9-jarige seun sterf ná fratsongeluk by KKNK

Argieffoto

ʼn Negejarige seun van die Paarl in die Wes-Kaap het Saterdagoggend gesterf ná ʼn fratsongeluk Vrydagaand by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) op Oudtshoorn.

Die KKNK het die nuus Saterdagaand op hul Facebook-blad bevestig.

Volgens die Oudtshoorn Courant is Josh Pharoh (9) Vrydag na die Life Bay View-hospitaal in Mosselbaai gehaas nadat hy tydens ʼn weermaguitstalling in ʼn pantservoertuig geval en sy kop teen ʼn metaalplaat gekap het.

Pharoh is Saterdag in die hospitaal oorlede.

“Ons het vanoggend verneem dat Josh oorlede is en ons innige meegevoel gaan aan sy ouers en familie in hierdie moeilike tyd. Ons is in kontak met die familie, wat tans op pad terug na die Paarl is. Ons wag op finale verslae van die voorval,” het Kunste Onbeperk, aanbieder van die KKNK, in ʼn verklaring gesê.

Meer inligting is in dié stadium nog nie bekend nie. ʼn Volledige ondersoek duur voort.

Rhodé Snyman, uitvoerende hoof van die KKNK, was nie onmiddellik beskikbaar vir verdere kommentaar nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Thea ·

Ai dis so tragies! Sterkte aan sy Josh se ouers en geliefdes.
Rus saggies Josh!??

Paul ·

Hoekom is ‘n ongeluk altyd ‘n “fratsongeluk” op Maroela?

Dis nie ‘n “frats” as iemand val nie…

evsbest ·

Frats in die konteks is as iemand sterf en dit was so n eenvoudige aksie soos n val. Baie mense val maar nie almal sterf nie.

Snip ·

Wonder of hul “ons is so jammer” daai kind gaan terug bring, hoop die KKNK maak finaal toe!!!! hoekom was die panser voertuig nie veilig gemaak nie, en WÁAR was sy ouers?
Dis so onnodig, mag sy mamma en pappa vertroosting kry in hierdie harsteer tyd.
RIV kleinman.

. ·

Snip, werklik. In een asem vra jy wáár(nogal met hoofletters) was sy ouers en in die volgende asem wens jy sy “pappa en mamma” berusting toe; hoe kan jy uit dieselfde mond verwyt en dan simpatiek probeer troos? Sy ouers sou nie noodwendig die val kon keer nie; die berig sê die seuntjie het geval en sy kop teen ‘n staalplat gekap – waarom is dit nodig om te vra waar was die ouers? Die berig is nie duidelik oor hoe en waarom hy geval het nie – hy kon oor iets gestruikel het wat hom laat val het. Ek dink in tye waarin mense so ‘n groot hartseer moet probeer verwerk, is dit beter dat jy eerder nie kommentaar lewer nie.

Pik ·

Snip nou hoe maak mens die voertuig veilig dit is soos om oor n trap te val by n gebou nie alles in die lewe is perfek nie sterkte aan die ouers dit is baie moeilik om n kind te verloor

Will ·

Tragies om ‘n pragtige kind so onverwags te verloor . Ons bid vir troos en krag vir die familie en vertrou hierdie tragedie sal lei tot voorsorgmaatreels wat hierdie tipe ongeluk in die toekoms sal minimaliseer. Sterkte!

Willemien ·

My innige simpatie aan die ouers en familie. Mag God julle vertroos.

Jenny ·

Het iemand al gedink dat hy dalk geklim het waar hy nie moes nie? Het julle al kinders by uitstallings gesien? Daarmee wil ek nie sy dood afmaak as niks nie, ek is baie jammer dat ‘n kind sy lewe moes verloor, maar net so min soos kinders deesdae na lifesavers by die see luister, steur hulle hulle aan waarskuwings by uitstallings en by winkelsentrums, hulle maak net wat hulle wil en die ouers vermaan hulle nie. Die persoon wat dood is is nie altyd onskuldig nie, maar ja, ek hoop alles word in die toekoms veiliger gemaak, uiteindelik sal die kinders maar net nie meer in die voertuie mag inklim nie .. SLUIT die goed, laat die publiek maar van buite af daarna kyk. Hierdie klink soos ‘n ongeluk. RIV

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.