91-jarige verkragter swaar gevonnis

Argieffoto

ʼn 91-jarige verkragter van Mpumalanga is swaar gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 12 aanklagte van verkragting wat kinders behels.

Brig. Leonard Hlathi, provinsiale polisiewoordvoerder, het Dinsdag gesê die bejaarde verkragter, Mdungwa Johannes Malinga, is Vrydag in die Carolina-streekhof 12 lewenslange tronkstrafvonnisse opgelê vir dade wat hy tussen 2006 en 2007 in die omgewing gepleeg het.

“Tydens die verhoor het die hof gehoor hoe die beskuldigde, wat beweer hy is ʼn tradisionele geneser, kinders tussen die ouderdom van sewe en nege jaar oud uitgebuit het wat na hom toe gebring is vir behandeling,” het Hlathi gesê.

“Van die kinders het by sy huis oorgeslaap sodat hy ‘rituele’ kon doen om hulle te ‘genees’, waartydens hy die geleentheid sou misbruik om die kinders te verkrag. Drie van sy slagoffers is ook ernstig deur hom aangerand.”

Malinga se doen en late het aan die lig gekom toe van die kinders se ouers vreemde gedrag by hulle opgemerk het. Die kinders is vir mediese ondersoeke geneem, waarna verkragting bevestig is. Altesaam 12 kinders het sake teen Malinga aanhangig gemaak.

Malinga is tot ʼn bykomende drie jaar tronkstraf gevonnis op elk van drie aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Lt.genl. Mondli Zuma, provinsiale polisiekommissaris, het die swaar vonnis verwelkom en die betrokke rolspelers geloof wat ʼn rol in die skuldigbevinding gespeel het wat tot die vonnis gelei het.

“Ons glo dat die vonnis as ʼn afskrikmiddel vir ander misdadigers sal dien,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

T ·

Dis baie hartseer. Ek is dalk baie onkundig, maar het nie gedink ‘n oom van 80 is nog tot sulke goed in staat nie?

Ek sê ·

Verkragting sluit nie net penetrasie met manlike geslagsdeel in nie

Johanna Botha ·

Siesssaaaa dis n groot skande ! Die mense in SA is BAIE SIEK !

Anoniem ·

Pragtig. As hierdie ou man kan tronk toe gaan vir sy siek dade, beteken dit Zuma is nog laaaank nie te oud om ook tronk toe te gaan vir al sy skelmstreke nie.

Andrea ·

In Suid-Afrika molesteer van tandartse tot toordokters kinders. Waarlik n land waar kinders kosbaar is.

IK ·

Ek wens hom toe nog ‘n laaaaaannnnngggggg lewe in die tronk!

Hanna Hoekom ·

Hierdie tradisionele genesers en toordokters is n euwel! Absoluut onnodig en nogals duur ook… Wens mense kan hul primatiewe denke laat vaar!

Amelia ·

Hoe kan n saak so lank vat om tot n beslissing te kom???????? Uiters swak!
Heng ek glo nie eens meer ek sal kan asemhaal op dai ouderdom nie, wat nog van enige tipe seksdade?

Woedend ·

Mens kry regtig siek siek ou mans. Dat hulle op so ou ouderdom nog kans sien vir sulke goed. Siessssss!!!!!!

ctd ·

Die ou man is siek verby maar die ouers moet ook gestraf word . Hoe los jy jou kind oornag by n vreemdeling (toordokter ) en verwag dit gaan goed gaan met jou kind . Baie dom ouers .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.