83% sê ‘ja’ vir staking by Sasol oor wit uitsluiting

Sasol se Secunda-aanleg. Foto: Jóhni Steenkamp

Altesaam 83% van Solidariteit se lede by Sasol in Secunda het ja gestem vir ʼn staking teen die maatskappy se uitsluiting van wit werknemers uit ʼn personeelaandeleskema. Solidariteit-lede by Sasolburg se aanlegte sal op Maandag 27 Augustus oor die aangeleentheid begin stem.

Dit sal die eerste keer in Suid-Afrika se geskiedenis wees dat wit werkers oor rasse-uitsluiting staak. Afgesien van die staking beplan Solidariteit ook ʼn nasionale protes waaraan mense landswyd sal kan deelneem.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, is die Sasol-kwessie ʼn gevallestudie oor die uitsluiting wat wit mense oor die algemeen ervaar.

“Ons gaan ʼn reuseveldtog van stapel stuur waardeur mense die Sasol-werkers sal kan steun. ʼn Spesiale blad is op www.solidariteit.co.za geskep waar mense dié werkers kan steun,” het Hermann Sondag gesê.

“Steun vir die staking is oorweldigend. Dit dui op die vlakke van frustrasie onder ons lede. Sasol het net eenvoudig té ver gegaan. Die reël wat ten opsigte van personeelaandeelskemas by ander maatskappye geld, veral in die mynbedryf, is dat alle werknemers daarby ingesluit word, ongeag ras. Die onderliggende boodskap wat ons uit ons lede se antwoorde kry, is dat genoeg genoeg is!” het Hermann gesê.

Herman het gesê dié aksie spruit nadat Sasol ʼn bemagtigingskema, Khanyisa, afgekondig het wat aandele ter waarde van R500 000 aan sy swart werknemers toeken. Khanyisa volg op die Inzalo-skema wat finansieel misluk het. Inzalo het wel wit werknemers ingesluit.

“In praktyk beteken dit dat ʼn wit Sasol-werknemer wat 30 jaar by Sasol werk, geen voordeel kry nie, maar ʼn werknemer wat drie maande by Sasol werk, kry R500 000. Werkers wat dieselfde werk doen, kry verskillende voordele. Die besluit van Sasol gaan werkers in rassekampe verdeel en gaan rassespanning opjaag,” het Hermann gesê.

Hermann het gesê die konsepmynbouhandves wat onlangs in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer is, maak dit duidelik dat ʼn personeelaandeelskema inklusief moet wees en nie werkers op grond van ras mag verdeel nie.

“Die manifes maak net voorsiening vir werknemers wat reeds deur aandeelskemas vergoed word. Ras is nie ʼn kriterium nie. Sasol se skema druis lynreg in teen die mynbouhandves en die praktyk in die bedryf. Hul skema is ʼn onbuigsame rasseskema wat net ten doel het om bemagtigingspunte te kry. Dit gaan nie oor die bemagtiging van werkers nie, maar oor die kommersiële waarde van ʼn telkaart,” het hy bygevoeg.

Solidariteit verskil ook van Sasol oor die hantering van die vorige skema, Inzalo, en die uitsluiting van pensionarisse van verdere voordele van dié skema.

Solidariteit het ongeveer 6 300 lede by Sasol. Inzalo het op 18 Mei vanjaar ten einde geloop.

Solidariteit het ʼn dispuut by die KVBA aangeteken en aangevoer wit werknemers mag staak om soortgelyke voordele te bekom. Die KVBA het einde Mei bevind dat Solidariteit se dispuut as ʼn saak van gemeenskaplike belang geklassifiseer en dus verder deur die KVBA ondersoek moet word. Solidariteit-lede is kort daarna amptelik toestemming gegee om wettig te staak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

76 Kommentare

Andre ·

Ek verstaan werklik nie Sasol se motivering om ‘n deel van sy werksmag te benadeel nie. Dit is ‘n besluit wat totaal en al gegrond is op ras. Dit mag tog mos nie? Dink maar ek sal volgende keer verby hou wanneer ek weer brandstof moet ingooi. Nee man Sasol, hoe dan nou. om dan nou blatand te verkondig dat julle blanke werknemers niks vir julle beteken nie. Alle steun aan die werkers en Solidariteit met die voorgenome staking.

