91 vas ná plundertog in Jhb

Foto: AP/Yeshiel Panchia

Die polisie het Maandag gesê 91 persone is die afgelope twee dae in en om Johannesburg in hegtenis geneem in verband met openbare geweld en ʼn plundertog in uitlanders se winkels.

“Die polisie veroordeel alle geweld wat geteiken word op die ondernemings van uitlanders in Ekurhuleni, Tshwane en Johannesburg se middestad,” het Lungelo Dlamini, provinsiale woordvoerder, gesê.

Die geweld het verlede week in Pretoria begin ná ʼn taxibestuurder glo deur ʼn vermeende dwelmhandelaar geskiet is. Verskeie winkels is geplunder en aan die brand gesteek. Die geweld en plundery het gou na Johannesburg uitgebrei waar uitlanders se winkels geplunder is.

Dlamini het gesê die onverantwoordelike “gebruik en misbruik van sosiale media” het ook ʼn rol gespeel om die geweld aan te hits.

Lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris, het aan alle bevelvoerders opdrag gegee om sterk op te tree teen die oortreders.

Van die 91 persone wat in hegtenis geneem is, is 20 persone in Rosettenville aangekeer, 35 in Malvern, 10 in Tembisa, 26 in Jeppe en nege in Germiston. Hulle staan tereg op aanklag van onder andere openbare geweld, opsetlike saakbeskadiging en diefstal.

“Die polisie ondersoek ook ʼn saak van moord ná ʼn lid van die publiek doodgeskiet is. Hy is vermoedelik geskiet deur ʼn groep mense wat in Hillbrow bymekaargekom het. Die polisie is steeds besig met sy ondersoek om die motief vir die skietery te bepaal. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord nie,” het Dlamini bygevoeg.

Dlamini het gesê nog inhegtenisnemings word in Tembisa verwag.

Die Zambiese regering het verlede week ʼn reisigerswaarskuwing uitgereik aan sy vragmotorbestuurders om Maandag hoofpaaie in Suid-Afrika te vermy te midde van dreigemente van geweld teen uitlanders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Ray ·

Viva Rama Viva Mugab Viva. Groot internasionale maatskappye gaan met SA doen wat hulle met Zim gedoen het. Wens net die aan bewind wil hulle oë oopmaak en erken wat aan die gang is. Maar Populere Politiek is belangriker

Nic du Plessis ·

More loop hulle weer vry rond, ons regstelsel beskerm hulle

LHS ·

Punt is dit is die regering se skuld dat die land oorstroom is deur buitelanders en die plaaslike bevolking begin al hoe meer bedreig raak.

KrokodilBotha ·

Klomp videos was ek gesien het vandag in Johannesburg moes dit nou al 9000 plus gewees het. Dink daars n fout met hulle berekening

piper ·

dis oorlog. geen hoop vir die land nie. ek wens ek kan waai maar is te oud en te min geld. mog ek die lotto wen. dan is ek weg.

Boer ·

Ja is moeilik om jou land te verlaat en wat hier gebeur gaan in die toekoms ook daar gebeur.

Skepties ·

Dit het begin by Mbeki wat die land se hekke oopgegooi het vir die ” goeie Afrika vriende wat so ywerig gehelp het om SA te bevry.” Nou word die wrange vrugte gepluk van sy en Zuma se fatale toegewings. Terloops, waarom hardloop al wat leef en beef na 1994 uit Afrika na SA.?

Hanskakie ·

Ek woon al meer as 2 dekades in n rustige veilige land. Was regtig nie moeilik om te gaan nadat ons die besluit gemaak het nie. Ek sê daagliks dankie.

John ·

Deur die eeue is mense met ‘n ysterhand beheer… met goeie rede. SA lewer die bewys. Grensbeheer is met goeie rede ingestel. SA bewys dit ook. Geen mens mag net doen wat hy wil nie. SA wil skynbaar hè die Hemelwette moet hul verloop neem. Dit sal.

waarheid ·

Hulle volg die leiers se voorbeeld wat die land so plunder.

Johan ·

Moenie bekommerd wees nie, die dinge moet gebeur, dis die laaste dae voor Jesus se wederkoms. Moenie ontsteld wees nie, wees gereed.

Heksie ·

hoekom is eff en blf so stil. wonder maar net. dis tog hulle comerades wat al die gahos veroorsaak.

Heksie ·

Hoekom is EFF en BLF so stil. Dis mos hulle commerades wat die chaos so veroorsaak.
Johannesburg brand Pretoria brand Durban is geweld Kaapstad is bendes en geweld wat gaan oorbly niks. Mooie land is besig om te uit te brand. So hartseer.

Hansie Slim ·

Nee die gras is nie altyd groener aan die ander kant nie maar wat is die lewensverwagtinge vir oud en jonk hier in SA?
Hoe lank gaan dit vat voor hier maar nog net ‘n ander Zimbabwe gaan wees?
Vlug is nie ‘n opsie nie! Is bly ‘n opsie?
Ramaphosa sou korrupsie beveg… nie dat veel gebeur het so ver nie maar hy het nie veel te sê oor geweld nie. Hy is self so geleer! Sy tyd loop uit maar wat dan?

shark ·

wat n grap, waar boek hul almal in..hierdie in maar net weer n “catch, feed & release”, bring die dood straf terug en ding behoort te verander.

Tank ·

Be careful what you wish for pel. SA is n land wat openlik diskrimineer agv ras, hoe dink jy gaan die howe wees met die doodstraf??

Karl ·

Bind hul vas, sit elkeen in n ander “foreign” winkel en kyk hoe doen natuur sy werk.

JK ·

Ja nee tiepies Saffa, vang hul niemand nie dan kerm jul lot, vang hul 91, dan moan julle. Niks, NIKS sal ooit die spesie wat ons Saffa noem, tevrede stel nie.

Hannes ·

Kan die sogenaamde dwelmsmous nie juis kwalik neem nie. Ek reken daar moet duisende mense wees wat ook elke dag graag ‘n taxibestuurder sou wou uithaal.
En die klomp vernielsugtige diewe wag net vir ‘n verskoning om hul beloofde beloning te gaan haal.
Intussen sit djou-honger in die parlement en gaap.

Jaco ·

Well done.
Kom ons kyk hoeveel van hulle bly die kwer in die tronk en hoeveel laat hulle weer vry om die volgende dorp af te brand
Red Suid Afrika

jakes ·

SA is n sirkus. Die buiteland lag maar net want hierdie vieslike goed wat daagliks hier gebeur word op alle media platforms wereldwyd uitgesaai. Dan probeer CR nog beleggings soek in die buiteland. Wonder wie is die grootste nar? SA sal soos die res van Afrika tot niet gaan want die regeerders van die land het in 25 jaar bewys dat hulle weet hoe om n land te vernietig.

Gert van Wierdapark ·

Ek hoop die mini-Ster van TRONKE besef die 91 hou n groot gevaar vir die “Tralie-geboue” in. Die ouens is so goed, hulle breek enigeiets = sal selfs n atoom kan “split” sonder om dit agter te kom!?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.