81-jarige op Groblersdal-plaas aangeval

plaashek-pexels

Foto: Pexels

ʼn Volskaalse soektog is deur die polisie in Limpopo van stapel gestuur ná ʼn rooftog op ʼn plaas in Groblersdal.

Konst. Maphure Manamela, woordvoerder van die polisie, het gesê die rooftog het Vrydagaand 27 Julie om 21:30 plaasgevind.

“ʼn 81-jarige man wat daar woon was in die huis toe drie gewapende mans skielik die deur oopgebreek en hom aangeval het,” het Manamela verduidelik. “Die oortreders het hom aangerand voor hulle hom van ʼn vuurwapen, selfoon en ander elektroniese goedere beroof het.”

Die slagoffer sterk tans aan in ʼn hospitaal.

“Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die voorval om konst. Malefo te kontak by 072 304 6647.”

Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Weerlose ou mens nog n syfer op statistiek van plaas aanvalle . Hoop oom sterk sommer vinnig aan !!!!

Geweergereed ·

Hou gewere ten alle tye reg vir ‘n onverwagse aanval.

GP ·

Huis verharding. Kry jul sekuriteit beter. Maak seker toegang is baie moeilik.

N Staal deur waar n breuk yster net redelik naby die slot kan inkom breuk hulle ooo in minder as n minuut.

Sweis staal in oor die opening. As jy ou mense ken help hulle hiermee.

Alida ·

Hou tog op raadgee en help soek na die skurke. Bly die oom lewe.

humor ·

Aaaag Alida tog man!!!!!!!!!!!!!!!! Dis net reg, gemeenskappe moet mekaar tog bystaan en ontdersteun. Al wyse waarop gemeenskapsparaatheid gekweek kan word,

Sê net ·

Alida stel seker voor dat ons oop deure en oop vensters moet hê. Asook geen sekuriteits stelsels nie….. Want ons kan mos maar lekker soek na die aanval….. SAP is besonders paraat en toegerus met nodige opleiding en tegnologie…… Wat se droom wêreld bly sy in?

Sê net ·

Alida stel seker voor dat ons oop deure en oop vensters moet hê. Asook geen sekuriteits stelsels nie….. Want ons kan mos maar lekker soek na die aanval….. SAP is besonders paraat en toegerus met nodige opleiding en tegnologie…… Wat se droom wêreld bly sy in?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.