ʼn 86-jarige vrou is in Rosemore in George in die Wes-Kaap verkrag.
“Die vrou het Saterdagoggend omstreeks 02:00 wakker geword van ʼn venster wat breek,” het kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het gaan ondersoek instel en die verdagte het op haar afgestap gekom.”
Pojie sê die man het haar verkrag en haar mond met sy hande toegedruk.
Hy is toe daar weg en het gedreig om ook die vrou se kleinkind, wat in ʼn rondawel op die erf bly, te verkrag.
Die vrou het haar bure in kennis gestel en hulle het die polisie ontbied.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. -SAPA
Wat is die doel met die blanke manshande in die artikel? Is dit regtig die beste foto wat julle kon gebruik, teensy die verkragter ‘n blanke man was. Wat is die boodskap wat julle daarmee wil uitdra?
Dagsê Jacques
Dit is ‘n vrou se hande, dit is bloot ‘n argieffoto wat ons gebruik het.
Groetnis
Suné van Heerden
namens Maroela Media
Dit mag dalk ‘n vrou se hande wees…wie weet. Vir my lyk dit eerder soos mandshande en eerste indrukke tel wat in hierdie geval dan waninformasie is. Miskien was dit nie julle bedoeling nie maar…eerste indrukke tel. Daar is tog seker beter fotos beskikbaar wat nie so ‘n wanindruk sal skep nie.
Dit bring my sommer by nog ‘n vraag. Is dit ‘n blanke vrou wat deur ‘n ???? persoon aangeval is of….
Waarom hierdie opsetlike weerhouding van informasie? In Rosemore i die kans baie goed dat dit ‘n Kleurling vrou ook kan wees, howe sal ons dan nou weeet as die artikel niks laat blyk nie?
Dit bly hartseer wit of nie 86 jaar oud dit is vreeslik.
Wit, swart, bruin, watookal. Net n dierlike barbaar is in staat tot so n afskuwelike daad.
Wit,swart,bruin dit maak nie saak nie, vreeslik hartseer dat ‘n 86 jarige vrou daardeur moes gaan