9 amptenare vas wat dwelmsmouse glo help vlug

Malusi Gigaba, minister van binnelandse sake, en Bheki Cele, minister van polisie, tydens die aankondiging. Foto: ANA

Nege amptenare van die departemente van justisie en binnelandse sake verskyn vandag in die Johannesburgse landdroshof op aanklag dat hulle as sindikaat buitelandse beskuldigdes in veral dwelmverwante sake onwettig uit die land help ontsnap het.

Genl. Bheki Cele, minister van polisie, het aangekondig dat die nege verdagtes voor sonop tydens gekoördineerde klopjagoptredes in Johannesburg en Soweto aangekeer is. Een verdagte word nog gesoek.

Die verdagtes, van wie ses by die vroue-afdeling van die Johannesburg-Sentraal-gevangenis en drie by die departement van binnelandse sake se kantoor in Johannesburg gewerk het, het 36 buitelanders wat veral van dwelmverwante misdaad verdink is, gehelp om uit die land te ontsnap.

Hiervoor is hulle omkoopgeld van tussen R3 000 en R6 000 per slag betaal. Van die 36 voortvlugtende buitelanders is ses reeds weer in hegtenis geneem, maar dit lyk asof die ander 30 die land verlaat het, het Cele gesê.

Vrydag se klopjagte was die gevolg van samewerking tussen die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, die departement van binnelandse sake en die departement van korrektiewe dienste.

Die moontlikheid dat nog 15 staatsamptenare by die sindikaat betrokke was, word ondersoek, en nog inhegtenisnemings kan volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

jean ·

Ongelukkig is dit die minste van die massa korruptes in hierdie land……selfs die twee manne wat in die gestoeltes sit met breë glimlagte kan ook van naderby “beskou” word…..
hierdie sal ‘n “neverending story word”…..

Hans ·

Geld is die senter van al die goed wat plaasvind. Dan die gevoel dit kom my toe en die eie ek en niks en niemand anders maak saak nie. Wie sê vir hul dat van hul familie lede nie dwelms gebruik nie en dit is wat hul doen.

albert ·

Die hoof opskirf vertel alles. Niks nodig om by te voeg nie

LR ·

Lyk my ons gaan na die skoonmaak van Jacob Zuma se gemors nog tronke benodig, zumpie sal heelwaarskynlik ook in een beland.

Lolla ·

Gn wonder daar word deesdae so gereeld en so maklik ontsnap by die tronke. Gn wonder alle departemente val uit mekaar… Daar word onder die tafels bruin koevertjies verruil! Ons noem dit mos black empowerment of affirmative action wat eerder van alles wat eerlik was ontslae geraak het. DIS die vrot vrugte wat hulle daarvoor pluk en nou wil hulle he dat SA met daai vrot vrugte gevoer moet word, en dis nie al nie, SA beter maak of dit smul heerlik ook is voordat Australie dalk iets mag se. Daar is nog baie bruin koevertjies….

White Rhino ·

Vrot korrup – in murg en been – sal dit nie kan keer nie- dit het reeds soos ‘n kanker versprei.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.