87-jarige van Oos-Kaap dood aangetref

Argieffoto

Argieffoto

Lettie Rupping (87) van Tarkastad in die Oos-Kaap is Maandag in Whittlesea langs die pad tussen Mbekweni en Oxton aangetref.

“Rupping se buurvrou in Tarkastad het die polisie Maandag omstreeks 08:00 ontbied nadat een van haar werkers onraad vermoed het,” het kol. Sibongile Soci, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, Dinsdag in ʼn verklaring gesê. “Haar huis was gesluit en haar voertuig was nie daar nie.”

Sy is Sondag vermoedelik na die kerkdiens by haar huis oorrompel.

Die polisie in Tarkastad het dadelik ondersoek begin instel. Hulle is later in kennis gestel van die liggaam wat die Whittlesea-polisie in hulle patrolliegebied opgespoor het. Rupping se familielede het haar liggaam uitgeken.

Die gesteelde voertuig is in Cradock opgespoor.

“Niemand is nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie,” het Soci gesê. Die polisie versoek enigiemand met inligting om met hulle in verbinding te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.