87 in Kuba opgelei vang graad

Argieffoto (Foto: DarkoStojanovic, Pixabay)

Die departement van gesondheid het Vrydag gesê 87 Suid-Afrikaanse mediese studente wat in Kuba as dokters opgelei is, het gister hul kwalifikasies van die Walter Sisulu-universiteit in Mthatha in die Oos-Kaap ontvang.

Volgens Foster Mohale, woordvoerder van die departement, is dit die grootste groep studente wat sedert die aanvang van die Nelson Mandela Fidel Castro-mediese samewerkingsprogram in 1996 afstudeer het.

Die groep studente is onderskeidelik van die Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes en die Noord-Kaap.

Dié nuwe dokters het vyf jaar se mediese studie in Kuba voltooi waarna hulle een jaar se kliniese opleiding by universiteite reg oor Suid-Afrika voltooi het as deel van hul integrasie in die Suid-Afrikaanse gesondheidstelsel. Die universiteite sluit onder meer Stellenbosch (US), Limpopo (UL), Vrystaat (UV), Pretoria (UP) KwaZulu-Natal (UKZN), Oos-Kaap (WSU), Kaapstad (UK) en Gauteng (SMU) in.

Dit bring die totaal mediese dokters wat deur die program opgelei is en tans in verskeie Suid-Afrikaanse openbare hospitale reg oor die land werk op 731 te staan.

“Dit is ʼn groot hupstoot, nie net om die uitset van mediese personeel te verhoog en sodoende primêre gesondheidsorg te versterk nie, maar ook vir die sukses van die Nasionale Gesondheidsversekering, die vlagskipprogram om die gehalte en doeltreffendheid van die gesondheidsorgstelsel te verbeter deur te verseker dat die reg op toegang [tot mediese sorg] nie bepaal word deur die sosio-ekonomiese toestand van ʼn individu nie,” het Mohale gesê.

Mohale het verduidelik studente word juis in Kuba opgelei as gevolg van dié land se suksesvolle implementering van die PHC-model wat universele gesondheidsdekking steun en die sleutel- strategiese doelwit van die Nasionale Gesondheidsversekering (NHI) in Suid-Afrika is.

Volgens Mohale is dié mediese program destyds op die been gebring in ʼn poging om die produksie van mediese dokters in Suid-Afrika aan te vul en te verhoog.

“Die hooffokus was om aandag te gee aan die oorkonsentrasie van gesondheidspersoneel in stedelike gebiede en in die eksklusiewe private sektor asook personeel wat nie oor die nodige opleiding beskik nie asook die ondervoorsiening van gesondheidsorg in landelike gebiede sowel as informele nedersettings.”

Dr. Joe Phaahla, adjunkminister van gesondheid, en Lubabalo Oscar Mabuyane, die Oos-Kaapse premier, het gister se 16de gradeplegtigheid van sy soort bygewoon.

“Baie dokters wat deur middel van die program gekwalifiseer het, het spesialiste in verskeie mediese velde geword. Een noemenswaardige prestasie is dié van ʼn dokter uit die Oos-Kaap wat pas geskiedenis gemaak het toe sy die eerste vrou van Afrika is om ʼn kardiotorakale chirurg in die land te word,” het Phaahla in sy toespraak tydens die gradeplegtigheid gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Johan ·

Ek is nou moedswillig om nou ‘n ding te vra. Hoeveel van die Kubaans – opgeleide dokters was betrokke by die reuse eise teen onbekwame mediese versorging?

Manie ·

Daardie graad so afgewater ek hoop nie ek’s ooit in n posisie waar en van hulle my”dokter”is. Ek dink is ingestel om die bee’s kans te gee om op dieselfde voet as ander te kompeteer. Wat n grap

Darryl ·

Give credit where credit is due…such a shame that none of those doctors include the racial spectrum we have in good old SA..

Gert van Wierdapark ·

Dit sou beter gewees het as hul hul “Zuma-jaar” in Kuba kon voltooi het, dan kon die eise daar plaasgevind het. Die Kubane sou mos goeie proefkonyne gewees het!! He-he-he

Maria E Roux ·

My kind is ‘n finale jaar mediese student en studeer nou saam met van hierdie studente. Die werklikheid i.v.m. hul kennis en werkywer is ver verwyderd van dit wat in hierdie berig staan. Hulle is totaal en al nie op selfde standaard van ander studente nie!! Behoede pasiënte wat aan hul sorg oorgelaat gaan word!!