ELDE ·

Beste van als is dat Sasol eintlik aan die blanke belasting betaler behoort. Dis begin met blanke belasting en blanke ontwikkeling, beplanning, brein krag, arbeid en inisiatief. Hoe dan nou. SPUR hulle.

Callie ·

Asb, alle wittes moet die manne ondersteun. Ek verstaan nie. Dit is duidelik rassisme. Hoeklm word SASOL nie hof toe gevat. Die ander opsie om geen Sasol brandstof in te gooi nie is ook daar alhoewel ons weet al die ander petrol maatskappye kry ook petrol van Sasol af.

PW ·

Ek wag net tot hulle amptelik staak, dan gaan gooi ek maar op ‘n ander plek petrol in tot Sasol bykom in die lewe.

Lindtjies ·

Die CEO’s van Sasol het klaar gesê daar is nie ‘n manier wat die blanke werknemers daardie R500 000 se aandele gaan kry nie.

Johan ·

Rassisme deur en deur vanaf Sasol. Van nou af gooi ek brandstof by ander stasies in. Aan watter brandstof stasies verskaf Sasol brandstof, sodat ek hulle ook kan vermy?

Ek se maar net ·

ABSA is ondersteuners van Sasol deur kliente n bonus terug te betaal as hul Sasol ondersteun. Albei het my steun verloor

Frances ·

Hoe belaglik om Absa hierby in te sluit asof hulle moes geweet het! Hulle terug betaal bonusse is al jare aan die gang.

H.A. ·

Hoe gaan hulle staak ? Gaan hulle plunder en afbrand… of met plakkertjies eenkant saamdrom met skuldige uitdrukking op hulle gesigte ? Wel hulle sal gesien word, en dis al. Maar in elk geval sterkte.

Adoons ·

Die Solidariteit-manne is darem nie so skadeloos nie, H.A. Hulle is meestal in tegniese posisies met die gevolg dat ‘n staking groot dele van Sasol totaal lam kan lê.

AgAsseblief ·

Om sarkasties te wees gaan nie help nie. Ek ondersteun hierdie mense. As hulle staak sal dit dalk Sasol tot ander insigte bring. Mens hoef nie geweldadig te wees nie.

ZIMPOPOL ·

Net n vraag…ons stem almal saam oor hierdie rassisme en wit benadeeling.
Word hierdie tipe sake versprei en geplaas op you tube en ander media platforms in die buiteland sodat die bewus making behoorlik uitgedra word.?

Pietman ·

Baie goeie vraag. Hierdie tipe goed moet hatd en duidelik uitgebasyn word vir die wêreld om te hoor.

Dink Self ·

Ons sou hierdie artikel kon versprei as dit in Engels was…

Robert ·

Vandat ek van hierdie blatante diskriminasie bewus geword het, het ek alreeds begin om Sasol te boikot. Ek is klaar met instansies wat my geld gebruik om aan te jaag!

BB ·

Snaaks genoeg is dat daar ander maatskappye ook witmense uitsluit in hulle aandele skema, wat hier tel daar is n unie wat agter hulle staan. Santam doen presies die selfde. Wit mense kry nie aandele. Daar is geen unie wat hulle daar kan teenwoordig soos by Sasol nie. Ek hoop dat ander instansies ook begin staan op hulle regte net soos Sasol.

Willem ·

BB ek het my lewe vir Santam gegee, ek weet waarvan jy praat.

What a joke! ·

As n blanke witman stuur ek sasol in sy maai in…
Ek vul eerder by n ander nie rassistiese maatskapy dankie…
Ek beveel hard aan ander blankes doen dieselfde….

Jordaan ·

Laat weet asb as jy daardie nie-rassistiese mpy kry, want die meeste van hulle weier om enige franchise aan ‘n wit mens te verkoop.

KanekVra? ·

Ongelukkig weet ek nie waar ons nie rassistiese vulstasies gaan kry nie. Meeste van hulle verkoop wel nie aan blankes franchises nie.

Vonnie ·

Peet, jammer, maar ek dink nie die MRK gaan die wit mense anders as Sasol behanded nie.

