9-jarige glo aangerand: Saak weens ‘veiligheid’ geskuif

hof-hamer

Argieffoto.

Die saak teen twee mans van Bronkhorstspruit wat daarvan beskuldig word dat hulle na bewering ʼn negejarige meisie aan ʼn boom vasgemaak, haar aangerand en geskiet het, sal weens veiligheidsredes na die streekshof in Pretoria oorgeplaas word.

Jacobus Potgieter (34), ʼn boer, en Heinrich Dumas (48), ʼn plaasbestuurder, het Dinsdag weer in die Bronkhorstspruit-landdroshof verskyn. Die twee word aangekla van poging tot moord, ontvoering, aanranding met die doel om ernstig te beseer en die onwettige rig van ʼn vuurwapen.

Hul borgtogaansoeke is aanvanklik geweier, maar hulle het op 19 Oktober verlede jaar suksesvol teen dié uitspraak in die hooggeregshof in Pretoria geappelleer.

Die staat het Dinsdag versoek dat die saak na die streekshof in Pretoria oorgeplaas word. Landdros David Shikwambana het aan die ouers van die beweerde slagoffer gesê die aansoek vir oorplasing na ʼn ander hof is weens die chaos wat op 14 November voor die Bronkhorstspruit-landdroshof plaasgevind het.

Op die betrokke dag moes polisiebeamptes rubberkoeëls afvuur om ʼn groep betogers uitmekaar te jaag wat begin het om klippe te gooi nadat hulle ingelig is dat borgtog aan die beskuldigdes toegestaan is.

“Die realiteit en praktiese redes is dat daar probleme was rondom sekuriteit. Dit is daarom dat die staat die aansoek gebring het dat die saak na die streekshof oorgeplaas word,” het Shikwambana gesê. Hy het gesê hofeiendom is beskadig en sommige mense wat by die hof werk is tydens die betoging beseer.

Die saak sal op 20 Maart in die streekshof in Pretoria aangehoor word.

Maroela Media het vroeër berig Potgieter en Dumas is op 10 September verlede jaar in hegtenis geneem nadat hulle die vorige dag glo ’n negejarige meisie van die nabygeleë informele nedersetting aan ’n boom vasgebind, geklap, ’n vuurwapen teen haar kop gedruk en skote op haar, haar boetie en nog ’n seun afgevuur het.

Konst. Peter Machebe, die ondersoekbeampte, het tydens die twee beskuldigdes se borgtogaansoek getuig dat die meisie saam met die twee seuns en hul honde gaan stap het. Die honde het voëls gejaag en die kinders is agterna – in Potgieter se omheinde plaas in.

Daar is toe glo op hulle geskiet en die kinders het weggehardloop. Die meisie is egter gevang.

Potgieter het getuig dat hulle gereeld probleme met onwettige jagters op die plaas het. Toe hy dus mense op ’n koppie in ’n omheinde gebied sien, het hy Dumas gebel om te kom help.

Hy het op pad daarheen drie honde teëgekom wat hy met ’n skoot in die grond verjaag het. Dit het die mense op die koppie laat hardloop, maar Dumas het die meisie gevang en na die plaashuis geneem. Die meisie het glo erken dat sy en die ander daar was om springbokke te jag.

Sy is glo gewaarsku om dit nie weer te doen nie en laat gaan. Die landdros het destyds toegegee dat die meisie se beserings nie ernstig voorkom nie en dat die staat sekere van die klagtes moeilik gaan bewys.

Lees alle vorige berigte oor Jacobus Potgieter en Heinrich Dumas op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

MAGDA ·

Wat die 2 mans gedoen het is verkeerd en hulle sal hulle straf moet vat maar ek dink ook die hele storie is bietjie uit verband geru en ek kan hulle frustrasie op daai oomblik verstaan. Hulle het nie net onskuldig gaan stap nie, sy het erken hulle het gegaan om springbokke te jag. Ek bly self op ‘n plaas en ons het baie skade met onwettige jagters. Wens ek kon fotos opsit van die verminkte diere dan sal sommige mense dalk meer begrip he. Die diere wat so gejag word word lewendig verskeur en baie ly voordat hulle uiteindelik vrek. En ons hande is eenvoudig af gekap. Bel jy die polisie doen hulle nie eers moeite om uit te kom nie en skiet jy die honde dood word jy toe gesluit. Ons weet nie meer wat om te doen nie.

ai tog ·

magda, dadelik oordeel jy. die kinders word groot gemaak om te lieg. ej het n geval gehad waar n sowat 15 jarige agter teen my kar vasgery het met n fiets. hy het skrapeen kneusing opgedoen. ek was in regterbaan besig om reg te draai. ek kon hulle taal nie verstaan. is sapd toe, saak aangemeld en nommer gekry. twee maande later dagvaardiging dat ek kin op fiets omgery het. met skade agter op my motor terwyl ek vorentoe in regterbaan van dubbelpad gery het. ek wonder wat sal gebeur as hulle met leuenverklikker moet getuig.

Flip Pretorius ·

Kan die mense tog nie dink nie, hel die land is op n mespunt dan kom twee witmans en doen dit. Dink tog n biekie aan ons land ook en ons kinders se toekoms. As hulle skuldig is straf hulle

Dawid ·

Moes aan die kinders se toekoms gedink het in 92, Flip. Kinders se toekoms is KLAAR in gedrang

Pop ·

N negejarige wat geen sagte plek het vir diere nie?? Wat met honde jag???. Wat gaan word, wonder ek. Is dit hoe jong kinders optree.?

robot ·

veebasend genoeg pop, ja. i. ons dorp word die kinders gestuur om ons vrugtebome leeg te stroop. 6 tot 9 jariges. hulle hardloop agter brandmaer honde aan wat bokke jag. word gestuur om deur vensters te klim en huise te plunder. dikweld seuns, soos dogters aangetrek.

