittes wat gestroop word.

Daan ·

Die media is te bang om dit te doen want hulle sal nie skroom om die getalle van die wit renosters bekend te maak nie maar die probleem gaan kom by die swart renosters want hulle vrees die S woord.

PJC ·

Die arme twee dames is so weerloos. Hulle kon maar net gevat het wat hulle wou hê. Die haat en moordlus moes egter ook eers bevredig word.

Casper Labuschagne ·

Vir soveel jare as wat ek op skool was het ons elke Desembervakansie in strandhuis reg op die strand, deurgebring. Daardie jare was Stilbaai ‘n baie klein dorpe, aanvanklik met ‘n pont oor die rivier en ‘n nagkarstelsel. Die hele vakansie het die kinders op die stoep geslaap, niks is ooit gesluit totdat die pad huis toe aangepak word nie. Dat mense vandag selfs in Stilbaai in hul huise vermoor word is iets wat ek myself nie kan indink nie. En hierdie tragiese verhaal wat in my leeftyd eens ondenkbaar was, word nou elke dag herhaal en haal net met uitsondering die koerantopskrifte.

SjN ·

Dinge het verander danksy De klerk en julle klomp ja stemmers

Annatjie ·

Julle is lafaart wat oumense vroue en kinders aanval.Jy moet onthou ons gaan almal voor God staan ek weet net nie waar jy gaan staan nie.

pieter ·

Was nou daar op vakansie en dis so n rustige dorpie met vriendellike mense kon dit ni glo nie hoop skuldiges boet kwaai

Domvraag ·

Gaan die inwoners van Stilbaai nou ook bande brand en huise plunder waar die twee lafaards vandaan kom en gaan politieke leiers ook die ou dame besoek en alle mediese koste vir haar betaal ?
Gaan RSG en ander media ook die heeldag hieroor praat en die moordenaars veroordeel oor hul lafhartige optrede?

Riaan ·

Nee my friend. Hulle is blanke mense. As hulle swart was. Dan was fn fikile lankal daar

Lampies Lamprecht ·

Ek dink dit is tyd dat ons as gemeenskap ons stemme dik maak en ook by die duisende by die hof opdaag en eise stel!! Geen borgtog geen genade geen regte……as hulle lewens kan neem het hulle nie ñ bestaansreg nie!!

Helena Freislich ·

Ek het die oorledene persoonlik geken sy en die ander dame het elke Desember die heerlikste skyfies (chips) gemaak en daai gemmerbier en aartappelkrulle sjoe . Ons het sakke en sakke aartappels geskil met ‘n masjien dankie tog en dan het ek die aartappels met ‘n masjien in skyfies gedruk. Tannie O (ek mag nie haar naam se) was baie bedrywig in die tyd. Dankie tog die buurman B(mag ook nie sy naam noem nie) het onraad vermoed die 2 dames het altyd vroeg geroer
Ons vertrou dat tannie H die aanval sal oorleef ek dink aan die familie en al die inwoners van Grootjongensfontein ek bly nie meer daar nie

Jolanda ·

Die twee dames is my tantes en ek sal vreeslik graag die kontak besonderhede van deel buurman wou kry. My Ma probeer sin maak uit alles en niemand kan haar inligting gee nie en sy sal bitter graag met die buurman wou gesels

Alida ·

Ai dit is tragies. Jongensfontein is die mooiste plek vir my op aarde. Het so veilig gelyk toe ons Des daar was.

Ilse ·

Liewe vader, ons was nou net daar op vakansie, hoe skokkend om van moord op arme oumensies te lees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.