9-jarige pleeg selfmoord by skool

skool-21.jpeg

Argieffoto

ʼn Negejarige leerder van ʼn laerskool in Mpumalanga het Vrydag op die skoolterrein sy eie lewe geneem.

Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het bevestig die voorval het omstreeks 13:20 by die Khulamlambo Primary School in die Nkomazi- plaaslike munisipaliteit gebeur. “Die leerder het glo ʼn gordel gebruik om homself aan die dwarsstaaf van ʼn swaai op te hang,” het Zwane gesê.

Hy het gesê beamptes van die departement het Vrydag die skool en die leerder se familie besoek kort nadat hulle van die voorval ingelig is. ʼn Span sielkundiges sal Maandag die skool besoek om berading te verskaf aan ooggetuies van die voorval en ander wat daardeur geraak word.

“ʼn Mens kan jou nie indink dat so iets by ʼn skool kan gebeur nie. Ons betuig ons innige medelye aan die familie en die skool,” het Zwane gesê. Die departement sal ondersoek instel na die gebeure wat tot die tragiese voorval gelei het.

Die leerder se familie word deur verteenwoordigers van die departement bygestaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Sherrel ·

My innge simpatie aan die ouers van die kind. Dit is so hartseer om te hoor dat ‘n kind van die ouderdom al aan so iets kan dink om dood te gaan. Of net om self moord te pleeg. Waarheen gaan ons jeug en land?? Sjoe baie geskok en hartseer.

Anoniem ·

Nege jaar?!?!?

Dis hartverskeurend. Erens was iets baie verkeerd in daai arme kind se lewe.

Petro ·

Ek stem saam. Jinne om op 9 jaar al aan selfmoord te dink. Iets is erens groot fout.

natasha ·

Die land en skole moet WAKKER skrik. Dis n epidemie in ons land waaroor niemand wil praat nie. Dit sluit die skole en hul onderwysers in wat net anderkant toe kyk. Hoeveel van ons kinders moet ons nog verloor??????

Geskok ·

Dit is skokkend en geweldig hartseer! Waardeur moes n kind van 9 gaan om te voel dat die dood die enigste uitweg is. My hart voel stukkend vir hierdie kind wat ek nie eers ken nie! My innige simpatie aand die kind se familie ?

Ada ·

Vind uit deur wie die kind dalk geboelie is by die skool of dalk misbruik ? Ook tuis?

Karma ·

@Stephanie – ek het dieselfde gedink. Die “choking game” waar ‘n persoon hom/haar vir enkele sekondes van suurstof weerhou deur hom/haarself “op te hang” – net vir daardie euforiese gevoel van adrenalien wat deur die lyf skiet. Soms, egter – net soms – kan die ‘slagoffer’ hom/haar nie vinnig genoeg losmaak nie en is dit die aaklige gevolg.

LB S ·

My gesonde verstand sê vir my hier is ‘n slang in die gras. Ek kan my net nie indink dat ‘n 9-jarige kind in die eerste plek sal weet hoe om homself op te hang nie, en ten tweede, kan ek nie insien dat so jong kind aan selfmoord sal dink nie. Ek weier om dit te glo!

Chris Beets ·

Ek dink hulle moet kinders verbied om televisie te kyk onder 21 jaar oud, want hulle sien dit op die verslaafde skerm in hulle huise, dan doen hulle dit ook wat hulle sien op tv en dink hulle dis n daaglikse lewenstyl wat hulle ook kan toepas.

t ·

@Ada – Die boelie epidemie is BAIE groter as wat ons dink. Baie ouers dink egter nog steeds dis oulik as hulle seuntjie/dogterjie “leiding” neem. Hulle reken die kleinding is ‘n gebore leier.

Hy/sy is ‘n boelie en gaan vir jou as ouer nog baie pyn en lyding besorg! Smoor dit in die kiem voor nog kinders sterf.

Nicky ·

Ek stem saam met jou. My kind en talle ander word ook geboelie en die boelie se ma is so trots daarop dat hulle ‘n video op fb gedeel het (van ‘n ander dogtertjie wat ‘n seuntjie bydam) en daarby geskryf het dat dit net soos haar meisiekind is. Dit maak my siek om te dink my kind is net 3 en sy moet dit deurmaak omdat daar ouers is wat dink dis ‘cute’ as n kind sulke ‘leierseienskappe’ toon.

Bella ·

Snaaks hoe almal die skool en onderwysers blameer…. mens moet dalk bietjie vra wat het by die huis aangegaan. Vandag se mense dink mos alles is die skool en onderwysers se skuld. Skep vir jou kind n veilige hawe by die huis en voed bietjie die kinders ordentelik op. Ouers verwag dit van die onderwysers en ongelukkig het hul klaar ander pligte hul kan nie nog jou ou bloeitjie op piep nie.

Nadia ·

Bella – ongelukkig is die onderwysers inderek verantwoordelik – of liewer die onderwysstelsel. Ek ken ‘n onderwyseres wat iets wou doen omtrent die kind se situasie tuis. Daar was vir haar gesê dat sy nie mag inmeng nie! Waar moet ons kinders gaan hulp soek as daar fout is tuis? Hoekom mag die onderwysers of die skool nie help as daar probleme is nie? Nee, dis net makliker om ‘n “blind eye” te gooi. Dis “after all” nie hulle probleem nie. Die kinders word aangemoedig om met iemand te praat as daar fout is…. Hoekom? Niemand gaan niks daaraan doen nie want “hulle mag nie inmeng nie”. Tragies….die storie en arme Suid-Afrika!

anna makwatie ·

Wat vandag so hartverskeurend is, is dat mense ‘n video opname maak van soms die lelikste gebeurtenisse, terwyl die ander net daar staan en kyk. Mense se liefde vir mekaar is aan die afkoel. Ek voel vir die familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.