90 000 wag op agterstallige bestuurslisensiekaarte

lisensie

Argieffoto

Die departement van vervoer erken daar is tans ’n agterstand van sowat 90 000 bestuurslisensiekaarte wat nog gedruk moet word.

Dié agterstand beïnvloed aansoeke wat in Julie en Augustus vanjaar ingedien is

Dít volg nadat die departement van vervoer sedert Augustus vanjaar in ’n arbeidsgeskil betrokke is met werknemers wat gekontrakteer is om bestuurslisensiekaarte te vervaardig.

Volgens Ishmael Mnisi, woordvoerder van die departement, sal agterstallige aansoeke vir die volgende drie weke prioriteit geniet nadat ’n ooreenkoms bereik is dat werknemers noodgedwonge met produksie moet voortgaan, al is dit dan teen ’n stadiger pas.

Hoewel van die bestuurslisensiekaarte wat tydens die loongeskil gedruk moes word nog nie gedruk is nie, is 800 000 kaarte wel gedruk en 500 000 hiervan is reeds uitgestuur. Mnisi bevestig aansoekers wat sedert September hul aansoeke ingedien het, het reeds hul kaarte ontvang.

Mnisi verduidelik dat die loongeskil gedurende die jaarlikse produksiestelsel-instandhoudingstydperk plaasgevind het waar produksiemasjiene jaarliks nagegaan word. Daar is intussen ooreengekom dat die werknemers hul pligte sal voortsit en kaarte vervaardig totdat die dispuut by die algemene sektorale bedingingsraad afgehandel is.

Hy het namens die departement om verskoning gevra vir die ongerief wat die agterstand veroorsaak en motoriste aangeraai om vir ’n tydelike bestuurslisensiekaart aansoek te doen. Dié kaart is vir ses maande geldig en sal verseker dat motoriste steeds aan die verkeersregulasies voldoen terwyl hulle vir hul lisensiekaarte wag.

Motoriste kan die vordering van hul aansoeke monitor deur hul ID-nommer na 33214 te SMS.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

43 Kommentare

PIETER ·

Toe my geweer leksensie 3 dae voor verval datum wou uitneem toe verloor ek my leksensie, maar het nog my rewolwer. Nou gaan ek seker my bestuurskaar ook verloor. Raak net meer lag wekkend.

Rooikop ·

Is dit nie eienaardig nie ?? Daar is altyd n issue met iets …………… Niemand wil
regtig werk nie ………….. hulle hou almal altyd aan die kort hare beet ………………

Neels Marais ·

Ek het 5 maande voor my verval datum reeds gegaan. Ek wag nog steeds. Ek gaan definitief nie ‘n tydelike lisensie uitneem en dan nog betaal vir dit. Ek was betyds, dit is nie my skuld dat hulle gestaak het nie

Bonneleigh ·

Myne ook meer as 2 maande terug uitgeneem. Kry jou tydelike lisensie dan verniet. Ekt niks betaal nie.

Thinus ·

Is daar nie net een staats departement wat normaal kan funksioneer nie. Hoekom is hulle almal in ‘n permanente krises? En dis waar ons beladting geld heengaan?

Bekommerde ·

Ek weet nie waarom almal deesdae met withandskoentjies hanteer word nie.

Wil die mense werk JA of NEE?
Gee die werk vir die wat smag na werk en wat dit sal oppas!

Mens moet trots wees op jou werk & maar ‘n ekstra myl stap vir jou werkgewer.

Vonkprop ·

So hoekom moet ons ekstra onkostes aangaan om tydelike lisensies te kry vir ander mense se slap houdings? Hoekom is alles stukkend en hoekom wil niemand werk nie??? Daar is baie AA, EE en BBBEEE mense daar buite wat baie graag wil werk, maar hulle mag nie anders gaan die sisteem se foute duidelik wys en die regering wil dit nie hê nie. Hoe blind en dom astrant moet jy wees om nie te sien dat alles verval?? Is daar nie meer ‘n ding soos trots nie?

Charmaine ·

Wag nog vir myne wat in Okt uitgeneem is. Daar is nie n manier wat ek betaal vir n tydelike een as dit hulle skuld is nie.

Evan ·

Ek is een van die 90 000! Het lank voor die vervaldatum aansoek gedoen en betaal, hoekom moet ek addisioneel vir n tydelike lisensie betaal as werknemers na willekeur staak???

Jericho ·

Nog ‘n geldmaakstorie. “Neem asseblief ‘n tydelike lisensie uit” Hoe lank nog moet ons onbeholpenheid finansier!

Neels ·

KL , wat was die issues in die 70’s en 80’s . Ek weet nie daarvan nie . Miskien moet jy bietjie meer detail en feite gee.

