9 vas ná moord op Ahmed Kathrada se familielede

Argieffoto: SAPD

Nege verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op twee familielede van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Kathrada sal vandeesweek in die landdroshof op Schweizer-Reneke in Noordwes verskyn.

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Moulana Ahmed Kathrada (28) het Donderdagaand van die kerk af tuisgekom toe twee gewapende mans hom oorval omdat hulle hom vermoedelik wou beroof het.

Yunus Kathrada (65) het buitentoe gegaan om ondersoek in stel nadat sy seun geskiet is. Hy is ook geskiet en is op die toneel dood.

Die aanvallers het op die vlug geslaan sonder dat hulle iets geroof het. Moulana is met sy aankoms by die hospitaal dood verklaar.

Myburgh sê die polisie het Maandag en Dinsdag nege verdagtes aangekeer, van wie sewe op Schweizer-Reneke en twee op Taung, sowat 90 km daarvandaan. Die verdagtes is tussen 18 en 60 jaar oud. Almal word aangekla van moord en poging tot roof.

Beamptes het ook op twee voertuie en ʼn vuurwapen beslag gelê.

Die nege sou aanvanklik vanoggend in die hof verskyn het, maar hul eerste hofverskyning is tot Donderdag uitgestel, sê Myburgh.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Francois le Cochon ·

Ja, wat help dit om vir jare teen ‘n regering te baklei, dan te oorwin, en dan juig oor demoksasie, en dan word jou familie vermoor omdat die nuwe polisie mag van die nuwe demokrasie, waarvoor jy jou lewe lank baklei het, nie meer wet en orde kan handhaaf nie.

Piet ·

Jy is weer reg Francois. Hulle se mos: “when there is life there is hope”. Wat help alles tog as dit die prys is wat mens moet betaal? Ek wonder net as alles so tengronde gaan, soos .bv in Angola die geval was, dan begin lede van die publiek mekaar sommer op straat aanval. Angola was vir +/- 500 jaar n kolonie en het meer minirale hulpbronne en baie beter landbou potensiaal as in SA. Wat maak ons so anders dat dit nie hier kan gebeur nie?

Ellisras ·

Dit is wat gedoen kan word om misdadigers vas te vat AS DAAR ‘N WIL is. Met plaas aanvalle is dit meestal net die HPG (Heritage Protection Group) wat die misdadigers jag. Dankie vir HPG.

Hoe nou....... ·

As jy nie uit jou en jou broers se foute kan leer nie, gaan dit nie verander nie! Jy kan nie elke keer presies dieselfde goed probeer en n ander uitkoms verwag nie.

Skote Petoors ·

Vind ook sommer uit wat was die motief vir hierdie twee moorde, want iets ruik hier nie te lekker nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.