90-jarige vrou en dogter dood aangetref

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Limpopo het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur ná ʼn 90-jarige vrou en haar 54-jarige dogter gewelddadig in hul huis vermoor is.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die bure is versoek om ondersoek in te stel toe die vrou se ander dogter die twee nie telefonies in die hande kon kry nie. “Hulle liggame is Sondagoggend omstreeks 07:45 in hul huis in Lunungwi naby Thohoyandou gevind.”

Die polisie en nooddienste is na die toneel ontbied. “Die twee vroue het elk in ʼn plas bloed gelê. Hulle het verskeie wonde gehad,” het Mojapelo bygevoeg.

Muvhulawa Mudzunga (90) en Caroline Edzisani Muvhalawa (54) het alleen in die huis gebly.

“ʼn Voorlopige ondersoek dui daarop dat die vroue Saterdag reeds vermoor is.”

Die motiewe vir die moorde is nog nie bekend nie. Die polisie se ondersoek duur voort.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
Magda

Ai tog – dit is verskriklik. Baie sterkte aan die familie. maar ek vra tog wanneer gaan al die moorde stop – RAMAPHOSA, eers wanneer so iets aan jou deur klop, dan is dit te laat. Gedink jy sal n beter presie wees as ou korupte breinlose zumpie, maar nee wat!!!!!

Pieter

Waar is Black Lives Matter nou? Siende dat black matter nie omgee vir ander se lives.

Adam Adriaan

Hier sê BLM niks nie. Omdat BLM meer rasisties is as normale rasisme, dit is taktiek deur die sosioalistiese kommuniste. Ek glo hier was swart op swart moorde. BLM is dood stil hieroor, want hulle kan geen myle in voordeel daaruit trek nie.

Duwweltjie

Noudat mense hulself begin verdedig, takel hulle vrouens en ou weerlose mense.