Jimmy ·

SA se mediese grade is ook besig om hul status te verloor. Dit is nie meer soos die ou dae nie.

Anel ·

Behoede ons van hulle! Soos Rusland wat nie hul eie opgeleide dokters toelaat om daar te praktiseer nie!
Sal dan maar na ‘n veearts toe gaan!

Waat ·

Hulle voorspoed is ons teenspoed! Terwyl die ANC geld na Kuba se ekonomie pomp om die kommuniste aan die gang te hou, Payback aan Fidel!

A ·

Hulle gaan na Kuba vir opleiding want hier sou hulle nie geslaag het nie wat nog te sê keuring gekry het

John ·

… en hoeveel het ons deur die jare aan Kuba betaal vir die opleiding? Kuba se eie dokters is glo ‘n groot bron van inkomste vir die land. Ace het in die verlede daar geboer. Ons gaan nog die bitter medisyne moet sluk.

Robert ·

Ek beveel aan dat die mense en politici wat die program ge-inisieer en ondersteun het in die toekoms geforseer word om slegs van hul behandeling gebruik te maak en nie elders vir mediese sorg te gaan nie.

Waat ·

O ja John, sover ek weet word hulle ingenieurs en mediese kawalifikasies nie aanvaar in die Eerste Wêreld nie.

Kobus ·

Inderdaad, hulle moet weer inval by voorgraadse klasse om hulle grade in ontwikkelde lande te voltooi en daar te werk.

ne ·

Dankie tog ek ken dokters wat WERKLIK opgelei is en sal hulle besoek.

At ·

Robert, ek stem 100% saam met jou, laat hulle van hulle dienste gebruik maak.

Hanna Hoekom ·

Wonder wat van die klomp mediese studente geword het wat so n paar maande gelede daar in Kuba gedros het? Is hulle toe ooit aangekeer? En wat die Kubaanse dokters betref: good luck! Het saam met hulle in n staatshospitaal in Limpopo gewerk. Beslis nie op standaard nie.

Jimmy ·

Sover ek weet word Kubaans opgeleide dokters nie toegelaat om in die privaat sektor te werk nie, tensy hulle gedeeltes van hul grade oordoen. Die mediese fondse raak ook al hoe strenger en sal privaat pasiënte verbied om hierdie dokters te raadpleeg.

aj ·

Vir byvoeging in die posvereistes vir ANC politici:

Verpligte inwoning in ‘n ‘township’ … geen voorstedelike eiendom!

Slegs ‘township’ skole vir hulle kinders … geen model C of privaatskole nie!

Slegs staatsdokters, – klinieke en – hospitale. Geen buitelandse mediese toere nie!

Slegs karre in die prysklas laer as R500 000.

Vlieg SLEGS SAA! …. ekonomiese klas!

Reis en verblyf kostes minder as R900 per dag.

Want die land is BANKROT!

Penellope Jones ·

Wat is verkeerd met SA se universiteite?

Is Kuba se opleiding en universiteite dan baie makliker…….

Kallie ·

Net vyf jaar om ‘n mediese graad te verwerf? Dit sluit in een jaar om Spaans te leer, en een pre-med jaar. So, net drie jaar in ‘n mediese skool. In die VSA neem dit nege jaar se studie om ‘n MD te word, en twee jaar se kliniese werk.

jaco ·

tog jammer die ware kommunistiese lande soos Oos-Duitsland, Pole en Hongarye is nie meer daar nie. mediese opleiding en versorging was van die beste daar.

Peter ·

Kwalifikasies met opleiding in Kuba…….dit gaan probleme veroorsaak.
Daar is reeds meet as a biljoen rand se eise teen hospitale agv verkeerde mediese prosedure wat dood en leiding veroorsaak het.

Danie ·

hul is ni op standaard nie moet ekstra opleiding kry ss hul terug kom SA toe. en hul mag nie druip nie. my dogter het saam met hulle gewerk

JAN ·

Die beginsel dat tabakprodusente ook die gesondheid moet sorg is ongelukkig korrek. of is dit kurrup?
Soos ń weermag na sy eie ongevalle kyk hmm?
Tabak is die grootste voorkombare oorsaak van siektes ooit.

HPV ·

Die wat hulle daar laat studeer het moet vir ten minste die volgende vyf jaar slegs deur hulle behandel te word.

JPV ·

Aan die een kant wil ek my dood lag. Aan die ander kant is dit eintlik verskriklik kommerwekkend en hartseer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.