KanekVra? ·

Ek het 2 jaar terug ‘n klagte by die MRK ingedien, en tot op hede GEEN reaksie gekry nie. Ek glo nie in die MRK nie.

HPV ·

Die tyd het aangebreek dat alle besighede, instansies en produkte geboikot word, deur ons as minderheidsgroep, sodra ons op enige manier benadeel word!

Al ·

En dit aan die groot internasionale klok te hang.
Ons stemme moet gehoor word!

Jaco ·

Net n vraag…Suid Afrika is mos deel van die Agoa ooreenkoms wat stipuleer dat landsburgers gelyke regte moet hê asook privaat eiendomsreg….hierdie druis mos in teen die “gelyke regte” gedeelte, kan ons dan nie uitgeskop word hieroor weens die blatante rassisme wat aangaan in hierdie land teenoor blankes nie??

Paul ·

Ek het vandag die eerste keer in baie jare die gedrukte Rapport gekoop, toe ek hy die huis aankom lê die Sunday Times in plastiek op die oprit. Ek het vlugtig deur van die artikels gegaan en kon met die eerste oogopslag sien dat dit wat ons op die internet lees net ‘n krieseltjie oor berig word van wat werklik in die land aangaan. Die land is in ‘n baie groter gemors as wat ons dink. Koop vadag hierdie twee koerante en vergewis julself.

Paul ·

In Rapport bv lees ek dat Louis Meintjies, president van TLU SA, het aan Rapport gesê hy sal geen ooreenkoms onderteken wat Mabuza ook onderteken het nie.

Attie ·

dis presies hoekom ek n rassis is, dis sulke tipe dinge wat my so gemaak het

janneman ·

Omtrent al die “oorspronklike” brandstof maatskappye in SA het uitruil ooreenkomste met Sasol, so om Sasol te boikot sal net die vulstasie eienaar skade berokken, want die ander maatskappye sal n verhoogde bestelling by Sasol plaas…..Die nuwe maatskappye soos Puma en MBT en al daai voer in via Mosambiek, en n algehele boikot van die oorspronklike vulstasies sal hulle dwing om ook met Sasol in gesprek te tree, want Sapref en die Kaapse raffinaderye sal nie hulle filiale alleen kan voorsien nie

Johannes ·

Ek hoor wat jy se maar meeste eienaars van Sasol vulstasies waar ek al brandstof ingegooi het is of swart of indiers so ek meeste van die Tyd Caltex in

Johanna ·

Sasol, Santam, Sanlam, ons universiteite, noem maar op, is deur WITTES begin. Al wat die ANC-regering kon regkry, is om oor te neem en alles in die grond in “bestuur.” Hulle kán nie bestuur nie, net afbrand en verwoes! Self kon hulle NIKS tot stand bring nie en is kwaad daaroor, daarom word teen die wittes gediskrimineer. Tipies Afrika!

CD ·

Ek is getroud met n indier man wat vir Sasol werk. Hy kwalifiseer vir die aandele. Hy moes invul wie sy aandele kry as hy tot sterwe sou kom en so mag hy my nie as n begunstigde nomineer nie omdat ek wit is al is ek sy vrou. Hulle wil ten alle koste vermy dat n wit persoon aandele kry. Hy het by solidariteit aangesluit en gaan ook staak.

Helen ·

Sterkte aan die stakers en ek hoop dit is net weer ‘n 1 dag staking nie want dit is hoekom die blankes uitgelag word want ons word gesien? as papbroekig en wil nie ‘n dag se loon verloor vir die doel nie. As jul staak doen dit ordentlik m.a.w weke as dit moet tot jul stem gehoor word.