BLOM ·

Ek het my lisensie in die 70s gekry, en daar was nie “issues” nie.

Reggie ·

Kan enige iemand bevestig of die nommer 33214 wat ge smsm moet word werk.
Dit werk nie vir my nie!!

Wilna ·

Het dit ook nou probeer. Se hulle het nie n aansoek vir my ID ontvang nie. Ek het einde Okt gegaan. En dan lyk dit my jy betaal vir die sms ook nog. Was by Boksburg.

Minkie ·

Ek het gister ook gesms toe se hulle daar is nie n application vir my ID nie toe bel ek self in want ek wag vir my PDP toe se hulle hy is goedgekeer ek moet in n week weer bel. So beste is bel maar die local toets grond of waar aansoek gedoen is

Ballon ·

Het in Julie aansoek gedoen…..wag nog steeds. Was al 5 keer terug lisensie kantore toe om navraag te doen. Hulle sê net ‘Sorry there was a strike’. Hoekom.moet ek vir n tydelike lisensie betaal. Julle moet eerder vor almal wat aansoek gedoen het gratis van n tydelike lisensie voorsien

Heila ·

Ek het ook Julie aansoek gedoen en elke keer ook daardie antwoord gekry, my tydelike lisensie verval oor 6 dae en nou weer een gaan uitneem ???

Piet Pompies ·

Volgens 33214 het ek nie aansoek gedoen om hernuwing….. wag al van Aug 2018 af

Marie-Louise ·

Met my SMS is ek ingelig my lisensie is nog nie gereed nie..toe was dit reeds 11 weke. Een vd Publiek by d Centurion kantoor het gesê ek moet daar wag n my kwitansie..wat 3 maande geldig is n wat ek Samet my bestuurslisensie gedra het..inhandig aan d Klerk by d deur. Ek’t dit gedoen n my lisensie was gereed n het ek dit gekry. ek o

marco polo ·

Liewe land, is daar dan NIKS in SA wat behoorlik funksioneer nie!

Pierre ·

Fire die hele blerrie spul wat nie wil werk nie en gee dit aan bevoegde mense, dis al wat SA nodig het, bevoegdheid, wet & orde en kwaliteit werk…. Dis Al !

Rudi ·

Ek wonder net. As ek aansoek vir ‘n nuwe kaart doen n dag voor die kaart verval, het ek mos ‘n bewys dat ek hom hernu het. Dis net die kaart wat verval en nie jou lesensie nie.

Akkoord ·

Ek verstaan dit ook so. Ek wens motorversekeringsagentskappe se mense asook prokureurs kan iets hieroor sê en ons behoorlik inlig. Ek reken
1) verkeersdpt moet gevolge dra vir hul onbeholpenheid – jy moenie hulle sterk in hul kwaad deur ook nog tydelike lisensiegelde aan die stakers te geel nie. ‘n Mens beloon mos nie die skuldiges nie!?
2) as ek ‘n boete kry omdat ek nie die actual lisensie by my het nie, moet die lisensie-dpt self opdok en die boete betaal.
3) Wat van versekeringseise wanneer jy in ‘n motorongeluk kom en jou lisensie al vir meer as drie maande nog in die lisensiekantoor op ‘n strike-hoop gegooi lê?
Ek het my bestuurstoets al sowat 30 jaar gelede geslaag en lisensie wettig verkry. Verkeersdpt moet dit mos op rekord hê en ‘n afskrif vir my versekering kan gee as voldoende bewys dat ek wel wettig bestuur.

Joernaliste, vind ASB uit en voed ons op asb, sodat almal weet wat reg is en wat jou regte is. Kan ek bv lisensie dpt dagvaar as my versekering weier om my uit te betaal omdat my lisensie ná 3 mnde nog steeds by die Departement “in die printers lê”?

Kobus ·

Die department is bewus van die probleem. Hoekom gee hulle nie dan vir almal wat bewys het dat hulle wel hulle lisensies betyds hernu het ‘n tipe van amnestie vir die geldigheid van hulle bestaande kaarte nie? Maar dan moet iemand in die departement seker sy verstand gebruik en dink… Ek wag al vier maande vir my lisensie, die antwoord wat ek kry as ek my ID nommer na die sms nommer stuur is “Order received and awaiting production”. Hoekom moet ek nou weer ‘n dag verlof insit, vir ure in ‘n tou gaan staan en ‘n tydelike lisensie uitneem? Ek het mos reeds gedoen wat wetlik van my verwag word, dis die Departement van Vervoer wat nie sy wetlike mandaat nakom nie.

Sarel ·

Haai Kobus maar jy is darem onregverdig.
Jy verwag van deesdae se staatsampies om te dink . . . . .

