91 beeste op Mpumalanga-plaas vergiftig

Foto: Verskaf

Foto: Verskaf

ʼn Boer van Mpumalanga het byna R1 miljoen skade gely nadat 91 van sy beeste vroeër vandeesweek op sy plaas buite Bethal vergiftig is.

Hein Barnard het aan Maroela Media gesê daar is Sondagaand gif in die beeste se voerbakke gegooi, wat daartoe gelei het dat 91 bulle, koeie en kalfies oor die volgende twee dae dood is.

“Ek bly nie self op die plaas waar die beeste aangehou word nie, maar die voorman daar het my Maandagoggend gebel en gesê daar lê ʼn klompie beeste dood in die kamp,” het Barnard vertel. “ʼn Paar van die ander beeste wat nog gelewe het, was siek. Ons het die veearts ontbied om te kom kyk en hulle het toetse gedoen. Dit het toe later aan die lig gekom dat daar gif in die voerbakke gegooi is,” het hy gesê.

Volgens Barnard is daar sinksulfiet in die voerbakke gegooi wat gewoonlik gebruik word om peste te beheer. “Dit is beslis ʼn geval van opsetlike saakbeskadiging. Dit is uit kwaadwilligheid gedoen, geen ander rede nie,” het Barnard gesê. Die skade beloop tussen R900 000 en R1 miljoen.

“Die kalfies wie se ma’s dood is, moes ek vir die bure gee, want hulle sal met die hand grootgemaak moet word en dit is nou saaityd; ek het nie tyd om na die kalfies om te sien nie. Dit is eintlik ekstra hartseer wanneer daar in ag geneem word watse gestoei dit was om hierdie beeste deur die winter te kry. Hulle was deel van ʼn groot trop van ongeveer 450 beeste en met die droogte moes hulle honderde bale elke week gevoer word. Ons het reusekoste aangegaan om hulle deur die droogte te kry, net sodat hulle vergiftig kan word.”

Hy het gesê hoewel hy nie wil bespiegel wie moontlik vir die vergiftiging verantwoordelik kan wees nie, word sy plase al ʼn geruime tyd deur boosdoeners geteiken. “Ek sukkel verskriklik met skaapdiefstal. Hulle rig baie skade op my plase aan en ek gee elke keer ʼn saak by die polisie aan, maar niks gebeur daarna nie. Ek weet nie of die polisie nie die mannekrag het om die sake te ondersoek of wat nie, maar dit kan nie so aangaan nie.”

Maroela Media het die polisie om kommentaar genader en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

tom ·

Jy moet weet as hulle dit aan diere doen wat gaan hulle aan jou as mens doen

Ekwilibrium ·

Dit weet ons al lankal. En as ‘hulle’ dan al die grond kry is dit net ‘n paar jaar voor alles ‘n waardelose woestyn is.

marlene ·

Dis so skokkend. Soveel wreedheid. :( :(
So bitter jammer vir jul verlies.

Chris jansen van rensburg ·

As die land se beleid teenoor kriminele nie drasties gaan verander nie sien ek n baie groot bedreiging vir alle sake-ondernemings veral vir die landbou spesifiek vir veeboerdery. Ek het ook deurgeloop waar 88 beeste gesteel is !

stev ·

Die Hemelse Vader moet sy hand van beskerming hou oor die een wat dit aan my diere doen.
Want kyk, as hulle nou vir konflik vra sal daar vir hulle konflik gegee word in oorvloed.

Sterkte aan die boer wat die deel van kudde verloor het.

Denise ·

Wel ek hoef defnitief nie in my kristabal te kyk wie so gevoeloos en wreed is nie die drek sal aanhou met hulle gemors kan net nie sien iemand boer vooruit nie en moet altyd steel wat nie aan hulle behoort nie , dit is erg skade vir die boer en n groot verlies die voorman sal meer paraat moet wees !!!! O ja die boer het nie die grond gekry nie ook nie die beeste ,skape en al sy plaasimplemente nie HY het gewerk daarvoor en Betaal daarvoor en so werk hy elke Dag vir wat Hy het!!!!

