9 kritiek ná ongeluk voor Winnie se huis

Winnie Madikizela-Mandela tydens Nelson Mandela se begrafnis in Qunu op 15 Desember. Foto: SAPA

Nege mense is kritiek beseer in ʼn ongeluk Maandagaand buite die huis van ontslape Winnie Madikizela-Mandela in Johannesburg.

Busaphi Nxumalo, woordvoerder van die Gautengse verkeerspolisie, het Dinsdag aan Maroela Media gesê ʼn minibustaxi het omstreeks 19:30 in minstens ses voertuie buite die huis van Madikizela-Mandela in Orlando-Wes ingeploeg.

“Die oorsaak van die ongeluk is nog onbekend. Nege mense, wat passasiers in die taxi was, is kritiek beseer en na die Chris Hani Baragwanath-hospitaal geneem vir behandeling,” het sy gesê.

Die bestuurder van die taxi is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van roekelose en nalatige bestuur. Sy het gesê die bestuurder is op die toneel vir alkoholverbruik getoets, maar voorlopige toetse dui daarop dat hy nie onder die invloed van alkohol bestuur het nie.

Die Orlando-polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk verder.

Madikizela-Mandela is op 2 April in ʼn Johannesburgse hospitaal dood ná ʼn siekte. Sy was 81 en word op 14 April begrawe. Sedert haar afsterwe het honderde roubeklaers en hooggeplaaste politici by haar huis in Orlando saamgekom om hulde aan haar te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Antoinette Burger ·

Waarskynlik was dit uit nuuskierigheid om die paleis tussen die armsalige plakkershuisies te aanskou. Glo vir die armes baklei maar in weelde geleef . Soos die meeste sg. ANC “ikone”. En moenie van Mugabe met sy paleis van marmer en goud, en Zuma met sy Nkandla (en wie weet waar nog eiendomme) vergeet nie. Die spul se dubbele standaarde maak ‘n mens siek.

Wolf ·

Wie het die 9 bevestig,,,,,Maroela? Miskien is 1 lig beseer en die ander makeer niks.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.