Kobus Groenewald (84) het Maandagoggend in die Stilfontein-landdroshof verskyn nadat hy glo oor die naweek sy vrou, Dienkie (69), tydens ʼn rusie met ʼn mes doodgesteek het.
Kapt. Pelonomi Makau, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Maandag aan Maroela Media gesê sy hofsaak is uitgestel tot 19 Mei wanneer hy na verwagting om borgtog sal aansoek doen. “Groenewald is Saterdag by sy huis in hegtenis geneem,” het Makau gesê.
Hy en sy vrou het vermoedelik Vrydagaand baklei, waarna hy haar glo met ʼn mes in haar kop en arms gesteek het. “Daar was geen geforseerde toegang tot die huis nie. Dienkie se liggaam is in die badkamer aangetref,” het Makau verduidelik.
Die polisie ondersoek ʼn saak van moord.
Waaroor kan ‘n man van 84 jaar met sy vrou baklei en haar nog doodsteek ook. Twee bejaardes, dit breek mens se hart.
Tragies, hierdie rusie het sterk brandewyn ondertone.