Elna ·

Ek en my seun wag nou al vir 12 weke vir ons nuwe kaarte. Pateties. Niks werk meer in ons land nie!

Tydelike kaart se antie ·

Janee maw omdat die staat nie sy werk doen nie (soos gewoonlik) moet mens nou ekstra geld uithaal om nog n tydelike lisensie uit te neem. NEE ek sal nie. Betaal julle hom dis julle mense wat nie hul werk doen nie. Ek het op 26 Jun gaan aansoek doen by Bronkhorspruit. Twee keer gaan navraag doen en niks uitgereik nie. Al my tyd en prteol gemors. Toe kla ek by mnr Robert Maswanganye die regional head en Solly Msimimanga die burgermeester per email. Hulle antwoord nie eens mens se emails nie. Beste v als is mnr Maswanganye se persoonlike assistent Dorcas Shongwe het nie die geringste idee vd probleem nie, as die probleem by die nasionale dpt le hkm se hulle nie so nie? Hulle is almal erg inkompetent. So ry ek nou maar sonder n lisensie kaart rond – die staat moet maar vir my gratis n tydelike een gee – dis hulle gemors nie myne nie mnr Mnisi

Tydelike kaart se antie ·

O ja en sms ek my ID na die no dan wys dit (na 5 maande) dat hulle geen aansoek v my ontvang het nie. Ha ha ha ha. Lekker in onse Afrika

Kandas ·

Myne het in Augustus verval. Het in Julie gegaan vir hernuwing.
Drie keer terug kantore toe en , Helaas is dit uiteindelik Donderdag aan my uitgereik.
Ek het geweier om tydelik uit te neem. Het met bewys in my voertuig rondgery vir ingeval.
Sterkte vir die wat nog wag.

Moeg gesukkel ·

Ek het ook alreeds 28 Augustus gaan aansoek doen vir hernuwing en wag nogsteeds. Daar is net niks meer oor in SA wat werk nie.

Ballon ·

Niks werk meer nie. Net een groot gemors! Niemand vertrou niemand, niemand is nêrens meer veilig. Alles maar alles is nou besig om met n stink spoed in dye te stort!

Lee ·

Ek sms maar niks gebeur nie. Hoekom moet mens so sukkel met alles in SA?

EC ·

Lyk my dinge gaan ook beroerd by Dept v Binnenlandse Sake. Wag nou al amper n jaar vir paspoorte. Nadat ek begin navraag doen het na 6 maande was die verskoning “In processing at citizenship” en nou is die aansoeke weg, hulle kry dit nie. Hulle beveel aan ek moet maar al die onkostes weer aangaan en oor aansoek doen……

zoom zoom ·

Is dit nie onse SAKP prez Dr Blade wat nou in beheer staan van die departement van vervoer. Hy spog Dan altyd oor hoe goed die land saam met die anc en sakp bestuur word. Wat sê onse ou Mac die spin Dokter van die probleem waarin hy ook ‘n vinger in die paai gehad het.

Dirk ·

Hulle het nie steenkool vir krag nie. Printers werk nie met parafien nie. Moet nie nou staan en dom wees nie.

Charlene ·

Ek kry geen terugvoer op die sms nommer nie. Was al 3 keer by kantore maar nog niks. Ek sien geen rede om tydelike lisensie uit te neem nie. Ek het bewys dat ek heraansoek gedoen het 2 maande voor my kaart verval. Let wel. Die simpel kaart. Nie my lisensie nie.

Andreas ·

Het my PDP begin Julie hernu vir eide Julie. Eers laat in Okt gekry. Raai wat, die nuwe een verval Julie oor 2 jr. Is maw net vir 21 maande geldig ipv 24 maande. Skelm wetters.

Mandy Kayser ·

Ek het afspraak gehad vir 14:45 vandag. Toe ek 14:15 daar aankom toe is alles toe vir die naweek. Glo besig met ń meeting. ??????

Cathy ·

Waarom moet ons lisensies hernu? Dit was in ons ID boekies ingeplak en niemand het hernu nie. Vir my klink dit na geldmaak soos met nommerplate op voertuie. Dis werkskep en geldmaak en mense baie kwaad maak

Frikkie ·

Wag vanaf September al en nog niks gekry.. Sal beslis nie ‘n tydelike lisensie gaan uithaal nie. Wie betaal my brandstof en tyd. My bewys ry ek saam met my.. Hulle kan in ‘n dam gaan spring vir al wat ek omgee..

Francois ·

Ja julle wil mos met lisensies ry. Ek ry lekker motorfiets sonder n lisensie.

Von ·

Dit is inelkgeval n geldmaak foefie ….nou is dit ook nog n flop….??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.