83 stakende mynwerkers vas

Polisiebeamptes by van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Verskaf

Die polisie in die Vrystaat het 83 mynwerkers by die Beatrix-myn in Theunissen in hegtenis geneem.

Brig. Motantsi Sam Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die eenheid vir openbare orde het die mynwerkers in hegtenis geneem aangesien hulle ʼn hofbevel verontagsaam het deur te betoog op ʼn ander plek as wat toegeken is vir hul wettige staking.

Volgens Makhele is daar tydens die inhegtenisnemings op 92 gevaarlike wapens beslag gelê, waaronder knopkieries, ketties, spiese, pangas en ʼn graaf. “Die mynowerhede het die polisie bygestaan deur onder meer ʼn bos te verwyder waar stakende mynwerkers weggekruip het en verbygaande busse wat werkers aflaai met klippe bestook het.”

Makhele het gesê die plek waar die mynwerkers in hegtenis geneem is, is dieselfde gebied waar ʼn polisievrou ernstig beseer is ʼn paar weke gelede. Die beampte het mynwerkers wat in hegtenis geneem is, vervoer toe sy aangeval en van haar dienswapen en ʼn videokamera beroof is.

“Die enigste manier om die gesag van die staat te handhaaf, is om seker te maak mense wat beweer hulle is besig met ʼn wettige staking het nie gevaarlike wapens in hul besit en stel in die proses mense se lewe in gevaar nie,” het lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, gesê.

Die verdagtes sal na verwagting binnekort in die Theunissen-landdroshof verskyn.

Van die wapens waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Netso ·

Is dit nie ironies nie ? Hierdie tipe “staak of net eenvoudig brand en plunder” is algemeen in SA! Nou dat SAP ñ rede het met een polisie-vrou se besering kan hulle skielik doen waarvoor hulle in die eerste plek betaal word! PATETIES!!!!!

Sandra Bester ·

Fantasties! Dit is goed om te sien die regering begin uiteindelik in die regte rigting beweeg. Stakende werkers is besig om die ekonomie lam te lê is Rustenburg/Marikana omgewing word alles geplunder en vernietig miskien kan ons hier ook weer wet en orde kry !

Natascha ·

Goeie werk, die polisie word altyd blameer dat hul nie hul kant bring. Drie hoera’s vir jul. Puik werk.
Wat die stakers nie besef, hoe meer hul afbrand en blunder hoe meer van hul gaan hul werk verloor, want daar moet weer reggemaak word wat hul plunder en brand. DINK VOOR JUL DOEN. Waar is die dae wat daar gestaak is sonder al die skade????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.