84-jarige van Stilfontein vas ná hy glo sy vrou vermoor

crime scene tapeKobus Groenewald (84) het Maandagoggend in die Stilfontein-landdroshof verskyn nadat hy glo oor die naweek sy vrou, Dienkie (69), tydens ʼn rusie met ʼn mes doodgesteek het.

Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Maandag aan Maroela Media gesê sy hofsaak is uitgestel tot 19 Mei wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. “Groenewald is Saterdag by sy huis in hegtenis geneem,” het Makau gesê.

Hy en sy vrou het vermoedelik Vrydagaand baklei, waarna hy haar glo met ʼn mes in haar kop en arms gesteek het. “Daar was geen geforseerde toegang tot die huis nie. Dienkie se liggaam is in die badkamer aangetref,” het Makau verduidelik.

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

2 Kommentare

Marlene ·

Waaroor kan ‘n man van 84 jaar met sy vrou baklei en haar nog doodsteek ook. Twee bejaardes, dit breek mens se hart.

Peter Says ·

Tragies, hierdie rusie het sterk brandewyn ondertone.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.