82-jarige ontsnap huisbrand

Die plaaslike brandweerdiens Saterdagoggend op die toneel. (Foto: ER24)

ʼn Bejaarde man (82) van Randburg in Johannesburg kon daarin slaag om net betyds uit te kom toe ʼn brand Saterdagoggend by sy huis uitgebreek het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, het in ʼn verklaring gesê paramedici en die plaaslike brandweerdiens is omstreeks 10:45 na ʼn huis in Gordonweg in Bergbron ontbied.

Volgens Campbell is ʼn bejaarde man met hul aankoms op die toneel buite die brandende huis aangetref.  Die man kon daarin slaag om net betyds weg te kom voordat die huis in puin gelê is.

Die man is op die toneel vir rookinaseming ondersoek en is ongedeerd bevind.

Volgens Campbell was paramedici teen vanmiddag nog op die toneel om die brandbestryders te ondersoek wat die brand geblus het.

Dit is in die stadium nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frederik C ·

Moet seker lees ” 82 jarige ontsnap uit brandende huis”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.