Annelize ·

Dit is baie hartseer dat hierdie diere so moes dood gaan. Die skade vir hierdie Boer is baie groot. Ek is baie jammer oor jou diere verlies Hein. Ons kan nooit ophou bid vir die veiligheid van ons Boere nie. Sterkte.

Jakes ·

So wreed en tragies, gaan ongelukkig ons voorland wees. Sukkel net met die getal en waarde, bul of koei selfs kalf, 11k per dier gemiddeld?

Thea Gerber ·

Ek sukkel nie. Bulle kos gemiddeld 10 speenskalwers se geld. As jy 2 ordentlike bulle het is die skade alreeds oor die R100 000. Boere koop goeie bulle vir veeverbetering. Die dae van los sommer een van jou eie kalwers as n bul is lankal verby. Terloops 2 bulle is net-net genoeg vir 80 koeie. Dis nou as jy nie n dekseisoen het nie. Aanteelvee is skaars en bitterlik duur.

Thea Gerber ·

Ek sukkel nie. Bulle kos gemiddeld 10 speenskalwers se geld. As jy 2 ordentlike bulle het is die skade alreeds ver oor die R100 000. Boere koop goeie bulle vir veeverbetering. Die dae van los sommer een van jou eie kalwers as n bul is lankal verby. Terloops 2 bulle is net-net genoeg vir 80 koeie. Dis nou as jy nie n dekseisoen het nie. Aanteelvee is skaars en bitterlik duur. Speenkalwers het gister op Heilbron R25.80 per kilo gegaan.

Jean ·

Dis skokkend, jammer oor die boer se verlies en die diere se lyding, wat is die sin aan die vernietiging van ‘n hele groep beeste, dis nie eers asof iemand die vleis kon eet nie, dit is ‘n absolute vermorsting en wreedheid teenoor ‘n dier wat net water gedrink het. Die regering knip nie eers ‘n oog nie, die Minister van Landbou weet nie eers hiervan nie, gee ook nie om nie. Dis sleg as mense in SA nie meer vir mekaar se lief en leed omgee nie.

TM ·

“hulle” besef duidelik nie dat die kos in die winkels van boere af kom en dat hierdie tipe dade hulleself benadeel oor die lang termyn nie. Nou gaan daar net minder vleis wees of die pryse gaan drasties styg. Mooi man, nie so lekker gedink nie…..soos altyd. Sterkte aan die boer. Ek hoop die polisie skrik betyds wakker.

susam@ ·

Mnr. Ek bid hulle word gevang en die swaarste straf moontlik gegee. Ons vleis pryse is op weens droogte, ons bid vir reen vir al ons boere. Hierdie daad van wie ook al is onaanvaarbaar!!!!

Nita ·

Hierdie is uit en uit terrorisme so ook die duisende aanvalle op plase oor die laaste 20 jaar. Die einddoel is; Kry die witte van die grond af sonder dat die regering die bevel gee vir grondbesetting. Dan kry die regering nie sanksies teen hom nie. Nog 10 jaar en n witte sal nie eers n plaas present wil he nie.

JC ·

Nita, Sekerlik kan jy met iets meer konstruktiefs vorendag kom.
Indien daar nou nog nie besef is deur almal dat hulle nie ons BOERE van ONS GROND af sal kry nie weet ek nie wat sal die boodskap duidelik deurgee nie.
Hulle weet hulle kan niks daaromtrent doen nie; en daarom hierdie onmenslike daad.
ONS BLY NET WAAR ONS IS. Hulle kan maar aanhou probeer ook, al is dit nog vir 20, 100 jaar.
Boer is in ons bloed en aard, ons is geanker in die grond en water is ons lewensbron. SO dus sal ons AANHOU boer deur DIK EN DUN en enigemand wat ons vooruitgang hinder aanvat!!
Ons Boere sal net eenvoudig ‘n kopskuif maak en ons manier van dinge heeltemal moet verander m.b.t. sekuriteit. ‘N BOER MAAK ‘N PLAN-SO EENVOUDIG SOOS DIT!!

anton ·

Nita, ek stem 100% saam wat jy sê. Hulle is stadig maar seker om die boere en ons witmense uit te moor en van hulle grond te beroof. JC jammer om te sê maar watse plan het die boere oor die laaste 20 jaar gedoen om dit te stop? Ek wil nie negatief wees nie maar sien nie n uitkoms vir ons wit mense nie behalwe dat God hom oor ons sal ontverm en ons beskerm.
Dalk n burger oorlog???

