85 onwettige mynwerkers bly agter tralies

Die mynskag naby Orkney in Noordwes waar die polisie toegeslaan het. (Foto: SA Polisie/Valke)

Altesame 85 onwettige mynwerkers wat verlede week by ʼn mynskag in Orkney, Noordwes, vasgetrek is, sal agter tralies bly terwyl die ondersoek voortduur.

Die verdagtes het Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn op verskeie aanklagte, waaronder onwettige mynbou, poging tot moord en die onwettige besit van goud.

Maroela Media het vroeër berig dat ses van die onwettige mynwerkers in ʼn skietery met die polisie doodgeskiet is, terwyl ʼn verdere agt tydens die voorval gewond is.

Volgens Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, is ses van die agt verdagtes wat verlede week gewond is, reeds uit die hospitaal ontslaan.

“Die ander twee is nog onder polisiebewaking in die hospitaal.”

Die polisie het verlede week beslag gelê op twee minibusse, myntoerusting, goudstof, 11 onwettige vuurwapens – drie haelgewere, drie gewere, vier pistole en ʼn rewolwer – asook sakke met kos.

Die verdagtes sal na verwagting op 8 November weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

3 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aai

Mooi gee hulle tou moet nie dat ons vir hulle sorg.

SjN

Waar en aan wie verkoop hul die goed, spoor hul ook op, solank daar n afsetgebied is sal dit nie stop nie.

Alta Alleman

Wanneer word die zama zamas in Jhb vasgetrek?