89-jarige vrou in die Oos-Kaap vermoor

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Queenstown in die Oos-Kaap doen ʼn beroep op die publiek om na vore te kom indien enigiemand inligting het oor die moord op ʼn 89-jarige vrou in ʼn ouetehuis.

Brig. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn buurvrou het Donderdagoggend omstreeks 09:00 op die vrou se liggaam afgekom. “Die buurvrou het by die ouetehuis gaan ondersoek instel waar die slagoffer gebly het, maar daar was nie enige reaksie nie.”

Die bestuurder is dadelik ontbied en met verdere ondersoek het hulle op die bejaarde vrou se liggaam afgekom. Sy het beserings aan haar bolyf opgedoen. “Die polisie is ontbied en ʼn saak van moord word ondersoek. Die motief is nog nie bekend nie. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.”

Kinana het gesê die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting om speurdersers. Singatwa Dimaza te kontak by 078 326 3774 of die SAPD by 08600 10111.

“Die gewelddadige moord van ʼn onskuldige en niksvermoedende 89-jarige vrou het skokgolwe gestuur deur die SAPD en ons sal alles in ons vermoë doen om die skuldiges aan te keer,” het lt.genl. Liziwe Ntshinga, provinsiale polisiekommissaris, gesê. “Misdade teen vroue en kinders bly ʼn prioriteit en ons sal nie rus totdat die oortreders vervolg word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Outspoken ·

Ja… En dan wil oom Cyril nog hoeveel ander misdadigers vrylaat wat honger en koud gaan wees en ons arme ou mensies wat weerloos is gaan daar onder lei.

Outspoken ·

Hulle is huisloos, werkloos en honger as hulle daar uitkom. Dan gaan teiken hulle mense se huise wat weerloos is en nie hulle self kan verdedig nie. So sterf onskuldige ou mense wat hulle betrap in die huis.

Leeuwyfie ·

Hierdie breek my hart en is onaanvaarbaar.
Maar mag ek net byvoeg dat die laaste sin nie sin maak nie. Misdade teen mans moet ook prioriteit geniet. Enige misdaad is onaanvaarbaar. Moord is heeltemal onaanvaarbaar.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.