900 aanklagte teen ‘seksslaaf’-stiefpa

Die stiefpa tydens ‘n vorige hofverskyning (Foto: Reaction Unit South Africa (Rusa))

WAARSKUWING: Die inhoud van die berig kan sensitiewe lesers en kinders ontstel.

Die Verulam-familiehof in KwaZulu-Natal het Dinsdag gehoor dat ʼn 43-jarige man wat sy stiefdogter glo as ʼn seksslaaf aangehou het, tereg staan op 900 aanklagte van verkragting. Die beweerde verkragtings het begin toe die kind maar vyf jaar oud was.

Die man, wie se naam weerhou word om die 10-jarige kind se identiteit te beskerm, word ook daarvan beskuldig dat hy haar seksueel voorberei, aan pornografie blootgestel het en seksueel mishandel het. Hy het Dinsdag in die hof verskyn vir sy aansoek om borgtog.

Die man het glo ses maande gelede met die kind van Johannesburg na Verulam, ongeveer 30 km buite Durban, verhuis. Die meisie se biologiese ma en pa is albei oorlede.

Die hof het gehoor die saak is onder die polisie se aandag gebring toe die meisie aangerand en uit die kamer geskop is wat sy met haar stiefpa gedeel het. Sy het een van die bure genader en hulle van die mishandeling ingelig.

Die verdagte het na bewering ook seksspeelgoed op die kind gebruik, aldus ondersoekbeampte Nevarge Lutchminarain. Landdros Irfaan Khalil het gehoor die verdagte is ʼn vlugrisiko en sy borgtog moet gevolglik afgekeur word, aangesien hy geen vaste adres of identiteitsdokumente het nie.

Lutchminarain het bygevoeg die man se veiligheid sal ook verseker word indien hy in aanhouding bly, omdat lede van die gemeenskap hom reeds met geweld gedreig het. “Hulle het hom aangerand. Hy het ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak, so ons staan ook die aansoek om borgtog teen vir sy veiligheid.”

Dit het ook aan die lig gekom dat die man vantevore skuldig bevind is op aanklag van aanranding en opsetlike saakbeskadiging.

Een van sy voormalige meisies het ook ʼn beskermingsbevel teen hom bekom. Lutchminarain het die vrou se aansoek ook aan die hof voorgehou: “Hy weet hoe om my dood te maak en dit soos selfmoord te laat lyk. As ek dink aan die mishandeling, vrees ek vir my eie en my ma se lewe.”

Die man het sy stiefdogter gedreig indien sy ooit vir iemand sou sê wat hy met haar doen. Hy het ook haar familie gedreig, het Lutchminarain gesê. Hy het gesê die kind se familie het die beskuldigde genader sodat hulle vir haar kon sorg. “Hy het geweier en ook geweier dat hulle enige kontak met haar kon hê. Die familie het die kind by die skool ontmoet en vir haar sjokolade gegee. By die huis wou die beskuldigde weet waar sy die sjokolade gekry het. Sy het gesê ʼn tannie het dit vir haar gegee. Hy het die familie met ʼn selfoon gekontak en hulle gedreig en gesê hulle mag nooit weer betrokke wees in die kind se lewe nie, anders sal hy hulle doodmaak.”

Mondli Mthethwa, vir die stiefpa, het gesê sy kliënt is vantevore twee keer skuldig bevind op aanklag van aanranding. Hy het boetes betaal in dié twee sake. In die man se verklaring, wat aan die hof voorgehou is, het hy aangevoer die saak teen hom is “gefabriseer”. “Daar is geen DNS-bewyse nie, en die staat het ook geen onderhoud gevoer om te bepaal of [die stiefdogter] ʼn geloofwaardige getuie is wat kan getuig nie.”

Volgens Lutchminarain is die meisie wel medies ondersoek en die uitslag het bevestig dat sy omgang gehad het.

Die aansoek om borgtog hervat Donderdag. Die meisie is tans in ʼn plek van veiligheid.

Maroela Media het vroeër berig die man het, nadat hy deur lede van die gemeenskap aangerand is, uit ʼn KwaZulu-Natalse hospitaal ontsnap het waar hy onder polisiebewaking aangehou is. ‘n Foto van hom is wyd op sosiale media versprei in ʼn poging om hom weer op te spoor. Hy is later in Phoenix vasgetrek deur beamptes van Reaction Unit South Africa (Rusa) nadat personeel van ʼn plaaslike onderneming die man na aanleiding van die Facebook-plasing herken en Rusa onmiddellik in kennis gestel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Liberaal ·

Natuurlik, dit is mos die man se liberaal demokratiese reg om vryheiud te geniet. Liberale waardes het gesorg dat die man steeds op vrye voet was selfs na 2 aanrandings. Liberalisme is voluit uit om misdadigers te beskerm.

Sasha ·

Geen persoon het die reg om enige kind leed aan te doen nie. Kinders vertrou dat ons hul sal beskerm en ons woord hou. Daai mense net siek

gatvol ·

hoekom haar nie glo nie, did oor ons die kinder nie glo nie dat ons kinders is soos hulle is, hoekom lieg oor dir…kom nou hoop jy kan slap mnr wat jou klient wil onskuldig laat lyk…hoop nie jy het dogters nie….

Teveelvrae ·

Hoe op aarde kan hy net weier dat haar familie na haar omsien? Is hy ooit as die wettige voog aangewys?? Nee die hemel weet daar is net te veel mense wat glad nie naby kinders of gestremdes toegelaat moet word nie. Die kind is minderjarig, daar is veronderstel om wetgewing te wees wat so ‘n kind beskerm. Vyf jaar is darem maar vrek lank – kon niemand al iets agterkom nie??

kas ·

Nege honderd keer in 5 jaar verkrag.Dit was 180 keer per jaar en 15 keer per maand As dit die geval was sal hy nooit weer die sonlig buite sien nie.Dit is absoluut skokkend en hy moet sy dag kry.

kas ·

Hoe oud was sy toe haar ouers oorlede is.Hoekom het sy by haar stiefpa gebly.Niemand het ooit iets opgemerk nie.Nie die bure of familie nie.Dit laat my dink hulle almal het maar ander pad gekyk.

Jo ·

Ja ek dink ook haar familie was bietjie stadig om tot haar redding te kom, inteendeel, dit was die bure wat haar gered het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.