BAREND ·

oog vir n oog skiet alle rondloop vee in plakkers kampe en trus gebiede voor die voet dood

Inge ·

Ek stem saam Barend! Dit mag dalk wreed wees teenoor die diere, maar hulle moet die boodskap op een of ander manier kry, dat ons nie meer hierdie nonsies gaan vat nie!

Nita ·

JC, ek bewonder jou moed en optimisme. Sonder mense soos jy sou ons volk nie berge en riviere oorgesteek het om die binneland te tem nie. Ek hoop en bid dat julle planne kan bedink om die wrede, gewetenlose terroriste hok te slaan.

twakkies ·

Dit wat ek wil se kan nie hier geplaas word nie. Maar wragtig wat te erg is, is te erg. Tyd dat pms bybel in die wakus herg en dinge terig neem op hulle manier van Handel.

Leon Meiring ·

Dit sleg om sulke goed te lees, maar ongelukkig is dit n realiteit dat ons Suid Afrika van n moderne land na n siek land verval het, waar geen respek vir ander se eiendom of lewe meer n faktor is nie en dit as gevolg van n regering wat nie weet wat dissipline beteken nie

Ansa ·

Mooi so JC so praat n boer aanhouer wen ek is trots op jou. Dit is om van die huil oor die groot skade dink net hoeveel ure is in daardie arme diere gesit om hul te voer in die droogte nou moet klawers ook nog gevoer word. Maar wie dit ookal gedoen het moet onthou God sien alles raak. Sterkte aan die boer en sy gesin ons bid vir julle

Hendrik ·

dis net geloof wat hierdie slagoffer moed gee om aan te gaan. Ek sal dit nie kan hanteer nie. DIT maak my n rasis teenoor “almal” wat dit gedoen het. ek weet ek kan nie almal oor dieselde kam skeer nie, maar dit maak my bitter as bitter.

Bosveld ·

Nou kom ons sit daad by die woord en help die boer. Ek sal ‘n donasie maak maar kan nie die hele aksie administreer nie. Dalk kan maroela media help?

anton ·

Nicolene. lig ons asb. in as jy iets weet wat ons ander nie weet nie.

W Smith, Pretoria ·

Hierdie is uit-en-uit ‘n persoonlike vendetta teen die boer. Die diere moordenaars soek plaas en probeer so om die boer van die plaas afkry. Vind net uit wie soek die grond.

Carlo ·

Hierdie maak my sommer woedend. Dit is nie mense wat dit gedoen het nie maar ondierre. Die land is al oppad na burgeroorlog.

Johannes Meintjes ·

Dit gaan na waarneming toenemend slegter wat die etiek, moraliteit en rentmeesterskap in SA betref. Misdaad neem in allerlei vorme toe. Ek moet weer die vraag vra; wat doen kerk en regering tans, en wat het kerk en regering die afgelope jare gedoen om geregtigheid onder die bevolkings te vestig? Wat Burgerlike Beveiliging en baie beter misdaadvoorkoming en misdaadbeheer betref, bly ons organisatories en tegnologies gestrem, met swak misdaadbekampingsresultate. Misdaad teen boere kan en mag nie ge-ignoreer of “polities korrek” weggepraat word nie. In hierdie geval is behoorlike toesig en patrollies op die plaas moontlik van waarde. Jammer oor die onaanvaarbare verlies t.o.v. die beeste.

Helene ·

Jammer oor jou verskriklike verlies! Die arme arme diere wat so ‘n wrede dood moes sterf. Ek is al by gatvol verby oor al die wetteloosheid.

Phillip Liebenberg ·

Ek is verskriklik jammer vir jou part. Ek wil nie eers dink aan die lyding wat die arme beeste moes deurgaan nie. Dit is skrikwekend wat in ons land aangaan. Baie jammer oor jou groot verlies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.