IK ·

http://www.gelofteland.org/index.php/ons-volk/23-kultuurdagboek/1658-26-september-1950-sasol-geregistreer EN https://fnsa.co.za/etienne-rousseau-van-sasol/2017/09/2044/geskiedenis/volktolk/
Ons SASOL wetenskaplikes waarna twee teaters ook vernoem is nl. Johannes Stegman (Secunda) en Etienne Rousseau (Sasolburg). Daar was ook die vermetelheid om Secunda se teater se naam te wou verander maar wat gelukkig nie geslaag het (ek weet want ek was deel daarvan). Met verkoop van eerste erwe 1906 van Trichardt sê die brosjure ‘Het wordt erkent dat er in den Transvaal geen beter kool bestaat dan die van het beroemd Steenkoolspruit distrikt, insluitende eigendommen rondom Trichard . . . ‘
Met die koms van SASOL 2&3 word (Maart 1976) Lool Odendaal en gesin die eerste inwoners van Secunda. Ek dink terug aan De Vos, Matthee, Joubert, Herbst, Coetzee, Cronjé, Claassen, Elenbaas, Roets, Grové, Way, Allen, Barbour wie almal boere was in hierdie omgewing en hul plase moes afstaan.
Daar waar ek as seun met pa se Winchester .22 (nou in my besit en 85 jaar oud) kon rondloop en in Oom Jim Matthee se plaasdam kon swem. Wonderlike herinneringe wat nou rassisties deur SASOL misbruik word. SASOL wat ontstaan het uit die breinfunksie van die AFRIKANER.

Skyspy007 ·

IK, gaan kyk gerus wie se foto hang agter in die konsistorie in die eerste kerk in Secunda….my pa s’n. Ek het saam my pa die grond bewerk en gewoeker wat aan wyle oom Johannes en Petrus de Vos behoort het…waar Secunda vandag staan. My vader draai in sy graf om en is verseker baie rustig, hy sou nie al hierdie nonsense van Secunda…en verrotte SUID AFRIKA kon hanteer nie. Ek staak namens die wittes by Sasol teen hulle besluit!

Sputnik ·

….en dan gooi ek nou al vir ‘n hele paar jaar hoofsaaklik Sasol in met ‘n Absa kaart om die “tot 15% “rewards”” te kry!! (Let wel, dit wissel, by Middelburg, Kaap is die persentasie nie die moeite werd nie). Ek sal nou ernstig moet besin hieroor!

Sputnik ·

Ons ID-nommers se laaste syfers is dan kwansuis ongev. 1994 verander omdat dit ras aangedui het? Hoe de joos onderskei Sasol dan nou – slegs op kleur en vanne? Hoe gaan hulle onderskei tussen die kinders van CD hierbo en ‘n ander paar se kinders? Eish!!

Johan Smith ·

Hier is nog ‘n MiWay storie. Suksesvol gemaak deur blankes se geld en nou wil Sasol omdraai en sy blanke werkers die middel vinger wys. Sasol wat alreeds van 1955 bestaan het destyds begin deur die blanke se belasting geld om die sanksies van die wereld teen te staan om petrol te vervaardig uit steenkool. Erens in die jare daarna het SASOL sy wortels vergeet hoe hy ontstaan het en hoekom hy gestig is. Ek dink is tyd dat ons as Suid Afrikaners SASOL boikot. Ons kry geen voordeel uit hulle produksie vir die land nie, terwyl hulle miljoene maak uit die olie prys wat natuurlik geen invloed het op hulle petrol uit steenkool nie. Ek haal uit verslag van Wits “..the global oil price is massively higher today (approximately $100 per barrel), far exceeding the estimated cost of SASOL producing a barrel of petrol (approximately $40, though SASOL
treats the precise amount as proprietary)”. Sasol hoef nie bekend te maak wat die koste per liter petrol is nie en produseer ongeveer 30% van die land se petrol verbruik !!!! Kom ons staan saam en boikot die aankoop van SASOL petrol. https://wiser.wits.ac.za/system/files/seminar/Sparks2013.pdf.
Indien SASOL die blanke kan benadeel deur hulle te ontken vir die profyte wat gemaak word, kom ons staan saam om ons mede blanke mense te ondersteun. Ons kan SASOL benadeel deur ons ondersteuning en rande van hulle pompe te onttrek. Eendrag maak Mag en ons kan hulle besluit verander!!!

Piet ·

Ek stem. Moenie meer hulle produkte koop nie. Die swartes word ook finansieel ondersteun as hulle n besigheid begin wat 100% BEE bedryf word, die wittes nie. Wat n diskriminasie.