Retha ·

Stem heeltemaal saam..n kind van 9 wat met honde jag is beslis self nie self so onskuldig hier nie

SjN ·

Die opdrag om onwettig te jag is aan die minderjariges gegee deur volwassenes tot hul voordeel aangesien hul weet die kinders sal slegs op waarskuwing vrygelaat word as die gereg sou optree, hoop geregtigheid geskied.

Oom Kalahari ·

Kinders word ingespan om misdadige optredes toe te pas en op nege jarige ouderdom is dit verskriklik en blameerek verseker die Ouers en hul toesig. Sy weet presies wat om te doen saam die honde, so dit gebeur gereeld en die familie kry die vleis (karkas). ‘N dier is ‘n dier en onwettige optrede van jag en diefstalop private grond is soos met Renoster en Olifant stropery.

SA ·

Hulle begin nou kinders inspan om dade van terror te doen, die wiel sal draai en hulle sal deur die internasionale gemeenskap sterk veroordeel word eendag.

Johan. H. ·

Hoop julle maak n saak handig van betreding, poging tot diefstal, sameswering om misdade te pleeg, Ens, Kry die wat hulle gestuur het,,,

Charlene ·

As daar maar net so ‘n groot storie gemaak word oor die plaasmoorde.

Mielies ·

‘n Negejarige kind wat honger is sal jag om te oorleef!

Mieliekop ·

Mielie wat sal jy doen as kinders gestuur word om jou inkomste, jou lewensbelegging, weg te raap?

Stefaans ·

As my kinders in ‘n onderonsie betrokke raak sal een die ander beskuldig: Jy het my gestamp/ geknyp/gebyt of wat ookal van toepassing. Die ander een sal dan sê: Ja, maar jy het eerste begin.
Die kinders het “eerste begin” deur die boer se plaas onwettig te betree om sy wild te jag. Ek keur nie die eienaar se gedrag goed nie, maar hou in gedagte dat elke aspek van ons boere se lewens vergal en verpes word deur swart misdadigers. Ek kan verstaan dat hulle selfbeheersing sal verloor, elke mens het ‘n breekpunt.

Straf ·

JA NATUURLIK …..LAAT HULLE HULLE HULLE STRAF KRY, maar eerstens WAT Soek sy op die plaas? Kinders word heel voor ingespan om moeilikheid te maak. EN DAN WIE was by die hofgebou toe die wit seuntjie in kookwater verdrink is op ‘n plaas, die pragtige wit dogtertjie met ‘n graaf doodgeslaan is en ‘n baba aan die brand gesteek is tydens PLAASMOORDE?? WAAR IS JULLE sogenaamde menseregte-aktiviste dan? NEE as die slagoffer wit is dan steek die MEDIA die inligting weg, die bloed teen die mure, die GEMARTEL van ‘n 10 jarige seuntjie en ‘n jong laerskool dogtertjie wat nog probeer weghardloop het .. Maar as ‘n WIT man iets doen word dit aan ‘n groot klok gehang en is elke politieke party en al wat ‘n aktivis besig om buite hofgeboue te dans en DOODSDREIGEMENTE te maak .. afskuwelik.

wat is reg en wat is verkeerd? ·

Die ongevoeligheid en selfs arrogansie van sommige kommentaar hier is ontstellend op vele vlakke. Die oorgrote meerderheid van kommentaar op berigte waar (gruwelike) misdade gepleeg is deur hoe sommige dit beskryf – ‘n wit mens – val in hierdie kategorie. Asof ‘n wit mens niks verkeerd kan doen nie. Stem die meerderheid Maroela lesers dan saam met gruweldade wat teenoor ander mense gepleeg word? Dink die meeste lesers dan dat mense wat anders lyk, anders dink, ‘n ander velkleur het, anders leef ensovoorts minderwaardig is en nie respek of menswaardigheid verdien nie?

LET WEL: Plaasmoorde is erg en verskriklik en moet nie gebeur nie. Dit raak my ook baie erg. My kommentaar gaan nie oor plaasmoorde nie of ‘n kleinlike houding “hulle doen dit ons doen dit nie, hulle is altyd verkeerd en sleg , ons is altyd reg en goed, hulle word glad nie gestraf nie ons word baie swaar gestraf en weer gestraf en dan weer gestraf en ons doen dan niks verkeerd nie ” ensovoorts, ensovoorts.

Bren ·

Die is n walglike daad gewees; genugtig 2 groot bullebakke wat n kind mishandel? Ek dink werklik ons het nie sulke insidente nodig nie; daar is alreeds soveel haat en neid! nee sies man; ek skaam myself vir sulke boelies.

MAGDA ·

AI TOG- EK het NIEMAND geoordeel nie. Ek het net probeer verduidelik uit hulle oogpunt ook. Gaan lees my kommentaar weer want ek se duidelik wat hulle gedoen het is verkeerd en hulle moet hulle straf vat.Ek het net probeer se ek verstaan die frustrasie omdat mens se eiendom op die wreedste manier beskadig en gevat word en jou hande is af gekap.

Tokkolos ·

Julle wat so oordeel oor my boere broers . Jul was nie daar nie. Hier weer slang in die gras en ek hoop regtig nie dit gaan my mense wees wat gepik gaan word nie. Die is n geval van hul is uitgevang en nou is dit ‘jy sê wat pappa jou sê wat om te sê ‘

not in wonderland ·

Ek kan nie dink dat ‘n meise of kind of 9 jaar in hierdie geval en omstandighede toerekeningsvatbaar kan wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.