9 studente vas wat wag glo aan die brand wou steek

Foto: SAPD

Nege studente aan die Durban Universiteit vir Tegnologie (DUT) is in hegtenis geneem nadat hulle glo vroeg vanoggend ʼn sekuriteitswag op kampus aangerand, petrol oor hom uitgegooi en probeer het om hom aan die brand te steek.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê ʼn instandhoudingskamer en twee sekuriteitshokkies is in die vroeë oggendure gedurende protesaksie by die Steve Biko-kampus in Durban aan die brand gesteek.

Volgens Naicker het kollegas gesien hoe ʼn groep ontstoke studente die sekuriteitswag (27) takel en kon hom te hulp snel voordat hy aan die brand gesteek kon word.

Die sekuriteitswag het ander ernstige beserings in die voorval opgedoen en is vir mediese behandeling na ʼn hospitaal geneem.

Die polisie is van die voorval in kennis gestel en nege studente, tussen die ouderdomme van 20 en 30 jaar oud, is in hegtenis geneem.

Foto: SAPD

Die studente sal binnekort in die Durban-landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, kwaadwillige beskadiging van eiendom en openbare geweld.

Luidens die verklaring is die situasie sedertdien onder bedwang gebring en die polisie se eenheid vir openbare orde is op die toneel om die situasie te monitor.

Lt.genl. Khombinkosi Jula, KwaZulu-Natalse polisiehoof, het die studente se optrede veroordeel.

“As die Suid-Afrikaanse Polisiediens sal ons nie huiwer om diegene in hegtenis te neem wat die wet oortree nie. Ons herhaal dat geen griewe ooit kan regverdig dat studente die wet oortree en die lewens van ander burgers in gevaar stel nie. Ons doen ’n beroep op studente om hul griewe binne die perke van die gereg op te neem,” het Jula gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Frikkie Geld en huis ·

30 Jaar oud en steeds ‘n student ?? Seker besig met sy honneurs !!!

Ouvrou ·

Dus in SA gaan jy univsiteit toe nie om jouself te verbeter nie, maar om te leer en oefen hoe om n medemens te vermoor op die wreedste denkbare wyse saam met 8 van jou beste vriende. Dan wil jy eendag he ek moet van jou professionals dienste gebruik maak. Mag ons Vader in die Hemel ons land behoed.

Tong innie kies ·

Niks snaaks nie.Party skryf matriek op 30.????????

Ig ·

Die 30 jarige student is seker n eerste jaar student. Lesufi huil nou omdat Solidariteit n Universiteit gaan bou waar daar ge swot gaan word op n ordelikke wyse sonder afbreek en plunder.

Elna ·

Lyf straf is mos onwettig. Dis wat gebeur as n kind nie getug mag word nie.

charmaine ·

Dan word daar nou weer n bohaai gemaak van die SOLTECH Privaat Kollege in Centurion wat besig is om gebou te word, dis juis om sulke plunders daar uit te hou, hulle kan nie baksteen le nie maar weet hoe om uit die muur te pluk en plunder. En die student va n 30?? agter die klippe maar nie die boeke nie. Hoe wreedaardig om iemand wat sy werk doen aan die brand te wil steek. Hoop hulle word vir altyd geskors.

Sarel ·

HaHaHa more terug by die Univerditeit want selfde as die Regering is die Universiteits Owerhede nie in staat om op te tree nie. Hulle het net hulle grondwetlike reg tot protes uitgeoefen.

Outoppie ·

Sien hoogste hof. Hulle nooit ordentlik gemoker dit is hoekom hul sulke goed doen

JohanL ·

Hulle mag maar ander mense SLAAN en selfs probeer aan die brand steek, maar o wee, die HOOGSTE HOF (oba sirkus) beslis dat hul ouers hul nie pak slae mag gegee het nie.

Wat is die Hoofregters se opinie?

koos ·

Hierdie is nie ‘n protes aksie nie, dit is ‘n moord aksie!

Granny ·

Frikkie Geld en huis. Darem kan ek smile vir jou opemerking oor ouderdom. Dieselfde ding gedink. Maar meer onstellend wat is dit om iemand vol petrol te gooi en aan die brand te steek. Dis n nagmerrie. Stel jou voor om so iets te aanskou. En dit van mense wat kamstig slim is want hulle is op universiteit. Een oomblik n honneursstudent en volgende n ywerige phycopath. Ei mense!!!!!