Ou Sasol werker ·

Gelukkig is hier waar ek bly nie n Sasol nie. Maar die wit mense moet in die shutdown staak.

Jozi ·

Ek voel soos iemand wat op die “band wagon” spring, maar vandag se ek dan maak ons maar so – Sasol sien my nie weer nie!
Ek is nou keelvol / gatvol verby vir die blatante “in your face” diskriminasie teen mense wat blykbaar heeltemal te bleek is.

Estelle ·

Sasol het so 3 maande terug beurse geadverteer wat deur Inzalo gefinansier word. Nou vra ek, hoe finansier jy beurse met’n bankrot skema?????

Ou Sasol werker ·

Ek stem laat die myne staan en sit die aanlegte af. Wys die bestuur. Wat van die ouskema se geld.

Gerhard Swanepoel ·

Sasol is Rassisties!! SABTR – Suid Afrikaanse Blanke teenstand Raad ondersteun die aksie ten volle!!

Sinies ·

Sasol is n staatsbeskermde besigheid, wat skatryk word uit brandstof.
Alle brandstof gebruikers betaal hiervoor.

Ek staak saam ·

Vandag is Sondag. My oog val op die koerant se voorblad. Amerika het begin kennis neem van die grondgrypery en daar gaan ‘n staking wees by Sasol. Ek sug sommer. Stakings… Maar dan vang my oog ‘n frase. Wit werkers gaan staak? Soos ek die artikel lees weet ek skielik ek wil ook staak. Oor die onregverdigheid. Oor die ongeregtigheid. Oor die onverdraagsaamheid. Hulle trek die streep. Ek voel my hart weer klop. Dis nie van angstigheid nie. Dis selfvertroue, besef ek. Ek steun die Sasol-stakers. Julle verteenwoordig my en my mense. Genoeg is genoeg. Staak saam by https://goo.gl/h29RAD

Lerato ·

Die regering het Sasol gebou met die bealsting wat gehef is wat veral die arm man betaal het.

Toe dit geprivatiseer is, is dit in groot maat aan rykes verkoop.

Ek gooi nie ‘n druppel Sasolin my tenk nie.

SAnik(s) ·

Maklik. Hou op SASOL ingooi, maak die plek toe en skielik is die R500000 se aandele niks werd nie.

Bad ·

Mooi manne!!

Kry ons ou manne wat aan die vorige skema behoort het Niks. Met 20 jaar diens ?
Sasol het ons 2 jaar terug laat gaan , met die hoop vandie uitbetaling na 2 jaar.

Bad news vir ons ouens.

Riaan ·

Gee die name vd Vulstasies wat nie soos Sasol is nie.Nie hoor se nie. Feite

.. ·

Vat so Sasol – staan saam alle wit mense. Dis wat ons land nodig het – wit mense wat saamstaan. Klaar met Sasol ook – ons word altyd geskrimineer – hene hoeveel moet ons nog vat. Dit is net exciting iets wat gebeur. Ons staan saam.

Elizabeth ·

Gaan kyk ‘n bietjie hoeveel witmense die afgelope 3 jaar weg is (buiteland toe) omdat Sasol teen hulle diskrimineer. Alles hoogs geskoolde werkers in uiters skaars beroepe (ek weet van 6 instrumentmakers wat buiteland toe is en daar met werksaanbiedinge oorval word).

pjk ·

Shutdown alle aanlegte die dag wanneer julle staak of loop net van die aanleg af. Slaan waar die seermaak.

pjk ·

……wanneer julle staak, moet asb nie net weer voor die hekke staan en julle getalle wys nie……doen iets asb en maak seer sodat Sasol van julle bewus kan wees

Blue Butterfly ·

Welgedaan dat blankes nou bymekaar staan tov die wit stakers. Mag hulle sukses behaal en mag ons blankes ‘n les hieruit leer en deur meer sulke dade ons stem hard en duidelik laat hoor. Mag ons hardverdiende geld spandeer word by winkels en maatskappy waar ons blankes nie vertrap en misken word nie.

DinkBiejie ·

Ek ondersteun hierdie mense honderd persent. Wat die afgelope 24 jaar besig is om te gebeur in Suid-Afrika is ‘n skande. As hierdie ouens by Sasol staak en lank genoeg uithou, hoe gaan Sasol aangaan? Ek twyfel of Sasol nie gehoor sal kan gee nie.

