86-jarige wreed vermoor in Limpopo

Argieffoto

Argieffoto

Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die wrede moord van ʼn 86-jarige man Woensdagoggend in Rotterdam, Limpopo, nie.

“Lede van die gemeenskap het die bejaarde Hlongolwane Jack Mkanza beskuldig van die moord en verkragting van ʼn vrou in die gebied,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Die vrou is verlede week in die gebied verkrag en verwurg.

“Die gemeenskap het Woensdagoggend Mkanza gestenig, ʼn buiteband om sy nek geplaas en hom aan die brand gesteek,” het Mulaudzi bygevoeg. Die verdagtes het van die toneel gevlug.

Genl.maj. Berning Ntlemeza, waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het ʼn spesiale taakspan op die been gebring om die voorval te ondersoek. Hy het die voorval ten sterkste veroordeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.