83 skoliere by skool gemolesteer

Argieffoto

Die skoolhoof en haar bestuurspan van AB Xuma Primary School in Soweto is met onmiddellike effek afgedank.

Steve Mabona, woordvoerder van die Gautengse departement van onderwys, het gesê dit volg ná die ernstige aard van die bewerings van seksuele aanranding by die skool. ʼn Veiligheidswag van die skool is Maandag in hegtenis geneem in verband met die seksuele oortredings. Hy het Woensdag in die Protea-landdroshof verskyn en moet op 18 Oktober weer in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig 54 kinders is aangerand, maar dit het intussen aan die lig gekom dat altesaam 83 kinders slagoffers was.

“Ons sal met die skoolbeheerliggaam vergader om te bepaal waarom hulle nie ontbind moet word nie. ʼn Onafhanklike liggaam is aangestel om alle bewerings teen die skoolhoof en haar bestuur te ondersoek.”

Mabona het gesê die departement is tevrede met die beradingsproses wat bestaan uit lede van die departement van onderwys, die departement van maatskaplike ontwikkeling, departement van gesondheid en die Teddy Bear-kliniek. “Ons sal die situasie fyn dophou.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Hanna ·

Dit klink of daar n between was. Maak ook die blik met wurms en laat almal betrokke sambok kry.
Dis n ramp dat kinders nie meer veilig is in die Onderwys stelsel nie.

Korrupsie in Onderwys se bestuur van skole moet oopgevlek word

Johanna Botha ·

83 …goeie mens dis VROT ! Watse waardes het die mense in dien enige …die regter se woorde kom weer by my op …hard en duidelik !

Eina! ·

Kyk maar wat is deesdae aanvaarbaar op sosiale media, TV, tydskrifte ens. ens. mense het die grense gedruk en die sielsiekes onder ons buit dit uit. Dis tyd dat daar weer bietjie “gesensor” word aan wat aan die publiek gewys word. So jammer vir al die kinders en vrouens wat teikens geword het, selfs ‘n paar onskuldige mans ook :-(

Die probleem Eina... ·

….is dat sodra jy vir iemand sê DIT of DAT is verkeerd – is JY die persoon wat judge. Mens mag mos nie meer uitwys as iets verkeerd is nie, want dan vat jy aan iemand se “regte”
Ons wêreld is siek.

Blondie ·

Dis groot sonde om oumense, kinders en diere te mishandle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.