Antiestabliesment ·

Soms voel ek dat ons alles wat deur hulle oorgeneem word, soos Universiteite, hospitale, Sasol and ander, moet afbrand. Al die boere Orania se rigting moet kyk en dan die spul los met niks wat werk nie. Hulle sê mos hulle het niks, so dit pla nie as hulle die kolonialistiese instellings verloor nie.
Dan bou ons eenvoudig met bloedsweet en kennis ons eie en basta. Ek is te oud om nou te emigreer. My kwalifikasie en beroep vaardighede is nie van so aard dat ek op my ouderdom (52) ‘n kans staan om te loop nie, en genoeg geld het ek nie daarvoor nie. Dus moet ek bly en fight. My voorreg?
Die wat die vaardighede het, gaan en kry ‘n beter toekoms elders. Die dag as die fight uitbreek en ek sien dis die einde, dan neem ek soveel saam met my as wat ek kan.
…en dan soms voel ek anders.

Realis ·

Ek kyk nou deur die kommintaar en ek dink, hoe gaan 100 of 200 blankes wat by ‘n ander petrol pomp gaan volmaak nou ‘n verskil maak? Dis soos om teen ‘n orkaan te skree. Julle gaan Sasol NIKS maak nie. Al wat gaan gebeur is julle gaan beter oor julself voel. Taxis ry gemiddeld ongeveer ‘n tenk brandstof ‘n dag uit. Die meeste blankes neem ‘n week of twee om dieselfde te doen. Hulle is 10x meer as ons. Hulle het ook motors. Gaan sit nou net en dink oor hoeveel effek julle “protes” gaan hê. Om te dink julle gaan Sasol “SPUR” is sinneloos. Steun liewers die 6300 werkers wat moontlik gaan staak met kospakkies, huisverband betalings, skoolfonds bydraes, water en ligte rekening betalings en ander noodsaaklike uitgawes. Skielik lyk die geskree vir stakings nie meer so romanties nie nê???

Johan ·

Realis dit gaan nie oor die 100 of 200 wat iets doen nie, maar dit gaan oor die res wat niks doen en dan kommentaar lewer dat niks kan of gaan verander nie. Doen jouself ‘n guns en vra die taxi eienaar of hy by Sasol ingooi? As die Sasol naby die taxi eienaar nie die spesiale prys vir hom gee nie gaan gooi hy dit in by die vulstasie wat wel deur die staat gesubsidieer word wat ek en jy in elk geval nie die voordeel van het nie. Ons het in Meyerton goeie voorbeeld van dit hier is vulstasie regoor die taxi staanplek en ek het menigmale daar gekyk geen taxi wat daar volmaak nie……. waar maak hulle vol? By die vulstasie in hulle woongebied wat goedkoper petrol het vermoed ek. Ja dit gaan my goed laat voel om ander mede blankes by te staan. At least het ons iets gedoen.

Antiestabliesment ·

Ja realis

dit gaan nie net oor ekonomiese seermaak nie. dit gaan oor beginsels. Is jy beginselloos?

Lizl ·

Ek verstaan nie hoekom die werkers nog nie staak nie. Wat sloer Solidariteit so? CCMA het meer as `n maand terug al toestemming gegee tot wettige staking.

Dink bietjie ·

Kyk na Realis se bydrae hierbo. Dalk dink die werkers aan dieselfde redes hoekom om nie te staak nie. No work no pay.

Verstom ·

Realis se kommentaar is absoluut so waar. Ons kan eerder vir Solidariteit vra om ‘n petisie te teken ter ondersteuning en om ons misnoë te kenne te gee en soos Jaco tereg wys oor die Agoa ooreenkoms, om die petisie aan die regte instansies te stuur vir optrede.

Arno ·

Dit aksie moet nie net by SASOL gebuer en stop nie, dit moet oor al die besighede klein of groot wat ly asgevolg van die bedrywighede ongeag.

Anton ·

En wat van vodacom. Hou maar ogies op n ander tv monopoly daar in Randburg

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.