9 lisensietoetssentrums in Kaapstad gesluit

(Foto: Tim Mossholder/Unsplash)

Nege lisensietoetssentrums in Kaapstad is tot verdere kennisgewing weens Covid-19 gesluit.

Die geraakte sentrums is dié in Parow, Brackenfell, Hillstar, Bellrail in Bellville, Gallows Hill, Vishoek, Kuilsrivier, Somerset-Wes en Gordonsbaai, het Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van Kaapstad se verkeersdienste, gesê.

“Die geboue word deeglik gereinig en ontsmet en dienste sal hervat word sodra dié proses afgehandel is en genoeg personeel beskikbaar is om hul pligte te hervat.

“Hierdie is moeilike tye en terwyl ons alles moontlik doen om ons persele vir die publiek en personeel te beveilig, is daar geen waarborge teen Covid-19-blootstelling nie.”

Bezuidenhout het gesê mense wat met die oog op leerling- of bestuurderslisensietoetse deur die sluiting geraak word, sal deur die betrokke sentrum vir ʼn alternatiewe datum gekontak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Genis ·

Nou wonder genis, moet hulle in-bel of inloop, om Covid getoets te word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.