86 beseer toe vloer in PE meegee

Port Elizabeth Foto; Google Earth

Port Elizabeth Foto; Google Earth

Meer as 80 werknemers is beseer toe die vloer van ʼn vismaatskappy by die hawe in Port Elizabeth in die Oos-Kaap meegegee het.

“Die boonste verdieping van Eyethu Fishing het Donderdagaand omstreeks 20:00 meegegee,” het kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê. Altesaam 86 werknemers het kneusplekke en beenbreuke opgedoen.

Niemand is ernstig beseer nie en geen sterfgevalle is aangemeld nie.

“Dit is nog nie duidelik waarom die vloer meegegee het nie,” het Janse van Rensburg gesê.

Die beseerde werkers is na verskeie hospitale in die gebied geneem. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.