88 000 tabletrekenaars uit Gauteng-skole onttrek

Argieffoto

Argieffoto

Die departement van onderwys in Gauteng sal 88 000 tabletrekenaars uit die provinsie se skole onttrek uit vrees dat die elektronika gesteel sal word.

Panyaza Lesufi, Gauteng se LUR vir onderwys, het aangekondig die tabletrekenaars sal onttrek word nadat verskeie skole onder inbrake deurgeloop het. Volgens Lesufi wil inbrekers spesifiek die tabletrekenaars steel wat deur die departement aan die skole oorhandig word.

Lesufi het briewe aan skoolhoofde gestuur wat versoek dat al die tabletrekenaars onmiddellik aan die departement terugbesorg word, sodat veiligheid by die skole eers opgeskerp kan word. Elf tabletrekenaars is glo gesteel waarvan vyf reeds teruggevind is. Die oorblywende ses sal opgespoor en teruggekry kan word sodra hulle aangeskakel word, het hy gesê.

Die LUR het Donderdag met betogende gemeenskapslede in Etwatwa in Benoni aan die Oos-Rand oor die vandalisme by skole gepraat. Hy het gesê skole se heinings, stoele, tafels en vensters is geskend en het bygevoeg dit is jammer dat skole die teiken van diensleweringbetogings is wanneer die betoging niks met onderwys te doen het nie. Hy het ook gesê sommige skole se rekenaars is deur vandale beskadig wat die daaglikse verloop van die skole beïnvloed.

“Wanneer hierdie mense by ons skole inbreek om tabletrekenaars te soek, vat hulle ander goed ook,” het Lesufi gesê. “In een skool het hulle leerders se papiere en handboeke aan die brand gesteek. Dit is winter en leerders moet in klaskamers sonder vensters sit. Onderwysers kan nie eens lesse voorberei nie as gevolg van die skending van skooleiendom.”

Hy het ʼn beroep op die polisie gedoen om hul patrolliedienste om skole te versterk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

HEVW ·

Jaaaa,——- nouja, Laat ons hoor wat se die toekoms van onse reenboognasie.

Hennie ·

Nou waarheen gaan hulle nou met dit en wie gaan verantwoordelik wees vir dit?

Gerhard Bezuidenhout ·

Ons het dit mos destyds voorspel. Wat gaan nou van dit word of gaan die kaders dit vir sakgeld verkoop

V ·

HAHAHAHAHA!Hoe lekker lag ek nou.Kon dit alankal gedink die goed gaan gesteel word.Julle kan mos nie dink nie,kon ook nog nooit dink nie.Die wat die land so kniediep in gemors is.

Anoniem ·

Ek het nou net een vraag? Ons moes self die tablette aanskaf vir ons kinders wat ook skool gaan in Gauteng (of ons as enkelouers dit kon bekostig of nie). Wat het geword van gelykheid? Hoekom word daar vir party gegee en ander moet self aanskaf? Vra maar net?

Moeggepraat ·

Ons was mos volgens mafoer bevoordeel al die jare, so nou is dit “payback”

Hennerik ·

Ons bly nie in daardie geweste nie en het dit nie gesien nie.. Wonder maar net of die 88 000 in die eerste plek wel uitgedeel was?

Janine ·

Het gewonder watter verskoning hulle gaan uit dink. Die tablette wat hulle by ons afgelaai het werk al van laasjaar Oktober af nie, want hulle is van lyn af! Bang vir steel is ñ strooi storie, ek dink hulle is bang om hul rekening te betaal.

Willie ·

Janine is 100% korrek! Die diefstal storie is net n flou verskoning wat hul uit gedink het om die werklike rede vir die inneem van die tablette te regverdig. Die goed moet oor geprogrammeer word want die hele werling van die stelsel het immekaar geval

Jaco Cloete ·

Dit is hartseer, want aan die eenkant wil jy met tegnologie byhou en kinders help met hul onderrig, maar dan kry jy ‘n hart- en gevoellose, selfs lot wat net omgee vir hulself en verstandlose goed aanjaag.
Kan hulle nie iets in vrede doen sonder om te verwoes, steel en moor nie? Hulle maak vir hulself en hul mense/kinders die lewe baie slegter en moeiliker. Nie voor hulle dit besef nie is daar nie hoop vir hulle nie.

Chrisjolus ·

Sabotasie is in die orde van die dag .
Die regering is te bang om die spul vas te vat .

Riette Hugo ·

Ek het vir baie jare skoolgehou by ‘n privaatskool in Kaapstad waar elke seun in graad 9 sy eie skootrekenaar moes hê. Dit was elke periode ‘n nagmerrie- daar is tyd verloor met die oplaai/aflaai van programme/ insetsels; daar was nie genoeg materiaal nie en ons moes self programme skryf. Dit het net goed gewerk vir sekere vakke soos Sosiale wetenskappe. Die NOD wil so graag vooruitstrewend lyk maar ongelukkig probeer hulle vreeslik hard om vooruitstrewend te wees en vergeet basiese leerbeginsels.

Gideon Roos ·

Dit is sleg dat die kindfers nou van hul werkgereedskap ontneem word. Maar ek verstaan heeltemal die LUR se punt. Solank hulle die sikuriteit opskerp en dan weer die rekeneers terugbesorg maak dit sin.

Ek voel egter dit is iets wat hulle moes voorspel het en die sikuriteit opskerp voor hulle die rekenaars in die eerste plek na die skole stuur. Mens moet poaktief wer, nie reaktief nie.

Andre' ·

Wonder of daar nie minder rekenaars sal wegraak in die skole as by die Departement nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.