92 onwettige vuurwapens gekonfiskeer

Foto verskaf deur die Valke

ʼn Taakspan het beslag gelê op 92 onwettige vuurwapens by ʼn vuurwapenwinkel in Kaapstad.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die taakspan het bestaan uit lede van die Valke se nasionale vuurwapentaakspan, misdaadintelligensie en die Flash-eenheid (eenheid vir vuurwapens, alkohol en tweedehandse goedere), het die deurbraak gemaak om toe te slaan oor onwettige vuurwapens in die Wes-Kaap.

Die span het Woensdag op die winkel toegeslaan. Die 92 vuurwapens sluit AK47’s, pistole, rewolwers, ʼn haelgeweer en aanvalsgewere in.

“Die vuurwapens sal vir forensiese toetse gestuur word om te bepaal waar dit vandaan kom en of dit tydens enige misdade gebruik is,” het Nkwalase bygevoeg. “Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie, hangende die uitslag van die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

BlinkStephaans ·

WOW… dis mooi… ek hoop regtig maar net dit vind nie weer hul pad terug strate toe nie.

Ben ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n Wettige Wapen handelaar 92 onwettige wapens het? Miskien moet die polisie meer klopjagte doen op hierdie wapen handelaars. Knap gedaan aan die SAPD maar dit is ‘n absolute skande vir die wapen bedryf. Publiseer asb die naam van die handelaar. Die mense hoort nie hier nie.

Theunis ·

Dis nie onwettige wapens nie. Dis cfr wat nie die saps 350 verwerk het nie. Dit is oorgedra van ‘n winkel wat toegemaak het en cfr in pretoria het weereens nie hulle werk gedoen nie

Marko ·

Jy moet asb die berig onthou jy gaan nog sien die handelaar gaan miljoene van die polisie ontvang vir skade vergoeding. Mens wag maande vir n 350 verandering van eienaarskap na handelaar om plaas tevind. Ek kan amper met sekerheid se dat dit die geval hier is en dat die dokumentasie reg was die polisie Register is net nie opgedateer nie !! Nou moet die handelaar in boet vir polisie nalaatigheid . Hulle gaan betaal !! Dit is my opinie !

Marko ·

Ek is seker die fout le by die polisie ! Hulle maak geduurig Foute dan blameer hulle die publiek en handelaars vir hulle foute !!
Ek glo die handelaar is onskuldig en gaan verseker die valke dagvaar !!!

Pieter ·

Ek dink jy is 100% reg. Meeste polisielede is onbevoeg om hul werk te doen.

Griet ·

Hoekom moet die polisie werk? Dis dan so lekker om net n salaris te kry. N voertuig te hê om mee inkopies te gaan doen en feitlik gratis behuising te kry. Viva!!!!

Willem Grobler ·

Ek wens die Valke kan my Walther TPH .22lr pistool vir my terug kry. Dit is deur die SAPS van Ennerdale by my afgevat nadat ek dit gebruik het om myself teen twee gewapende aanvallers te verdedig…

George in Bloem ·

‘n Vuurwapenwinkel? Rerig? Dis 10 teen 1 dokumentasie ens wat nie op datum is nie Die berig is maar redelik vaag.Allermins die vreeslike slag wat hulle kamstig probeer voorgee. Wanneer laas het hulle op ‘n klomp R4’s,R5’s,R1’s en Tokarevs en AK’s en RPG’s ens beslag gele in een van die gevaarlike woonbuurte se bende gebiede ens? Wat van al die transito rooftog wapens? Mens hoor nooit laat hulle ‘n groot skag slaan met sulke fondste nie.Ag nee wat,hierdie “fonds” is glad nie eers nuuswaardig nie.Sommer ‘n klomp nonsens.

Droë Perske ·

Jy is reg George. Dit gaan oor SAPS 350 vorms wat wel deur die handelaar by die polisie ingedien is, maar nie deur hulle vewerk is nie. Die wapens is nie onwettig nie.

Piet parys ·

Wag maar n paar dae en hoor wat die ware storie is . Myns insiens stoor hulle die wapens vir mense wat se lisensies dalk verval het . Polisie maak altyd n helse lawaai om die publiek se aandag te trek . Hoekom kry hulle nie die onwettige van die straat af nie. Mense word links en regs vermoor en dit is daai wapens wat die probleem is nie dit wat gestoor word in n wapenwinkel nie .

Han ·

Ek ook nie ….
Van hulle het n elle lange misdaad rekord…en dan wil hulle wet & orde toepas.?????

koos ·

Dis maklik om op die wapens by handelaars beslag te lê. Dis dan klaar alles daar by mekaar. Kry eerder die wapens wat in die kriminele en bendes se hande is. Skuus, dit klink na werk.

Gideon ·

Wie flous vir wie. Kyk na die wapens in die fotos. Perdevye.

Jakes ·

Hulle het net gaan “stock” optel, gaan nou seker weer “wegraak” en dan sal dit “gemonitor” of “ondersoek” word. Nee wat, jare terug al my vertroue in ons polisie verloor…

Arnót ·

Wens ek kan weet waar die SAP die goed gaan “verkoop,” ek soek daai langloop .22 pistool!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.