Vonkprop ·

Lyfstraf is mos onwetting. Binnekort is arrestasies ook onwettig. Wette word weggevat, so daar is niks meer om hierdie kriminele af te skrik nie. ‘n Oog vir ‘n oog is al wat gaan werk. Tronke werk nie meer nie, want daar kry hulle kos en ‘n dak oor hulle koppe en ons betaal vir dit.

GM ·

Haha, besig met hul Hons.? Ek glo hul sal nog voorgraads wees. Baie verlaat skool mos eers op 25 plus.
Op 30 kan ‘n persoon al klaar wees met sy/haar PhD as hul ernstig is oor hul studies – m.a.w. dan sit die persoon al met 4 grade (in meeste studierigtings).

Gert van Wierdapark ·

Met die optrede gaan hul beslis nie hul vak van “aanranding en poging tot moord” slaag nie want om uitgevang te word, kry jy outomatiese minder as 30%!

Student ·

Ek het nie die geleentheid gehad om na skool te gaan studeer nie. Gevolglik het ek eers op 32 met my eerste jaar studie begin. Vandag op 39 is ek besig met my PhD. Mense se omstandighede verskil. Dink eers bietjie voor jy die spot dryf of oordeel.

cashier ·

Mag nie gestraf word nie want die wet is mos aan hulle kant los hulle uit dis wat die rigeering mos wil he hoe gaan hulle anders leer

Mmm... ·

Die vooruitstaande nuwe leiers van ons land……strewe na vryheid….well done!!!

Hoe dan nou? ·

Dis onverstaanbaar hoe hul logika werk. Studente sal saam met werkers en skoonmakers by die universiteite staak en tekere gaan omdat die wrede universiteit hulle nie permanente poste aanbied nie, maar het geen pyne daarmee om die onskuldige sekuriteitswag aan die brand te steek nie.

Gerda ·

Nou toe nou! Die polisiehoof veroordeel die studente se “optrede”. “Optrede”….. Ba!
Hulle is misdadigers!
Potensiele moordenaars.
Verwyder hulle uit die samelewing

patriot ·

Op universiteit doen hulle blykbaar net prakties vir hulle toekomstige loopbane as moordenaars, brandstigers en verkragters.

Lalie ·

Wonder net of hulle ook tronk toe gestuur gaan word, soos die mans wat ‘n ander man in ‘n doodskis geplaas het, hierdie is ook mos poging tot moord of hoe ???

jos ·

Dankie aan solidariteit, ons weet die plek sal nie afgebrand word deur 30 jarige onopgevoede studente nie, die sogenaamde toekomstige leiers is nie die naam student werd nie, Wys jou maar net waarheen het alles gedaal vandat alles oopgestel is vir alle rasse

se net ·

As jy eerlik, hardwerkend en wetsgehoorsaam is in Suid Afrika, dan het jy geen regte meer nie en is hier ook nie meer plek vir ons nie.

LHS ·

Hulle was slegs besig met prakties in kriminologie, reeds vrygelaat.

nita ·

50 jaar gelede op kollege. Geen wagte iewers in sig nie. Ons grootste oortreding om so eenmaal n jaar n klas te massa. Maar nouja dit was die jare toe beskaafde mense, wie se ouers vir hul studies moes betaal het, kollege of Varsity toe gegaan het.

KrokodilBotha ·

Hierdie storie moet later opvolg kry. Sal graag die uitkoms wil hoor.

Ore ·

“Fees must fall” Dit is om professionele studente te finansier. Sal seker eersdaags begin brand en breek om by-voordele soos Medies,pensioen,betaalde /kraam verlof en behuisingstoelae te kry. Indien die rampokkers wel vasgetrek word,verwoes die ander die kampus en gee die UV maar net weer in.

Arm maar darem ·

30 jaar oud en n student?Ja nee om te “studeer” is sy loopban……

Gert Midstream ·

Wat is die persentasie van ingeskrewe studente wat hul studies binne die voorgeskrewe tydperk voltooi? Hoeveel ontvang geldelike bystand? Gratis behuising? Gratis etes? Sou hierdie hulpverlening wees om leegle te verhinder, is die mislukking duidelik.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.