82-jarige ouma in Limpopo vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

Die polisie in Limpopo is op soek na die verdagtes wat ʼn bejaarde vrou Saterdagaand in Jane Furse buite Lebowakgomo vermoor het.

“Betty Phaswane (82) was alleen in haar huis toe haar broerskind haar omstreeks 20:00 verlaat het,” het lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, gesê. “Toe hy omstreeks 02:30 terugkeer, het die yskasdeur oopgestaan en sy klere het oor die vloer gestrooi gelê. Hy is na sy ouma se kamer waar die deur oopgestaan het. Hy het haar dood aangetref in ʼn plas bloed op die vloer.”

Die polisie is ontbied en ʼn soektog is van stapel gestuur na die aanvallers.

Die motief vir die moord is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ouma ·

Broerskind wou seker spensioen geld he en ouma wou nie gee nie!

Elsa ·

Wanneer gaan die regerende party dan aandag begin geen aan al hierdie onsinnigheid?
Tyd dat die draai kom sodat daar diingend planne in plek sal kom om misdaad hok te slaan…

madels ·

Dit moet verskriklik wees vir die kind om op sy ouma af te kom, hoop hy is ok en sal berading kry………Ouma wees asb n bietjie meer sensitief, nie almal is kriminele nie

Nuuskierig ·

Maroela, is dit nou haar broerskind of haar kleinkind? In die tweede reël van paragraaf 2 praat julle van haar broerskind en in die 7de reël praat julle van “sy ouma se kamer”. Sterkte aan almal betrokke

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.